Posts

Showing posts from August, 2020
  Liewe gemeente, `n Onlangse artikel het my nogal diep laat nadink or wat die afgelope 5-6 maande aan ons jeugbediening gedoen het. Hier verwys ek nie nét na Florandia nie, maar na die kerk in die breë. Volgens hierdie artikel, wat gebaseer is op navorsing van Dinkjeug ’n inisiatief van die Jeug- en Familiebediening Taakspan van Wes-Kaapland, was die inperkingstyd goed vir jeugbediening, omdat die verantwoordelikheid vir geloofsvorming op die ouers se skouers moes val. Nog `n verrassende aspek van die artikel is die fet dat die gemeentes materiaal ontwikkel het om die ouers te help om hierdie rol te vervul. In ons eie sinodale streek het die klem die afgelope tyd verskuif na huisgeloof, wat op dieselfde neerkom, naamlik dat die ouers die primêre rol van geloofsvorming moet dra. Hierde beginsel kom al van die Bybelse tye ( lees gerus Deuteronimium 6:1-19 en oordink dit) ). Die kerk of geloofsgemeenskap moet op `n sekondêre vlak `n belangrike rol speel, e...
  GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 27 AUGUSTUS “ Jy mag nie steel nie” is wat die agste gebod ons leer. Waarskynlik sal die meeste van ons onmiddellik sê: Ek steel niks van niemand nie. Ook in hierdie gebod is daar ‘n paar belangrike beginsels opgesluit. Dit gaan om baie meer as net die feit dat ek nie ander mense se goed moet vat nie. Om nie te steel nie, beteken dat ek tevrede moet wees met dit wat ek het. Gewoonlik “steel” mense omdat hulle ongelukkig is oor die feit dat hulle nie “genoeg” het nie. Ons wil meer en meer hê, en as ons dit nie kan kry of kan bekostig nie, dan “steel” ons dit. Hierdie gebod sluit dus baie nou aan by die laaste gebod wat sê dat ons nie moet begeer nie. Dit beteken ook dat ek ander mense gun wat hulle het, al is dit meer as wat ek self het. Daarmee saam impliseer dit dat ek respek het vir ander mense se besittings. Wat aan iemand anders behoort, hanteer ek met versigtigheid en oordeelkundigheid. Baie nou hieraan verwant hieraan ...
 GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 26 AUGUSTUS Die sewende gebod vermaan ons om nie egbreuk te pleeg nie. Met die eerste oogopslag sal ons almal waarskynlik sê dat dit bloot beteken ons mag nie van ons man of vrou skei nie. Dit gaan egter om baie meer as net dit. Kom ons kyk na ‘n paar belangrike POSITIEWE beginsels daarrondom: Ek moet getrou wees teenoor my lewensmaat. Dit sou van geen waarde wees om getroud te bly, maar ons is ontrou teenoor mekaar nie. Ek moet my lewensmaat respekteer vir wie hy of sy is. Ek moet ook so optree teenoor my man of vrou dat hy of sy my kan respekteer. As ek disrespekvol is, pleeg ek “egbreuk”. Ek kan ook nie verwag my lewensmaat moet my respekteer as ek hom of haar nie respekteer nie. Ons moet mekaar eerlik en opreg waardeer. Ons kan so dikwels mekaar, soos die Engelse sê, “for granted” vat. Ons raak so gewoond aan mekaar, dat ons by mekaar begin verbyleef. Om te waardeer en dankie te kan sê, doen wondere vir ‘n huwelik. Om mekaar te kan vergewe en te ka...
GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 25 AUGUSTUS (Jammer dat ek Maandag gemis het, ek het net eenvoudig uit tyd uit gehardloop) Ek wil graag voortgaan met gedagtes rondom die Wet (Eksodus 20 en Deuteronomium 5). Die sesde gebod is baie saaklik en op die man af: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Ek vermoed dat ons dikwels baie vinnig oor hierdie gebod lees, want, sê ons vir onsself: Ek het nog nooit iemand doodgemaak nie, en sal dit waarskynlik ook nooit doen nie. Heel waarskynlik is jy reg. Dit gaan egter hier oor baie meer as die harde realiteit dat jy iemand fisies doodmaak, of nie. Dit gaan daaroor dat ons respek vir die lewe moet hê, ons eie lewe sowel as die lewens van ander mense. Wat verder beteken dat ek my eie lewe moet respekteer, sowel as die lewens van ander mense. Nog duideliker gestel: ek moet niks doen waarmee ek myself of ander mense se lewens kan bedreig of in gevaar stel nie. Ek moet my medemens dus die geleentheid op ‘n sinvolle en betekenisvolle lewe gun en my verantwoordelikhei...
  Liewe gemeente, Ons het hierdie week so bietjie gedink oor die pandemie as geleendheid om as christene met nuwe oë na die wêreld te kyk. Die term "nuwe skepping " is baie hierdie week gebruik. Vandag wil ek vir oulaas stilstaan by die skeppings-motief. In Genesis 1:2 lees ons dat God alles uit donkerte en chaos geskep het. Hierdie is `n belangrike geloofsbelydenis. Israel het in moeilke tye na hierdie geloofsbelydenis teruggegryp. Die meeste navorsers is dit eens dat die Genesis 1 in die babiloniese ballingskap ontstaan het. In hierdie tyd was Israel ontwortel, weggevoer van hulle eie land en gestroop van alles wat vir hulle saak gemaak het, soos die tempel en die ark. In hierdie tye kon hulle mekaar troos met die gedagte dat God die skepper is, en dat hy wéér kan skep uit chaos. Hulle kon bemoediging vind in die woorde dat God hulle harte en situasie kan herskep en nuutmaak. Misien is dit goed dat hierdie belydenis letterlik aan die begin van die Bybe...
  Liewe gemeente, Ons dink steeds aan die pandemie as poort na `n nuwe lewe of nuwe skepping (sien Maandag se bydrae). Ek het hierdie insetsel as basis gebruik, omdat die skrywer die huidige pandemie uit `n positiewe hoek sien-iets wat maak dat ons anders na die wêreld en na mekaar kyk. Ons as gelowiges moet juis só leef dat krisisse as geleentheid sien. In die insetsel noem Arundhati Roy dat ons die nuwe toekoms sonder bagasie moet aanpak (Sy noem `n paar elemente soos haat, vooroordele, mishandeling van die natuur, ensovoorts). Hier lê `n belangrike beginsel wat ons as gelowiges naby aan die hart lê. In Henry Cloud se boek, Necessary Endings (julle sal onthou dat ek `n paar keer in eredienste hierna verwys het), verduidelik hy hoe ons moet leer snoei. Hy beskryf hoe roosbome se dooie takke, siek takke, en selfs takke wat besig om te vergaan, gesnoei moet word. Hy beklemtoon egter dat ons somtyds ook gesonde takke moet snoei. Takke wat só welig groei, dat dit ...
  Liewe gemeente, In gister se gesprek het ons nagedink oor die tema van die pandemie as `n poort (op grond van Arundhati Roy se essay. Let wel: die skakel op gister se boodskap was foutief, maar is intussen reggemaak). As sy oor die nuwe wêreld praat, noem sy dat ons dit soder oortollige bagasie moet aanpak. Ek wil vandag uit `n christelike hoek nog iets byvoeg. Ons moet eers ons gebrokenheid besef voordat ons `n nuwe pad kan stap. In John Ortberg se laaste preek noem hy dat sy verhaal nou gebroke is( "a broken story"). Henri Nouwen het genoem dat gebrokenheid `n seën is. Hy skryf " the spiritual life isn’t ‘useful’ or ‘successful.’ But it is meant to be fruitful. And fruitfulness comes out of brokenness.” Die verhaal van Jona verduidelik die bostaande op `n mooi manier. Jona is definitief ryk (net die rykes kan `n kaartjie op `n skip beskostig het). Die term “af” word heeltyd gebruik: Jona gaan af na Joppe, hy gaan af na Tarsus, hy gaan af in die ...
Liewe gemeente, Ek kyk onlangs na `n video-insetsel van die Indiese skrywer, Arundhati Roy (sien skakel heel onder). Sy lees voor uit `n boek van essays wat eersdaags verskyn, getiteld Azadi: Freedom. Fascism. Fiction. Die spesifieke essay is getiteld "The pandemic is a Portal". In hierdie treffende essay beskryf sy hoe ons almal redes soek vir die huidige pandemie (chinese komplot? God se straf? die natuur se wraak?, ensovoorts). Verder probeer ons om terug te keer na normaal, en sodoende die toekoms weer te bind aan die tyd vóór die pandemie, asof dit nooit plaasgevind het nie. Dit kán egter nie, of soos sy dit stel: " a rupture exists". Volgens Roy het pandemies nog altyd mense gedwing om nuut te dink. Sy sien die pandemie as `n poort ("portal") na `n nuwe begin: "We can choose to walk through it, dragging the carcasses of our prejudice and hatred, our avarice, our data banks and dead ideas, our dead rivers and smo...
GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 13 AUGUSTUS Die laaste gebod handel oor die feit dat ons nie mag begeer nie. ‘n Hele lys voorbeelde word gegee wat dateer uit die tyd en omstandighede van die volk in daardie tyd: Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, nie sy vrou nie, nie sy besittings nie, ens. In wese gaan dit daarom dat jy niks wat iemand anders het, en jy nie het nie, moet begeer nie. Oftewel, wees tevrede met dit wat jy het en moenie nagaandig wees op dit wat ander mense het nie. Dis nie so maklik as wat dit klink nie. Dit bly maar menslik om die mooi dinge wat ander het, graag vir jouself ook te wil hê. Tog is die beginsel baie duidelik: dit wat ons het, het God uit genade vir ons gegee en daarmee moet ons tevrede wees. Daar is ‘n baie mooi woord wat dit beskryf: vergenoegdheid. Daarmee saam ook die gedagte van dankbaarheid: wees dankbaar vir alles wat jy het en moenie altyd meer en meer wil hê nie. Die gebod impliseer ook ‘n ander belangrike beginsel. As ons t...
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 12 AUGUSTUS Die vyfde gebod is die eerste gebod wat handel oor ons verhouding met ons medemens. Dit is een van die min gebooie wat nie as ‘n verbod beskryf word nie, maar as ‘n positiewe opdrag. Dit gaan ook met ‘n belofte gepaard: as Israel hieraan gehoorsaam is, sal hulle lank bly leef in die land wat die Here aan hulle gee. Buiten dat die bedoeling is dat ons ons ouers moet respekteer, strek die betekenis van hierdie gebod ook weier as net dit. Dit gaan ook oor respek vir mense in gesagsposisies. “Ouers” word dus in ‘n breër simboliese sin gebruik ten opsigte van mense wat oor ons aangestel is. Ek glo dat dit dit dus ook verwys na die “staat” waarvan ons deel is. Ons moet respek hê vir byvoorbeeld die regering  wat aan die hoof van ons land staan. Jesus het ook na hierdie beginsel verwys toe hy gesê het dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom. Die bedoeling is natuurlik nie dat  ons alles moet aanvaar wat die regering sê of doen nie, en d...
  GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 11 AUGUSTUS Die vierde gebod sê dat ons die Sabbatdag heilig moet hou. Ons het ses dae om al die werk te doen wat ons moet en wil, maar op die sewende dag mag ons geen werk doen nie. Die motivering daarvoor is dat God in ses dae die hele wêreld geskep het en op die sewende dag gerus het. God het dus bedoel dat ons op Sondae moet rus. Ek kan onthou dat ons as kinders op ‘n Sondag letterlik niks mag gedoen het nie: geen skoolwerk, geen speletjies, geen swem as ons op vakansie was nie, absoluut niks. Dit was hoe ons as gesin Sondae deurgebring het. Ons het kerk toe gegaan en dit was dit. Jy sou ook geen winkel oop kry op ‘n Sondag nie, wat nog te sê sportbyeenkomste. Vandag lyk dit baie anders, ook in ons huis en gesin. Daardie absolute “verbod” word vandag baie selde so rigied toegepas. Ons sou ‘n lang debat daaroor kon voer. Mag ons sport beoefen, behoort die winkels oop te wees, ens, ens. Dit sou egter ‘n sinnelose tipe debat wee...
  GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 10 AUGUSTUS Kom ons deel hierdie week ‘n paar gedagtes rondom die Wet (Eksodus 20 en Deuteronium 5). Ons luister op Sondae daarna in ons eredienste, maar ons ken dit so goed dat dit maklik kan gebeur dat ons dit hoor, maar eintlik ook nie hoor nie. Ons is ook geneig om die Wet te verstaan as ‘n lys van dinge waarteen ons gewaarsku word en wat ons NIE moet doen nie, terwyl die gebooie almal ‘n besliste positiewe element het. Die eerste gebod stel dit baie duidelik dat ons, naas God, geen ander gode mag hê nie. ‘n Mens se onmiddellike reaksie is om dit te interpreteer as dat niks anders in ons lewens belangriker as God mag wees nie. Dit kan baie vorme aanneem: geld is ‘n moontlikheid, my eie sukses en voorspoed is nog ‘n moontlikheid, my werk kan allesoorheersend in my lewe raak, ek kan selfs my familie bo God stel. As dit nie waar is van my lewe nie, dan volg dit baie maklik dat ons sê: Daarmee het ek voldoen aan die eerste gebod....
Liewe gemeente, `n Video van die Nigeriese " profeet " T.B Joshua het onlangs die rondte gedoen. In die video-insetsel verkondig hy dat hy Coronavirus-pasi ë nte kan genees deur gebed. Op `n sekere deel in die video s ê Joshua : " Never a sickness, never a disease Jesus cannot cure, " . Ek moet darem byvoeg dat `n naskrif aan die einde verklaar dat dit ni é beteken dat pasi ë nte moet wegbly van mediese sorg nie. Die video eindig waar baie mense verklaar dat hulle inderdaad genees is. Hierdie tipe tema ontlok baie reaksie. Ons glo naturlik in God as geneser. Ons moet egter onthou dat siektes deel van die natuur uitmaak. Die natuur se gang, wat dood en lewe insluit, is ni é noodwendig die vyand nie. Ek het baiemaal al genoem dat gebed nie altyd ons situasie verander nie, maar dat dit somtyds ons gedagtes rondom `n situasie verander. `n krisis help ons om nuut na onsself, God en ons medemens te kyk. Ek dink altyd aan die epsiode waar Jesu...
Liewe gemeente, Een interessante nuusbrokkie het onlangs my oog getref: `n afgetrede Pastoor, Rick Milby,  se droom is om die hoogste kruis in die VSA te bou. Die poging is nie uniek nie. In die afgelope 30 jaar was daar ses pogings om die hoogste kruis te bou. Die vorige rekord was `n kruis van 214 voet hoog (65.2m). Milby se droom is om `n 230 voet hoë kruis (70m) te bou. In `n onderhoud het Milby genoem dat hy `n evangelie-droom met die projek koester. Hy droom dat mense na die kruis toe sal stroom, waar hulle hulleself sal bekeer en doop. Die visie strek eintlik verder. Hy visualiseer `n replika van die tuin van Getsemané en Jesus se graf.  `n Plan vir `n kapel waar huwelike bevestig kan word, is in die kiem gesmoor omdat daar versoeke vir selfdegeslag-huwelike kan ontstaan. Uit die aard van die saak wil mens nie sommer iemand se drome vernietig nie, maar ek wonder oor die evangelisasie-visie. Miskien moet ek dit liewer so stel: wat sou Paulus van die evangelisasie-visie g...
Liewe gemeente, Ek lees weer vandag hoe die bekende Amerikaanse prediker John MacArthur besluit het om w é l met eredienste voort te gaan te midde van die Covid 19- pandemie. MacArthur is die leier van die Grace Community Church in Kalefornië sedert 1969 en hy is ook die aanbieder van `n bekende radio program getiteld " Grace to You " . Hy het meer as 150 boeke geskryf en geredigeer, en is bekend as een van die mees invloedrykste predikante in die VSA. MacArthur verwoord sy besluit om voort te gaan met eredienste so: "Christ is Lord of all. He is the one true head of the church He is also King of kings—sovereign over every earthly authority. Grace Community Church has always stood immovably on those biblical principles. As His people, we are subject to His will and commands as revealed in Scripture. Therefore we cannot and will not acquiesce to a government-imposed moratorium on our weekly congregational worship or other regular corporate gatherings. Compli...
Liewe gemeente, Ek was die afgelope tyd diep getref deur die verhaal (of soos die engelse sê: the rise and fall) van John Ortberg. Die droewige verhaal klink so: Ortberg was vir die afgelope 17 jaar die senior predikant van Menlo Presbiteriaanse kerk in Menlo Park, Kalefornië. Onder Ortberg se leierskap het die gemeente gegroei tot `n “Mega-kerk”, wat nogal`n prestasie vir tradisionele kerke soos die Presbiteriaanse Kerk is. Behalwe vir die feit dat hy `n briljante orator is, het hy sy naam gemaak met sy talle goed deurdinkte boeke. Ortberg se kwaliteit-boeke is `n rariteit in die geestelike boekmark, wat meestal gemik is op populêre temas. Die afgelope tyd het die suksesverhaal egter in `n tragedie ontwikkel. Een van die jeugleiers van die gemeente het aan Ortberg erken dat hy op `n ongesonde manier aangetrokke voel teenoor die jongmense wat hy bedien. Die haakplek was egter dat dit Ortberg se eie seun is wat die belydenis gedoen het-`n feit wat Ortberg nie aan die ke...