Posts

Showing posts from June, 2020
Liewe gemeente, Ons dink steeds rondom die tema van ons lewe as `n erediens. Anders gestel: `n erediens is nie net `n fisiese byeenkoms nie. Ons lewens kan ook `n voorbeeld van `n erediens wees. Vandag dink ons aan die gedagte van skuldbelydenis, wat `n belangrike deel van ons eredienste uitmaak. Martin Luther was amper obsessief oor skuldbelydenis. Toe hy nog `n monnik in `n klooster was, het hy blykbaar van sy ander take opsy geskuif om tyd aan skuldbelydenis te spandeer. Volgens oorlewering het Luther soms ses ure per dag aan skuldbelydenis afgestaan! Luther se lewe het verander nadat die hoof van die klooster, Johan Staupiz, vir hom geleer het dat skuldbelydenis meer is as selfopgelegte strawwe en skuldgevoelens, maar dat dit gepaard moet gaan met `n ware hartsverandering.  `n Ander interessante aspek is dié van skuldbelydenis aan `n ander gelowige. Luther het inderdaad gereageer teen die korrupsie in die Roomse gebruik van belydenis  aan `n priester, maar hy het steed...
Liewe gemeente, In een van my oordenkings het ek verwys na Romeine 12 en die gedagte van ons lewe as `n erediens. Ek wil hierdie week die gedagte uitbrei deur na die onderskeie elemente van die erediens te verwys. Deur hierdie oordenkings wil ek by die vraag uitkom: "Hoe kan ek `n erediens wees as ek nie fisies tussen ander gelowiges kan wees nie?" Ek wil vandag by die Wet begin. Ons verwys dikwels na die die Tien Gebooie as die Wet, alhoewel die Wet eintlik `n baie breër idee omvat. Die eerste gebod ( Jy mag naas My geen ander gode hê nie) is in `n sekere mate die opskrif, of die gedagte wat ál die gebooie vasvat. Anders gestel; die ander gebooie val in plek as die eerste gebod tot sy reg kom in my hart. Dit was `n blye dag vir my toe die boekwinkels vir die eerste keer weer oopgemaak het. My vreudge was nog groter toe ek `n kopie van Alan Greenspan se "Capitalism in America: A History " teen `n afslagprys raakgesien het. Greenspan w...
Goeie môre gemeente Ek het op dag 1 gesê iewers wil ek sommer net saam met julle na die wêreld om ons kyk. Ons lewe in ‘n onbekende wêreld. Nie eers lank terug nie het die filmmakers “horror” flieks gemaak oor situasies soos hierdie covd-19 pandemie. In die flieks was daar dan altyd hierdie span wetenskaplikes wat ‘n middel teen die spoed van lig moes ontwikkel om die wêreld te red. Hierdie flieks het almal ‘n ouderdoms beperking op gehad, kinders mag nie daarna gekyk het nie want die effek kon steurings in hul gedragpatrone of slaapritmes veroorsaak en seker nog ander negatiewe dinge ook. Hoe nou gemaak ons leef hierdie flieks nou. Ons het die akteurs geword, maar daar is nie ‘n draaiboek wat bepaal dat oor 2 ure kan julle ontspan nie, want die draaiboek skrywer laat die helde van die span wetenskaplikes net in tyd ‘n middel ontdek om die wêreld te red en almal in die laboratorium klap hande en juig en die sjampanje vloei. Vir ons en ons kinders het die pandemie ‘n wegholtrein geword ...
Goeie môre gemeente. Ek lees nou onlangs weer die twee Samuel boeke asook die twee Konings en twee Kronieke boeke. Ek was opnuut weer gefassineerd oor die geslagsregisters wat terug dateer na die derde en vierde geslagte van die name wat genoem word in hierdie registers. Iets wat my opgeval het was dat almal wat genoem word, hoe belangrik of onbelangrik, se familie register is met ewe veel sorg genoem en gedokumenteer. Elkeen het saak gemaak. God kom skryf ‘n nuwe geslagregister in Jesus Christus en nog steeds is almal ewe belangrik. Van die klein kindertjies tot die gekruisigde misdadiger wat langs Jesus hang is belangrik in die nuwe geslagregister. Selfs die soldate wat met die vierkantige spykers Jesus se hande en voete aan die kruishout vas spyker is belangrik. Jesus bid vir ‘n tweede, dalk derde kans in hul lewe, Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Nikodemus, ‘n Fariseёr wat aan die Joodse raad behoort, kom in die nag na Jesus toe en ...
Goeie môre gemeente. Vanoggend is ‘n lekker wintersdag maar hulle is ook nodig want dit is mos winter, die herskeppings seisoen wat sorg vir die rus om ons dan te bederf met die lente se mooi. Ons oordenking gaan juis vanoggend oor herskepping. God wat die brief wat ons vir ons eie lewe geskryf het, vir ons oorskryf en herskryf sodat Hy geeer word, wanneer ons Hom vertrou en toelaat. Rom. 12:2 “Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” Die lewe skommel ons soms maar erg..so het ons tog die voor en na fotos van sekere tye in ons lewe. Die wonder is dat God gedurig herskryf aan ons lewensbrief en dan breek die wierookgeur deur en word my skewe lewensbrief n God gegeurde wierookbrief wat’n aangename geur is, en selfs die buitestaander herinner aan God se kragtige werking deur die wat glo. Daar is baie voorbeelde daarvan in die Bybel. Die Anna’s, die Esters, die Josefs, die Daniёls en ons kan bladsye volmaak met name. Kom ons stap net so ‘n entjie saam met Saulus...
Goeie môre gemeente. Dit is weer my voorreg om hierdie week saam met julle te kuier. Ons gaan ‘n bietjie in die Bybel kuier en ook in die wêreld rondom ons. Ons gaan vanoggend stilstaan by die begrip wat hier in my gedagtes lê plek soek.: “Ons moet bereid wees om vir God die antwoord te wees op ‘n ander se gebed.” Jakobus skryf dat ‘n geloof wat net hoorbaar is maar nie sigbaar is nie, is nutteloos. Ek en my kollegas herinner onsself en vir julle gereeld daaraan dat Sondag se erediens is n viering van Christus se opstanding maar ook ‘n stuur om briewe vir God te gaan wees wat die wêreld kan lees. ‘n Brief is mos ‘n privaat saak tussen die skrywer van die brief en die leser. Ons moet onthou ons is net die brief vir God en die saak is tussen God en die onbekende leser. Ons taak is net om die liefde van God reg te lewe sodat dit die leser ten goede kan wees. En dan soms laat God ons sien wat die uitkoms is wanneer iemand die brief lees en bely, God het my ge...
Vandag wil ek `n bietjie prakties dink rondom ons optrede as nuwe mense. Ons word in hierdie tyd meer afhanklikvan sosiale media om met mekaar te kommunikeer. Alhoewel hierdie platforms vir ons help, is dit ongelukkig ook `n bron van bekommernis. Afbrekende stories(in die meeste gevalle sonder enige bewyse) word rondgestuur. Lelike dinge word gesê, en dit in die meeste gevalle sal persone dit nie in die publiek doen nie, maar dit s asof hulle voel dat hulle beskerm word deur dit op sosiale media te doen! Ek het `n artikel gelees waar die outeur drie riglyne gee vir christene in hierdie tyd( www.christianitytoday.com/edstetzer/2020/june/conspiracy-theories-engaging-online-and-wisdom-intersection.html ). In die eerste plek moet ons die vraag beantwoord: is Jesus Christus die Here van jou sosiale media? Ons kan nie ons geestelike lewe losmaak van ons optrede op die internet nie. Die verhale wat ons aanstuur, en die manier waarop ons met mekaar praat, moet in lyn wees met ons ident...
Ons het gister gesien hoe Jakob as nuwe mens weer in vrede met sy broer kon leef. Ons moet egter erken dat dit sommige mense nié so maklik verander nie. Somtyds toets hulle ons geloof in God se vermoë om harte te verander. Selfs die Jakob-verhaal het oor jare afgespeel voordat Jakob se hart na `n ontmoeting met God verander het. Wat maak ons egter as iemand vir wie ons lief is, net nie wíl verander nie? Vandag deel ek twee gedagtes met julle. Die eerste voorbeeld verwys na die bekende kerkvader Augustinus se ma, Monica. Sy is gebore in die land wat ons vandag Algerië noem, in Noord-Afrika. Sy het taamlik welgesteld grootgeword en `n huisbediende het haar na die Here gelei. Haar geloof het die rots geword waarop sy haar lewe gebou het. Sy is later met `n Romein getroud met die naam Patricius. Hy was `n harde en moeilike man, en daar is gerugte dat hy haar verneder het en dat hy ontrou was aan haar. Monica het egter elke dag vir hom gebid, en aan die hand van 1 ...
Ons het gister stilgestaan by `n keerpunt in Jakob se lewe. Op die grens van sy geboorteland verander sy naam, en daarmee sy karakter. Ons het gesien dat Jakob se naam van bedrieër hom goed gepas het, en dat hy orals mense seergemaak het. Natuurlik bly die wonde van seerkry tussen mense, en as Jakob terugkeer na die beloofde land, dan besef hy dat hy sy tweelingbroer, vir wie hy baie seergemaak het, vir hom wag. Hierdie sou Esau se kans wees om uiteindelik wraak te neem op Jakob, en uit die teks in Genesis 32 aflei ons dat Jakob bang was. Hy stuur solank al geskenke vir Esau oor die rivier, om sodoende sy broer se guns te wen. In Genesis 33, steek die nuwe Jakob die grens van sy geboorteland oor, en konfronteer hy uiteindeik sy verlede. Die spanning word amper ondraaglik soos hierdie oomblik naderkom. Ons lees in Genesis 33:4 van die mooiste woorde in die Ou Testament "Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom ge...
Image
Ek wil vandag verder dink rondom die idee dat ons nuwe mense is. Ons het dit só mooi bely en gevier tydens die afgelope Pinksterfees. Vandag wil ek dit oordink aan die hand van `n bekende Bybelverhaal wat vertel van `n episode uit Jakobs se lewe. Eers is `n bietjie agtergrond nodig. Jakob se naam beteken "aan die hakskeen gegryp" of "bedrieër". Albei hierdie karaktertrekke was in sy lewe teenwoordig. Tydens sy hulle geboorte het hy sy tweelingbroer Esau, aan die hakskeen gegryp om sodoende eerste gebore te word (Gen 25:26). Die bedrieër-eienskap was nét so teenwoordig in sy lewe. Jakob het sy familie so bedrieg, en daarmee uitmekaar geskeur, dat hy moes vlug na `n ander land (Gen 28). Daar bly hy by sy oom, Laban, en hy verkul hom ook! Jakob keer uiteindelik terug na sy geboorteland, ná `n lewe van familieskandes en seerkry. Voordat hysy geboorteland kon ingaan, moes hy die grens by die Jakobdrif aan di Jordaanrivier oorsteek. Hier vind `n interessante en ing...
GEDAGTE VIR DONDERDAG (4 JUNIE) Na die uitstorting van die Heilige Gees het daar baie dinge gebeur. Petrus hou sy beroemde toespraak en sluit dit af met die woorde: “God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak.” Daarmee word as’t ware gesê dat die hele pad wat Jesus geloop het, naamlik kruisiging, opstanding en hemelvaart op die ou einde op die hoogtepunt uitloop dat Jesus wêreldwyd Here en Christus is. En onmiddellik verander dinge. Op daardie een dag kom daar drieduisend mense tot bekering en word hulle gedoop. Ons lees ook dat hulle hul heelhartig toelê op dit wat die apostels hulle geleer het. Wat het dit behels? Hulle was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en almal het volgens hulle behoefte ontvang.Hulle het getrou by die tempel bymekaargekom en van huis tot huis in blydskap en eenvoud saamgeëet. EN hulle het God geprys. En elke dag was daar nuwe mense wat bygekom het. As mens dit lees, wil jy sê: Te ...
GEDAGTE VIR WOENSDAG (3 JUNIE) Gister het ons bietjie gesels oor ek en jy wat die Evangelie aan die mense naby ons moet uitleef. In Handelinge 1 : 8 sê Jesus die volgende aan sy dissipels: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit is nie bloot toevallig dat hierdie plekname en gebiede so aangedui word nie. Daar sit ‘n besondere betekenis en implikasie daaragter. Jerusalem verwys na hulle eie direkte omgewing ( stad ), Judea was die land waarin hulle gebly het, Samaria was in ‘n buurland geleë (die Noordryk) en dan die verwysing na die uithoeke van die wêreld . Ons sou dit met konsentriese sirkels kon voorstel. Jeusalem die binnesirkel, Judea die tweede effens groter sirkel, Samaria nog groter en dan die wêreld as die grootste buitenste sirkel. In vandag se terme sou ons dit kon beskryf as: Wees my getuies in...
GEDAGTE VIR DINSDAG (2 JUNIE) Ons het gister stilgestaan by die daarby dat Pinkster die begin was van die gedagte dat God die verantwoordelikheid nou in ons hande oorgee. Ons vind iets hiervan in Matteus 22 : 16 – 20 waar Jesus laaste opdragte aan sy dissipels gee: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Hier gee Jesus aan sy dissipels, en aan ons, die opdrag om die Evangelie van Goeie Vrydag en Paassondag aan die hele wêreld te verkondig. Hy het aan die kruis gesterf en het opgestaan sodat daar verlossing vir ‘n ganse wêreld kan wees. Daarmee saam gee Hy ook ‘n belofte: Hy sal ons nie alleen laat in hierdie taak nie, Hy sal met ons wees al die dae van ons lewe. Baiekeer dink ons: hoe moet ek die Evangelie verkondig aan alle nasies?...
GEDAGTE VIR MAANDAG (1 JUNIE) Ons het aan die einde van ons Pinkstertydperk gekom en ek vertrou dat almal dit verreikend beleef het. Dis interessant dat mense se belewenis van Pinkster nogal verskil van mekaar. Iemand sê die ander dag vir my dat Pinkster vir haar soos mostert na die maal is. Ek was nogal verbaas en het gevra: Hoekom? Haar antwoord was: “Vir my is Goeie Vrydag en Paassondag die hoogtepunt van Jesus se lydensweg; Hemelvaart en Pinkster maak nie soveel impak nie.” Elkeen is natuurlik geregtig op sy eie siening, maar ek dink tog ek verskil van haar. Vir my is Hemelvaart en Pinkster eintlik die (onontbeerlike) hoogtepunt van die hele “Paastyd”. Die kruisiging en opstanding is belangrik, maar sonder Hemelvaart en Pinkster sou dit ‘n onvoltooide verhaal wees. Vir my lê die betekenis van Pinkster daarin dat God, naas talle ander dinge, vir ons sê: Nou is dit in julle hande. By wyse van spreke: As God het ek gedoen wat ek wou, my seun, Jesus, het ...