Posts

Showing posts from May, 2020
Image
Liewe gemeente, Ek deel vandag weer `n kort gedagte oor die hemelvaart, tesame met `n vooruitskouing na Pinkster. Ek wil eers bietjie kyk na `n bekende kunswerk van Hans Süss von Kulmbach getiteld "The Ascension of Christ" (oftewel, "Christi Himmelfahrt"). Hierdie kunswerk is uniek deurdat dit op Jesus se voete fokus. Hierdie kunswerk is vir my `n voorbeeld van hoe eng ons die hemelvaart kan beskou. Jesus is wég. Hy het uit ons sig verdwyn. Net sy voete is nog sigbaar, en binnekort is dit óók weg. Net die toeskouers bly oor. Gister het ons juis stilgestaan by die feit dat Jesus nie weg is nie, maar dat Hy nader gekom het. Ek wil op twee tekste fokus om dit te illustreer. Romeine 8:11 lees: "Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon...
Liewe gemeente, Ek voel altyd jammer vir hemelvaartdag. Ons ander feesdae kry baie aandag, maar hemelvaart sluip die meeste van die tyd amper ongemerk verby. Dit val altyd op `n Donderdag, en ek glo die meeste van die mense(gelowiges ingesluit!) kom nie eers agter dat dit `n feesdag is nie. Vroeër was dit makliker, want hemelvaart is as die begin van Pinkster gereken. Nou staan hemelvaart los, en word dit soos vroeër opgemerk, baiekeer geïgnoreer. Wat hierdie situasie nog meer hartseer maak, is die feit dat hemelvaart `n spesiale boodskap inhou, wat ons nié genoeg kan hoor nie. Wanneer Jesus sy dissipels verlaat (Hand 1) is dit nie `n finale totsiens nie. Hy belowe dat sy Gees oor hulle sal kom (wat uiteindelik in Hand 2 en 10 gebeur).  Die boodskap val egter vreemd op ons oor. Jesus gaan weg, maar hy kom nader! Kom ek verduidelik dit so. In die Ou Testament verskyn God baiemaal fisies aan mense. Later kry ons al meer verwysings na engele. In die tyd van die Babiloniese ballingskap...
Image
Liewe gemeente, Dr Gerrie het my gevra om vir die res van die week die dagstukkies te hanteer. Ek doen dit met graagte! Met die oog op Pinkster wil ek graag op die idee van nuwe lewe fokus, maar vir die volgende paar dae wil ek die tema elke keer in verband bring met die visuele. Met ander woorde:ek wil die tema met bekende kunswerke verbind. Met die oog op Pinkster, dink ek vandag aan die bekende kunswerk van Edvard Munch getiteld "The Scream". Ek dink die meeste van ons kan vandag met hierdie emosie assosieer! Partykeer wil ons net skree van frustrasie. Kenners spekuleer al lankal oor die kunswerk: die vreemde gebruik van oranje, en die feit dat die “persoon” nie geeien kan word as `n man of `n vrou nie. Daar is sommige artikels wat in Munch se verlede probeer indelf, en daar word selfs gespekuleer oor die rol van godsdsdiens agter die frustrasie. Interessant genoeg het Munch in `n gedig `n bietjie lig la...
NG FLORANDIA 19 MEI 2020 Goeie dag aan almal ‘ n Paar belangrike sake wat ek met julle wil deel KOEVERTJIES Baie dankie aan almal wat verlede Maandag hulle maandelikse dankofferkoevertjies en erediensoffergawes kerk toe gebring het. Dit het ‘n groot bydrae gemaak om ons finansiële “agterstand” te laat krimp. Ons probeer ons bes om ons finansies in stand te hou in ‘n moeilike tyd en lidmate se getroue bydraes maak dit makliker. As daar nog mense is wat koevertjies wil afgee, is julle welkom om my te kontak (082 940 5453). Ons sal einde Mei weer ‘n geleentheid by die kerk skep. PINKSTER Ons Pinksterreëlings vir die Lockdown tyd is as volg: Op Sondag 24 en 31 Mei gaan ons Pinksterdienste in samewerking met Florauna gemeente aangebied word: Sondag 24 Mei om 09h00 Ds Frikkie du Plooy Skakel: http://s44.myradiostream.com:7234/listen.mp3 Die skakel sal ook Saterdag per sms uitgestuur word Sondag 31 M...
Liewe gemeente, Ons het hierdie week bietjie gesien hoe maklik ons die Bybel misinterpreteer. `n Onlangse besoekende professor in die Ou Testament  het onlangs tydens `n publiek lesing aan die Universiteit van Pretoria na die Bybel as `n "gevaarlike boek" verwys. Ja, ons kan met losse, slordige  interpretasies van die Bybel nogal baie skade en skuldgevoelens by mense veroorsaak. Vandag deel ek met julle `n "scary" Bybelverhaal(ek gebruik die engelse woord ,want die artikel is oorspronklik in engels geskryf, en geen vertaling kan dit so goed vasvat soos die oorspronklike engels nie). Ek lees `n Facebook inskrywing van die Amerikaanse skrywer en digter Kathleen Norris (www.facebook.com/KathleenNorrisAuthor/posts/1233913520087937). Sy het die Here gevind na `n afdraaipaaie met seks en dwelms (lees gerus haar boeke! Ek beveel Amazing Grace: A Vocabulary of Faith, en The Virgin of Bennington met `n oop gemoed aan).  In die Facebook-stukkie vertel sy hoe sy en haar ma...
Liewe gemeente, Ek hoor dikwels die woorde: "God sal nie meer op jou pad bring as wat jy kan hanteer nie". Hierdie woorde word dikwels as `n vertroosting gebied aan mense wat juis op die oomblik voorval word deur hulle omstandighede. Hierdie teks is `n losse aanhaling van 1 Korinthi ë rs 10:13 wat eintlik lees:"Geen versoeking wat meer is as wat `n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie". Let op dat dit hier oor versoeking gaan, en dat ons dit in hierdie konteks moet verstaan. Die realiteit is dat ons dikwels juís meer moet hanteer as wat vir ons moontlik is. Ons kom juís al hoe meer onder die indruk van ons broosheid as mense(veral in hierdie pandemie-tyd!). Somtyds slaan die lewe ons met méér as wat ons fisies en geestelik kan hanteer. Juis daarom is ons in baie gevalle totaal afhanklik van God se genade, en in hierdie oomblikke is dit al wat ons...
Liewe gemeente, Ek dink Openbaring is een van die boeke wat die meeste buite konteks aangehaal word. Natuurlik is Openbaring vol van simboliek, wat enige interpretasie nogal moeilik maak, en dit is waarskynlik die rede waarom ons dit nie altyd nie mooi verstaan nie. Vandag wil ek stilstaan by Openabring 3:20 "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My". Ek het al soveer kere gehoor en die gelees dat die Here by die ongelowiges se deure staan, en aan hulle deure klop. Ek het eenmaal gehoor dat iemand `n stertjie bysit en vertel dat die Here êrens gaan ophou klop. Hierdie vers is dan gebruik om halstarrige mense die skrik op die lyf te jaag. Maak jou deur oop, of... Die konteks is egter belangrik. Die brief Openbaring is oorspronklik aan sewe gemeentes in Klein-Asië gerig. Die spesifieke gedeelte kom uit die boodskap aan Laodisea...
Liewe gemeente, Ek dink steeds aan tekste en frases wat so dikwels misgeïnterpreteer word. Vandag dink ek aan die derde gebod wat handel oor die feit dat ons nié God se naam moet misbruik nie (Eks 20:7). Ons verstaan gewoontlik hiermee dat ons nie God se naam as `n vloekwoord moet gebruik nie. Natuurlik is dit waar dat ons God se naam oneer aandoen as ons dit as `n vloekwoord gebruik. Ons kan dit nie ontken nie. Die probleem is egter dat ons die teks reduseer to nét `n oproep om nie God se naam as vloekwoord te gebruik nie. Die teks sê egter baie meer. In Eksodus 19 lees ons dat God sy volk as `n priestervolk beskou. `n Priester is iemand wat tussen God en mens staan. `n Priester verteenwoordig as`t ware God tussen die mense. Nou is almal priesters. Almal moet God verteenwoordig. Dan kom die Tien Gebooie om te verduidelik hoe hulle God moet verteenwoordig. In hierdie konteks lees ons dan die derde gebod wat lees dat ons nie God se naam oneer mag a...
Liewe gemeente, Ek wil hierdie week bietjie nadink oor frases wat ons só maklik, sonder dat ons dit besef, heeltemal buite konteks aanhaal. Ek kry onlangs `n mooi boodskap wat eindig met die woorde:"Carpe Diem", oftewel, "Gryp die dag" (Elke keer as ek aan die woorde hoor, dink en aan die film Dead Poet's Society !). Ons gebruik hierdie woorde om te beskryf hoe ons die tyd moet uitkoop en waardeer. Natuurlik is daar niks daarmee verkeerd nie. Die interessante is egter dat ons die res van die sin weglaat. Die woorde kom oorspronklik uit die pen van die Romeinse digter Horatius, wat so geklink het:" Gryp die dag en plaas geen vertroue in die toekoms nie!". Die Engelse digter Lord Byron het dit in die 18de eeu verwoord met die gedagte van: " Gryp die dag, want jy kan van die toekoms niks verwag nie." As gelowiges is dit belangrik dat ons tyd moet uitkoop, en dat ons noú moet leef,maar ons het darem ook `n toekomsperspektief. Kom ek st...
GEDAGTE VIR VRYDAG (8 MEI) Aan die begin het ek genoem dat die profete drie groepe mense gekritiseer het en teen hulle geprofeteer het: (1) die volk self, (2) die koning (staat). Die derde groep is half ‘n verrassing, want die profete het ook die kerk van hulle tyd aangevat. ‘n Mens sou dink dat die kerk sou sorg dat hulle so optree, dat hulle nie dinge verkeerd doen nie. Dit was egter nie die geval nie, die kerk het ook onder die profete deurgeloop. Hosea 4 : 7 lees as volg: Hoe meer priesters daar is, hoe meer sondig hulle teen My. Die priesters word ook beskuldig dat hulle die Here verlaat het en dat wyn en drank hulle lewe in veslag neem (vers 11). Die straf is baie duidelik: God sal hulle aansien in vernedering verander (vers 7). Alles wat hulle probeer doen, sal God in die teendeel verander (vers 9). Ons moet onthou dat die profete nie deel van die “kerkstruktuur” was nie. Daarom het hulle nie geskroom om uit te wys as die godsdienstige leiers verkeerd o...
GEDAGTE VIR DONDERDAG (7 MEI) Gister het ons gesels oor die gedagte dat die profete die volk aangevat het omdat hulle nie die Wet van die Here nakom nie. Daarmee het hy vir hulle gesê dat hulle nie moet kla oor ander se optrede as hulle eie huis nie in orde is nie. Die profete het egter wel die volk se besware verstaan, veral ten opsigte van die koning en sy amptenare wat die volk uitgebuit het en allerlei onreg gepleeg het en toegelaat het. Luister wat sê Miga in hoofstuk 3: “Luister, leiers van Jakob, regeerders van Israel! Weet julle nie wat reg is nie? Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet.” Daarna beskryf Miga hoe die leiers van Israel die gewone mense uitbuit en verontreg. Hy sê vir hulle: “Julle eet my volk op asof hulle vleis is.” Hy is ook baie fel in die oordeel wat hy oor hulle aankondig: “Wanneer julle tot die Here roep, sal Hy julle nie antwoord nie en Hy sal Hom nie aan julle openbaar nie.” Miga skroom vir geen oomblik om die koni...
GEDAGTE VIR WOENSDAG (6 MEI) Ek is jammer daar het nie gister ‘n stukkie verskyn nie. Ek kan julle die lang hartseer verhaal vertel, maar dis baie makliker om net te erken: ek het vergeet …. Ons gesels bietjie oor die vraag: mag Christene in protes kom teen dinge wat verkeerd gedoen word, selfs al is dit die staat ? Die gedagte van protesteer en beswaar maak teen dinge wat verkeerd is, is natuurlik glad nie vreemd aan die Bybel nie. Daar is talle voorbeelde van mense wat ernstig beswaar maak teen sekere dinge; ja, ook teen die staat, en glo dit as jy wil, teen die kerk. In die Ou Testament is die klassieke voorbeeld hiervan die profete. ‘n Mens sou kon sê dit was hulle daaglikse werk om foute en verkeerde dinge uit te wys en daarteen beswaar te maak. Hulle het geprofeteer teen drie groepe mense: (1) die volk as sodanig, (2) die koning en sy amptenare, en dan ook (3) die kerk. Jesaja sê byvoorbeeld in hoofstuk 5:20: Ellende wag vir dié wat sleg go...
GEDAGTE VIR MAANDAG (4 MEI) Ek tel die afgelope paar dae duidelik op dat baie mense gefrustreerd en selfs geïrriteerd raak met die huidige omstandighede ten opsigte van die Lockdown. Ek kan dit nogal verstaan, aangesien ek self ook iets daarvan beleef. Die feit dat ons ingegrendel is, maak dat ons (na ses weke) voel genoeg is nou genoeg. Iemand noem vandag aan my dat dit hom begin vang dat hy nie eers by familie (oupa en ouma, of kinders of kleinkinders) kan uitkom nie, wat nog te sê by vriende. Ek dink dat dit inderdaad besig is om baie van ons se gemoed ‘n bietjie te beïnvloed. Baie mense beleef ook die hantering van die Lockdown nie baie positief nie. Sedert gister word daar byvoorbeeld kliphard gebrom oor die reëling rondom die verspreiding van kospakkies (om van sigarette nie eers te praat nie !!). Andere is ontevrede met die reëlings ten opsigte van wie MAG werk, en wie nie. Ek gaan myself beslis nie uitlaat oor die meriete van sulke reëlings nie, maar w...