Posts

  GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 5 NOVEMBER Job 5:1-7 Is alles wat met my gebeur regverdig? Elifas sit sy gesprek met Job voort. In die eerste plek sê hy vir hom dat dit nie veel gaan help om verbitterd te wees nie, want niemand gaan na hom luister nie. Hy is selfs bietjie sarkasties as hy insinueer dat daar nie eers 'n engel is wat hom kan help nie. Waaroor gaan die hele argument? Job glo dat hy onskuldig deur God "getreiter" word (Job 3). God is onregverdig in die wyse waarop Hy hom hanteer; hy het mos niks verkeerds gedoen nie. Elifas, daarenteen, suggereer baie duidelik dat Job nie moet dink dat hy so onskuldig is nie. Om dít te verstaan, moet ons begryp dat Elifas een van die mense van sy tyd was wat geglo het dat dít wat met jou gebeur, die gevolg is van iets wat jy gedoen het. Anders gestel: as 'n mens A doen, gaan B met jou gebeur; omgekeerd, as B met jou gebeur, dan is dit omdat jy A gedoen het. Daar word gewoonlik na hierdie tipe denke as...
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 4 NOVEMBER Job 4:1-21 Mense in pyn; moet ons ondersteun, of verduidelik? In Job 3 stort Job sy smart en frustrasie voor God uit: Waarom? Waarom juis ek, wat U my lewe lank gedien het? Die eerste van Job se drie vriende besluit dit is nou tyd om met Job te praat. Of hy die regte aanslag gebruik, is ek nie seker nie. Wat Job waarskynlik nodig het, is iemand wat gewoon net sy pyn en swaarkry met hom kan deel, wat iets verstaan van sy frustrasie met God. Elifas kom egter met 'n tipe verwyt. Job, jy is die een wat soveel ander mense in die verlede gehelp en ondersteun het; hoe is dit nou moontlik dat jy op moedverloor se vlakte sit? Wat beteken die feit dat jy God al die jare gedien het nou vir jou? Asof dit nie genoeg is nie, impliseer Elifas verder dat Job nie moet dink dat hy so onskuldig is nie, asof hy nooit iets verkeerds teenoor God gedoen het nie. "Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van die Here?", is die vraag wat Elifas aan Job...
  GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 3 NOVEMBER Job 3:16-26 Waarom? Waarom? Waarom? Job worstel met presies dieselfde vraag waarmee ons dikwels in die lewe worstel. Waarom laat God dit of dat met my gebeur? Het ek dan iets verkeerds gedoen? "Waarom moes God dan die lewenslig gee aan 'n man wat net swaarkry … ?", skree Job dit as't ware uit. In Job 1:10 staan daar dat God Job beskerm het en hom voorspoedig in alles gemaak het. Job beleef egter tans niks daarvan nie, daar is "vir hom geen pad vorentoe nie". Is dit die punt waar Job God finaal uit sy lewe dryf? Ons moet versigtig wees om so 'n afleiding te maak. Die sleutel tot die verstaan van Job se optrede lê juis in die feit dat hy steeds met God in gesprek is. Dit is waar, hy daag God uit om vir hom antwoorde te gee, maar hy sny nie sy verhouding met God af nie. Hy maak daarop staat dat die God wat hy al die jare aanbid het, hom sal antwoord. Hy is nie bereid om te aanvaar dat God hom verg...
  GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 2 NOVEMBER Job 3:1-15 Job se smart kry die oorhand oor hom Uiteindelik kom Job by die punt waar hy nie meer die lyding kan verduur nie, nog minder dit verstaan. As die lewe dan net uit swaarkry, pyn en lyding bestaan, wat is die sin daarvan? Toe sy vrou met hom gepraat het, het hy nog kans gesien vir alles. Nou nie meer nie. Sy drie vriende sit boonop nou al sewe dae by hom, maar hulle sê niks. Dan kook Job as't ware oor: "Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie …." Indien dit die geval was, sou hy nie al hierdie dinge hoef deur te gemaak het nie. En as hy dan wel gebore moes word, sou hy eerder verkies het om onmiddellik te sterf. Dan kon hy nou rustig saam met die dooies gewees het. In plaas daarvan, moet hy 'n lewe van hel deurmaak. Wat hier met Job gebeur, is 'n draaipunt in sy lewe. Hy is nie meer gewillig om te aanvaar dat die lewe (sy God?) sy lewe so vernietig nie. Het Job sy geloof fin...
  Liewe gemeente, Ons kyk vandag weer na Eksodus 34:6-7 , en die tweekantige beskrywing van God. Aan die een kant, die mooi beskrywing van sy liefde en genade, en aan die ander kant die onverbiddelike oordeel wat niemand kan ontsnap nie. Ons het aan die hand van `n paar tekste hierdie week gesien hoe die genade-karakter van God heeltyd die oorhand kry. Om te verstaan waarom daar nog steeds in Eksodus van God se oordeel gepraat word, moet ons iets van die verbond verstaan. Eksodus 34:6-7 vind plaas na die insident van die goue kalf. God moet Homself weer aan sy volk verbind, nadat hulle die verbond verbreek het. In die Nabye Ooste was die verbond of ooreenkoms baie algemeen, en het dit `n spesifieke struktuur gehad. Eers is daar `n historiese terugblik, die verbond word uiteengesit, en dan is daar `n seën en vloek-gedeelte. Dit behels dat daar gevolge is as die ooreenkoms verbreek word( soos enige kontrak). Om hierdie rede lees ons dan in Eksodus 34 van die wraakg...
  Liewe gemeente, Ons kyk vandag weer na Eksodus 34:6-7, waar God se karakter in terme van oordeel en genade beskryf word. Vandag kyk ons hoe hierdie vers in die Psalms geinterpreteer word. In Psalm 85:16 lees ons: "U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou". Hierdie woorde vind plaas waar die psalmdigter `n petisie of versoek na die Here bring. Die psalmdigter is hulpeloos en arm (v1) en smeek om genade. In vers 15 beroep hy homself op God se genade. Let op dat gedeelte waar God se oordeel beskryf word (Eksodus 34:7) nié hier aangehaal word nie. God se genade word eerder beklemtoon. Psalm 103:8 lees: "Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde". Hierdie is `n lofpsalm wat God loof en prys vir wat Hy ís en doén. Die volgende vers verduidelik iets van God se genade: "Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie". Weereens is daar geen verwysing...
  Liewe gemeente, Ons dink steeds na oor die karakter van God. Eksodus 34:6-7 is `n kernteks in hierdie verband. Hierdie teks word dwarsdeur die Ou Testament aangehaal en geherinterpreteer. Ons vind die teks oorspronklik in die konteks van God se verbond, of huwelik met sy volk. Hy verbind hom aan Moses en die volk met hierdie woorde, en dít nadat hulle die goue kalf aanbid het, en God weer oor begin het met die verbond. Die teks lees so: Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” Hier vind ons die twee kante van God, liefde en oordeel. Vandag wil ek kyk hoe die boek Jona hierdie konsep hanteer. Jona is `n oordeelsprofeet. Jy word na Ninevé ...