GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 1 OKTOBER Daniël 3:1-30 Ons het ons God vir wie ons dien Is dit nie ironies dat dieselfde Nebukadnesar wat so pas erken het dat die God van Daniël die grootste is, so maklik weer daarvan vergeet en almal nou wil forseer om voor sy god neer te buig nie? Die oomblik wat enige musiek begin speel, moet almal neerbuig en hierdie afgod aanbid. Sadrag, Mesag en Abednego is nie bereid om hulle God te verloën nie, en weier om die beeld te aanbid. Selfs die feit dat hulle “‘n laaste kans” gegee word om aan die koning se wet te voldoen, bring hulle nie van stryk nie. Hulle verklaar onomwonde: “Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red ...” Wat ‘n ongelooflike vertroue in hulle God wys hierdie drie manne nie. Kan God weer eens sy mag vertoon? Natuurlik! En dit is presies wat Hy doen. Uiteindelik stap die mans ongeskonde uit die oond en almal staan verstom. Vir die soveelste keer moet Nebukadnesar erken dat alle eer die Go...
Posts
Showing posts from September, 2020
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 30 SEPTEMBER Daniël 2:24-49 God se mag verstom selfs ‘n vreemde koning Die oomblik toe God aan Daniël die droom en die uitleg daarvan bekend maak, word Daniël na die koning toe gebring. Dit sou vir Daniël ‘n uitstekende geleentheid gewees het om sy eie beuel te blaas en sy posisie in die paleis te versterk deur die indruk te skep dat dit hyself is wat in staat is om die droom uitl te lê. Hy behou egter sy nederigheid en afhanklikheid van God deur aan die koning te sê dat hy nie méér wysheid as enige ander mens het nie, maar dat God hom bloot gekies het om ‘n belangrike boodskap by die koning uit te bring: God wil aan Nebukadnesar bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur. Wanneer Daniël dan die droom en die uitleg daarvan aan die koning bekend maak, kan Nebukadnesar niks anders sê as “Werklik, julle God is die grootste van al die gode. Hy heers oor die konings en Hy openbaar geheime .... Wat ‘n “belydenis”, veral komende van ‘n he...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 29 SEPTEMBER Daniël 2:1-23 God se dienaars dank Hom vir sy genade Nebukadnesar het een nag ‘n droom gehad wat hom baie ontstel het. Hy laat al sy raadgewers roep. Die verrassing wat hulle kry, is dat hulle eers aan hom die droom moet vertel, voordat hulle dit sogenaamd probeer uitlê. Hulle doen alles in hulle vermoë om die koning te oortuig dat dit ‘n onbillike versoek is. Hy hou egter voet by stuk en verklaar dat indien hulle dit nie kan doen nie, hulle almal doodgemaak sal word. Dit sou beteken dat Daniël en sy drie vriende ook om die lewe gebring sou word. Daniël doen navraag hieroor en vra uitstel om die droom en sy uitleg aan Nebukadnesar bekend te maak. As hy wel die uitstel kry, gaan Daniël na sy drie vriende toe en vra dat hulle saam met hom bid dat die God van die hemel die droom en sy uitleg aan hom bekend sal maak. Weer eens verhoor God hulle gebede (net soos gebeur het rondom die kos-kwessie van Daniël 1). Wat wonderlik ...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 28 SEPTEMBER Ons kyk hierdie week na ‘n paar gedeeltes in die boek Daniël Daniël 1:1-21 God laat sy dienaars nie in die steek nie Die volk van Juda word weggevoer in ballingskap en bevind hulle in Babilonië. Wat ‘n vernedering! Boonop word van die tempelgereedskap wat in die tempel in Jerusalem was, ook saamgeneem en in die tempel van die god van Babel geplaas. Nebukadnesar, koning van Babel, beveel verder dat ‘n groep Israelitiese mans spesiaal versorg en opgelei moet word om in diens van die koning te staan. Soos ‘n mens sou kon verwag, moet hierdie jongmanne onder andere dieselfde kos as die koning eet, wat, syns insiens, sou waarborg dat hy ná die opleidingstydperk net die beste mannekrag tot sy beskikking sou hê. Die vier vriende is egter nie bereid om hulle hieraan te onderwerp nie; dit sou hulle ontreinig en in stryd met hulle geloof wees. Hulle maak daarop staat dat God hulle sal help en versoek die toesighouer om groente...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 24 SEPTEMBER Ek het gister verwys na die teks van Johannes 8:32 : “ … en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Wanneer die waarheid deel van ons lewens is en een van die beginsels van ons lewens vorm, dan sal ons waarlik vry wees OM DIE REGTE KEUSES TE KAN MAAK. Wat is die waarheid ? ‘n Mens sou dink dat dit tog voor die hand liggend is: die waarheid is die waarheid ! Tog is dit ironies dat mense se begrip van die waarheid baie verskil. Miskien is dit hoekom die eed wat dikwels in ‘n hof afgelê word, as volg lui: ek sal die waarheid praat, die volle waarheid en niks minder as die waarheid nie. Want elke mens het sy eie idee van die waarheid. Vir sommige is ‘n “halwe” waarheid ook goed genoeg. Of jy hoor die uitdrukking: ‘n halwe waarheid is darem beter as niks ! Ons kan baie debatteer oor wat die waarheid is, maar vir ons as Christene, meen ek, lê die antwoord in Johannes 14 : 6. Daar sê Jesus: “Ek is...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 23 SEPTEMBER Ek het gister gesuggereer dat vryheid nie noodwendig beteken ek kan doen, maak en sê wat ek wil nie. Die feit bly dat, as ons almal hierdie reg vir onsself gaan toeeien, ons samelewing in chaos gaan opeindig. Ironies genoeg sien ons alreeds dat dit dikwels gebeur. Vryheid, en die reg om vry te wees, moet dus om meer as net dit gaan. Kom ons begin by die vryheid om self besluite te kan neem. As ek bepaalde besluite neem, is daar tog faktore wat ek in ag moet neem. Wat gaan die effek daarvan op my eie lewe wees? Wat gaan die impak daarvan op ander mense se lewens wees. Wat gaan dit impliseer vir my verhouding met God? Hierdie, en moontlik talle ander oorwegings, speel dus alles ‘n rol in my sogenaamde vryheid om self keuses en besluite te kan neem. Dit sê vir my ‘n baie belangrike ding. Ware vryheid is nie maar net die reg om my eie keuses en besluite te neem nie, maar waarskynlik eerder die reg EN VOORREG, om die REGTE keuses en besluite te...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 22 SEPTEMBER Een van die onderwerpe wat die afgelope tyd, wat ons onder inperking was, voortdurend onder bespreking was, was die kwessie van “vryheid”. Feitlik almal het gekla oor die feit dat ons ons vryheid “ontneem” is. Meeste mense was ook ongelukkig omdat ons so “aan bande gelê is”. Interessant genoeg kan hierdie verskynsel feitlik in ‘n enkele sin vasgevang word: mense hou nie daarvan dat hulle nie hulle eie besluite kan neem en kan maak soos hulle wil nie. Oor die algemeen wil ons nie voorgeskryf word nie, want dit “beperk ons vryheid”. Dit laat natuurlik die vraag ontstaan oor wat presies vryheid is en daarmee saam die tweede vraag: wanneer is ek nou regtig vry ? Daar bestaan ook verskillende “tipes” vryheid. Daar word gepraat van politieke vryheid, ekonomiese vryheid, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, godsdiensvryheid, persoonlike vryheid, en so kan ons aangaan. As ons eerlik wil wees, gaan dit in feitlik al hie...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons het hierdie week `n paar uitdagings, asook `n paar mooi ligpunte rondom kerkwees bespreek. Deur die week kon ons hoop vind in gewone mense wat as gelowiges `n verskil in die wêreld maak. Vandag wil ek dit saamvat met `n ander beeld na aanleiding van `n aanhaling van Phillip Pullman, die bekende Britse skrywer van kinderboeke. Pulmann skryf: We don’t need a list of rights and wrongs, tables of dos and don’ts: we need books, time, and silence. Thou shalt not is soon forgotten, but Once upon a time lasts forever.” . Ek vermoed dat hy hier na die Tien Gebooie verwys in terme van `n lys van reëls en regulasies. Die ironie is egter dat die Tien Gebooie juís deel van `n verhaal of narratief uitmaak! Israel word bevry uit Egipte en is op pad na die Beloofde Land. Daar in die woestyn ontvang hulle dan die Wet, wat deel van hierdie groter verhaal uitmaak. Die Kerk is deel van God se verhaal. As die lewe bietjie kwaai druk, haal ek my kopie van ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente Ek wil vandag darem bietjie balans bring en gesels oor mans wat `n besondere rol in die geskiedenis van die christendom gespeel het. Ons fokus vandag op `n persoon met die naam Epafroditos (Fillipense 2:25-30, 4:18). In die konteks van die Fillipens-brief het Epafroditos vir Paulus geskenke gebring terwyl Paulus in die tronk was. Ons lees egter in Paulus se ander briewe (Kolossense 1:7; 4:12; Filemon vers 23) van Epafras, wat volgens baie geleerdes dieselfde persoon was. Blykbaar het hulle ook die gewoonte gehad om `n verkleiningsvorm van `n naam te maak (dink bv aan die engelse Richard, wat Dick word). Nie almal stem saam dat dit dieselfde persoon is nie, maar dit is tog ooreenkomste. Al die bogenoemde Paulusbriewe hoort saam in die kategorie van sogenaamde tronkbriewe. Indien dit w é l dieselfde persoon was, lees ons `n interessante karaktertrek in die brief aan Filemon. Paulus tik die ryk Filemon bietjie oor die vingers, omdat hulle hom nie in d...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons het gister bietjie nagedink oor die rol van vrouens in die kerk. Vandag wil ek `n voorbeeld deel. Ek was vanoggend bevoorrreg om deel te kon wees van Anna-Marie Le Grange, die voorsitter van NPOS, se verjaarsdag. NPOS, tesame met ander bekende name in die gemeenskap soos TNO (Wolmerprojek) en die CMR, is méér as net projekte waarby ons betrokke is. Inteendeel, hulle is ons vennote-ons hande en voete in die gemeenskap. Anders gestel: hulle is `n uitbreiding van die kerk en daarom waardeer ons hulle opreg. Anna-Marie is vir byna 3 dekades deel van NPOS se poging om verligting en sorg te bring vir hulpbehoewendes in die noorde van Pretoria. Tydens die streng inperking was hulle net `n week gesluit, verder moes hulle in bitter moeilike omstandighede verligting bring. Ek wil namens Florandia vir Anna-Marie bedank vir haar dienskneg-gesindheid en vir die feit dat sy `n mooi voorbeeld van naasteliefde vir ons stel. Dankie, Anna-Marie! Mag dit vir jou ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek onthou dat ek `n paar jaar gelede in die Maandpad geskryf het oor navorsing wat handel oor die vermoede dat die kerk té vroulik is. Anders gestel: daar is `n vermoede dat mans nie altyd tuis voel in die kerk nie. Navorsers wat hierdie tipe tendense ondersoek, wys byvoorbeeld onder andere na liedere (lirieke en melodieë) asook algemene spreektaal in die kerk, wat meer byval vind by vrouens as by mans. Of die kerk werklik (bewustelik of onbewustelik) meer geneig is om vrouens te akkomodeer, is `n ope vraag. Vele studies het wel onteenseglik bewys dat vrouens meer geneig is om `n prioriteit van Kerk te maak as mans. `n Onlangse studie het hierdie teorieë verder uitgebou. Hierdie studie, gelei deur die Amerikaanse Bybelgenootskap, volg in die voetspore van `n `n reeks studies sedert 2012, wat op dieselfde neerkom, naamlik dat vrouens meer geneig is om die Bybel te lees as mans. Die redes vir hierdie tendens is kompleks en interessant. Aanvanklike ...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 10 SEPTEMBER Psalm 121 bely dat God die Een is wat ons beskerm en bewaar, onder alle omstandighede. As ons op Hom vertrou, is ons veilig. Dit is my gebed dat jy God ook elke dag so sal beleef. My hulp kom van die Here 1 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 3 Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. 4 Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. 5 Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. 6 Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. 7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. 8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. Ds Gerrie
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 9 SEPTEMBER In Psalm 51 bely Dawid sy skuld as hy verkeerd optree. Almal van ons maak foute. God is egter so genadig dat Hy ons vergewe as ons voor Hom buig. Kom ons kniel voor die Here en vra vergifnis vir wat ons verkeerd doen. Neem tog my sonde weg! 1 Vir die koorleier. `n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3 Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4 Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! 5 Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. 6 Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. 7 Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. 16 Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. 17 Here, gee my die woorde om u lof te verkondig. 18 `n Offer vra U nie, anders ...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 8 SEPTEMBER Psalm 61 vertel iets van hoe Dawid die Here as ‘n toevlug in sy lewe sien. Is dit nie waar dat ek en jy dit elke dag van ons lewens so ervaar nie? Kom ons bid dit saam met Dawid U is vir my `n toevlug 1 Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid. 2 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. 3 Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op`n rots waar ek veilig sal wees. 4 U is vir my `n toevlug, &'n sterk vesting buite bereik van die vyand. 5 Laat my by U `n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.Sela 6 U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer. 7 Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek. 8 Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar! 9 Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal. Mag jy God ook so beleef, elke oomblik Ds Gerrie
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 7 SEPTEMBER Ek wil graag eerskomende Sondag hê dat ons saam Nagmaal gebruik by ons huise. Ek sal die besonderhede later in die week deurstuur. As voorbereiding daarvoor gaan elke dag ‘n Psalm as dagstukkie plaas, met die bedoeling dat ons dit lees en deel van ons gebed vir die week maak. In Psalm 8 besing Dawid die lof van God. Kom ons doen dit saam met hom. Lof aan die Skepper 1 Vir die koorleier: met musiek.`n Psalm van Dawid. 2 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3 Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U `n plek gegee het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6 U het hom net `n bietjie minder as `n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekro...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons is besig om te beplan hoe en wanneer ons weer na tradisionele eredienste gaan terugkeer. Tydens `n informele gesprek met `n lidmaat, gesels ons oor die sang-element. Uit die aard van die saak is dit moeilik om erediens te hou sonder om te sing. Hierdie het my laat wonder: hoe belangrik is sang regtig vir ons? `n Onlangse studie in Amerika het hierdie vraag uit `n ander hoek benader. Die studie, gelei deur professor Michael Trapper, het `n onderskeid gemaak tussen populêre geestelike aanbiddingsmusiek ("worship songs") en "Hymns" (tradisionele gesange). In beide van hierdie kategorieë, het die studie egter gewys dat daar `n gebrek aan diepte in die lirieke is. Die studie fokus veral op die uitbeelding van God drie-enig, wat in albei hierdie soorte aanbiddingsliedere `n leemte laat. In liedere wat wél op `n manier na God in die konteks van die drie-eenheid verwys, lyk dit so: Gesange God as vader 16% God die seun 68...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Na aanleiding van gister se oordenking, wil ek vandag uit `n ander hoek na gelowigwees en kerkwees kyk. `n Onrusbarende artikel het onlangs bewoord wat ons lankal hoor, naamlik dat á l hoe meer jongmense die Duitse Evangeliese Kerk verlaat, en dat hulle á l hoe meer weier om hulle kerkbydrae te betaal. In Duitsland werk die sisteem anders. As jy met geboorte as `n lid van die kerk geregistreer word, beteken dit dat jou kerkbydrae outematies by jou belasting gehef word. `n Klomp jongmense probeer egter hierdie verantwoordelikheid vryspring deur of uit die kerk te bedank, óf om te eis dat hulle self bepaal hoeveel hulle aan die Kerk wil bydra. Die dieper tendens is egter belangrik. In 2019 het 542 000 mense (hoofsaaklik tussen 20 en 35 jaar oud) uit die evangeliese en Rooms-Katolieke kerke bedank. In `n 2014 studie het die kerkbelasting egter die sesde plek ingeneem in die lys van redes waarom jongmense die kerk verlaat. Die grootse rede blyk te ...