GEDAGTE VIR DIE DAG
MAANDAG 7 SEPTEMBER
Ek wil graag eerskomende Sondag hê dat ons saam Nagmaal gebruik by ons huise.
Ek sal die besonderhede later in die week deurstuur. As voorbereiding daarvoor
gaan elke dag ‘n Psalm as dagstukkie plaas, met die bedoeling dat ons dit lees en
deel van ons gebed vir die week maak.
In Psalm 8 besing Dawid die lof van God. Kom ons doen dit saam met hom.
Lof aan die Skepper
1 Vir die koorleier: met musiek.`n Psalm van Dawid.
2 Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,
hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
3 Kinders en suigelinge besing die magtige werk
wat U tot stand gebring het.
So word u teëstanders,
die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
4 As ek u hemel aanskou,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre waaraan U `n plek gegee het,
5 wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?
6 U het hom net `n bietjie minder as `n  hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
7 U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:
8 skape en beeste, alles;
selfs die diere in die veld,
9 die voëls in die lug,
en die visse in die see
wat die oseane deurkruis.
10 Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!
Ds Gerrie

Comments

Popular posts from this blog