GEDAGTE VIR DONDERDAG (30 JULIE) In aansluiting by gister se gedagte, wil ek graag hê ons moet kyk na Lukas 14 : 25 – 33 waar daar die volgende staan: 25 'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: 26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. 28 “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? 29 Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. 30 Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’ Jesus stel dit baie duidelik dat, om Hom te volg, nie sommer ‘n vinnige, impulsiewe besluit kan wees nie. Ons mo...
Posts
Showing posts from July, 2020
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR WOENSDAG (29 JULIE) Die profete van die Ou Testament was mense wat spesiaal deur God geroep is om sy wil aan die volk Israel bekend te maak. Hulle het ook die opdrag gehad om die volk tereg te wys as hulle verkeerd opgetree het. In Jesaja 6 vertel die profeet Jesaja ons van sy roeping as profeet: 8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” 9 Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.” Om ‘n profeet te wees, was in ‘n sekere sin ‘n baie ondankbare taak. Mens kan jou indink dat die volk nie altyd daarvan gehou het om op hulle foute gewys te word nie, nog minder daarvan om voorskrifte te ontvang. Daar was dus dikwels ‘n soort van antagonisme teenoor die profete. Tog het hulle, ten spyte daarvan, onverskrokke met hulle taak voortgegaan. Ons sê dikwels dat ons graag wil getuig vir God, maar dat mens...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DINSDAG (28 JULIE) In Efesiërs 4 : 17 – 24 praat Paulus oor die ou en die nuwe lewe: 17 In die Naam van die Here doen ek 'n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, 18 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. 19 Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met 'n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. 20 Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. 21 Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. 22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. ‘n Mens sou verwag dat hy dan onmiddellik sou begin om ‘n “gespesifiseerde lys” te maak van wat ons moet doen en wat ons nie moet doen nie. Dit is egter nie wat hy doen nie....
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR MAANDAG (27 JULIE) Die skrywer van Psalm 71 moet redelik bejaard wees, soos ons kan aflei uit vers 9: 9 Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie. Met hierdie woorde vra hy dat die Here hom moet beskerm teen almal wat teen hom saamsweer en sy lewe bedreig. Hy baseer hierdie versoek op iets baie spesifieks waarvan ons in verse 5 en 6 lees: 5 want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. 6 U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. Wat hy hier sê, is: Here, U is die Een op wie ek nog altyd kon vertrou, die Een wat my nooit in die steek gelaat het nie. Daarom is ek oortuig dat ek by U kan skuil, dat U my sal red en bevry (v 1 – 2). Hy is absoluut oortuig dat God sy rots en vesting is (v 3), want God het dit nog altyd in die verlede gedoen. Is dit nie bemoedigend dat ons op ‘n God kan vertrou wat ‘n bewese rekord het nie, wat ons male ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek kyk onlangs na `n onderhoud met die Amerikaanse kortverhaalskrywer, George Saunders. Hy verwys na die donker,deurmekaar wêreld waarin ons tans leef, en noem dat ons nou "radical tenderness" nodig het. Sy opmerkings was glad nie in `n godsdienstige konteks gemaak nie, maar dit het my nogtans laat dink. Hierdie "radical tenderness" behoort deel van elke gelowiges se lewenswyse te wees. `n Onlangse artikel verwys juis na christene se rol in die huidige pandemie (http://time.com/early -christian-caritas-coronavirus/).Die artikel maak melding van die feit dat baie die meerderheid gelowiges in die VSA vandag ` n ongeërgte houding teenoor die krisis inneem. Dit staan reglynig teenoor die voorbeeld van die vroeë kerk. Die vroeë kerk se optrede is met die Latynse woord “caritas” verbeeld. Ons woord "charity" is juis van hierdie woord afgelei, maar in die Nuwe Testament verwys dit na `n radikale soort liefde e...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons het Maandag bietjie oor toekomsvisie gesels. Vandag wil ek oor die verlede nadink. `n Onlangse artikel het juis die onderwerp op `n interessante manier aangepak (www. christianitytoday.com/ct/2020/july-web-only/sabella-nostalgia-spiritually-dangerous-covid-golden-calf.html). Omdat ons in `n pandemie-toestand leef, kan ons so maklik terugverlang na "die goeie ou dae". Die artikel verwys daarna deur die uittog uit Egipte as voorbeeld te gebruik. Die titel van die artikel beskryf die inhoud op `n treffende wyse: "Our Nostalgia is Spiritually Dangerous". Let op die subtitel: "Why we shouldn’t worship the golden calf of the ‘pre-COVID’ days". Die beeld van Israel by Sinaiberg vorm die hoofbetoog van die artikel. Die volk het bevryding uit Egipte beleef, wat saamgegaan het met talle wonderwerke. Nogtans was daar `n hunkering na die verlede. Terwyl Moses bo-op die berg was, het die volk se nostalgie oorg...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek lees onlangs `n artikel oor die sogenaamde Disney "Prinses-teologie"(ek het die artikel aanvanklik op Christianity Today se webblad raakgelees, maar kom dit later nie meer opspoor nie. Ek kry toe `n ander verwysing na die artikel op `n nader webtuiste, wat `n uiters waardevolle bespreking insluit:www. patheos.com/blogs/religionprof/2020/06/white-christianity-and-disney-princess-theology.html). Die skrywer skryf eintlik die artikel in die konteks van die relevante, maar uiters ongemaklike onderwerp van rassisme. Ek wil vandag by die Disney-prinses beeld stilstaan omdat dit vir ons iets belangrik van die Bybel leer. Die skrywer noem dat ons christene met `n Disney-bril na die Bybel kyk. Dit beteken dat ons onsself as die prinses in elke verhaal sien. Ons is altyd Ester, nooit Ahasveros of Hamman nie. Ons assosieer met Petrus, maar nooit Judas nie. Ons sien onsself in die vrou wat Jesus salf, maar nooit as die Farise ërs nie. Ons bel...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek luister laasweek hoe `n sielkundige vertel van die eise wat die Covid 19-pandemie aan ons stel. In die sielkunde praat hulle van "Gestalt" , `n moment waar mens by jou situasie in die oë kyk en by `n tipe van `n resolusie uitkom. Sy noem dat ons in die huidige pandemie nié `n toekomsperspektief het nie, omdat dit bloot onmoontlik is om te bepaal hoe dinge oor `n maand (of selfs `n week!) van nou af gaan lyk. Omdat ons nié met `n toekomperspektief leef nie, kan ons nie by die "Gestalt " uitkom nie. In die lig daarvan, wil ek vandag so bietjie oor die toekoms dink en by die profeet Esegiël stilstaan. Die profeet Esegiël bevind hom saam met die ballinge in Babilonië. Die boek Esegiël verwoord die volk se poging om sin te maak van die ballingskap. In hoofstuk 47 (die voorlaaste hoofstuk) lees ons van `n nuwe Jerusalem. Die hoofstuk vertel hoe `n stroompie water vanuit die tempel uiteindelik die `n watermassa sal word en genesi...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DONDERDAG (16 JULIE) Daar is wonderlike teksgedeeltes in die Ou Testament. Ek het die voorreg gehad om, nadat ek klaar was met my teologiese studies, nog ‘n paar jaar verder te studeer. In hierdie tyd het ek veral op die boek Miga gekonsentreer. Een van die teksverse wat my sterk aangespreek het, was Miga 6 : 8 8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Voordat hy by hierdie stelling kom, vra Miga in die voorafgaande gedeelte die vraag: Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Dalk ‘n klomp groot offers? Selfs sy eersgeborene offer? Dan kom die verrassende antwoord. Dit gaan nie oor wat of hoeveel jy na die Here toe bring nie. Die Here vra net dat ons met ‘n lewe van toewyding voor Hom kom staan. Laat reg geskied, bewys liefde en trou, leef bedagsaam (in toewyding) voor jou Here. Ek het al baie in my lewe gewo...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR WOENSDAG (15 JULIE) Naas Psalm 23, is daar nog ‘n psalm wat my persoonlik baie naby aan die hart lê, en dit is Psalm 91. Een van ons gemeentelede vra my onlangs: Noem vir my jou gunstelingbybelgedeelte, sodat ek jou naam daarby kan skryf. My antwoord was: Psalm 91. 1 Hy/sy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2 hy/sy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Wat maak hierdie psalm so besonders? Wat my onmiddellik opval, is die “volgorde” van die psalm. Daar word begin deur daarna te verwys dat daar mense is wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet. Die interessante is dat daar dus gesuggereer word dat God die Een is wat die inisiatief neem, Hy gee die skuiling en beskerming vanuit die staanspoor, uit sy eie. Hy sit nie en wag dat ons dit eers moet “verdien” nie. Hy gee dit in elk geval. Wat dan volg, is dat diegene wat dit aanvaar, spontaan reageer ...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DINSDAG (14 JULIE) Vandag wil ek graag stilstaan by Filippense 3 : 7 – 9. (7) Maar wat eers vir my `n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, (8) ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry (9) en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat `n mens in Hom glo. Hierdie gedeelte laat my altyd terugdink aan my pa, wat ook predikant was. In die Bybel wat my ma kort voor haar dood aan my gegee het, staan daar by hierdie teksgedeelte die volgende met pen ingeskryf: “Maatjie het in 1946, na aanleiding van hierdie teks, finaal besluit om sy werk te bedank en vir sewe jaar lank terug te gaan Universiteit toe om predikant te gaan studeer.” My pa (my ma en ons drie seuns het hom “Maatjie”...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR MAANDAG (13 JULIE) Ek wil graag hierdie week met julle ‘n paar teksgedeeltes deel wat vir my besondere betekenis het of iewers in my lewe ‘n bepaalde rol gespeel het. Ek wil graag begin met Psalm 23. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5 U laat my by `n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos `n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Dit is seker die teksgedeelte waaroor ek al die meeste in my lewe gepreek het, hartseer genoeg, gewoonlik op begrafnisse. So, as ek hierdie psalm lees, herinner dit my elke keer aan die verganklikheid van die lewe en die feit dat ...
- Get link
- X
- Other Apps
Dagstukkie Donderdag 9 Julie 2020. Liewe gemeente Daar is tans soveel negatiewe berigte en stories in die media en selfs in ons eie gesprekke wat oor plaasmoorde, geweld teen vroue en kinders en Covid19 gaan, en dit is belangrike seer gebeurtenisse wat deel is van die geskiedenis van die tyd waarin ons leef. Die probleem met so ‘n oorheersende vloed van negatiewe berig gewing is dat ons fokus bietjie verdwaal. ‘n Oudlidmaat wat nogsteeds met my kontak het vra my in ‘n whatsapp: “Ds Cois ek is verward, help my bietjie want ek weet nie meer wat om te bid nie. Het God die pandemie oor ons gebring? Want as Hy het kan ek mos nie bid dat Hy dit moet wegvat nie. Kan ek bid dat my kinders hul werk sal hou terwyl soveel mense hul werk verloor.” Opregte bekommernis van die dierbare tannie. Miskien is daar nog iemand wat met die vrae worstel. My antwoord aan haar was:, “My dierbare tannie dit is nie God wat die pandemie oor ons gebring het nie, dit is die mens met sy morsige leefwyse daar in Wuha...
- Get link
- X
- Other Apps
Dagstukkie Woensdag 8 Julie 2020. Goeie môre gemeente. Ek dink vandag aan die invloed wat musiek op die mens gehad het deur al die eeue. Baie jare gelede het ‘n egpaar wat baie jonger as ons was, en baie goeie huisvriende van ons, se huwelik deur ‘n “afwesig van mekaar” tyd gegaan. Hulle het met my kom praat en na die gesprek het ek net besef hulle is besig om mekaar te verloor omdat hulle mekaar nie meer hoor nie. Ek besluit toe om vir hulle ‘n lied te skryf waarin hulle weer na mekaar kan luister. ‘n Lied wat ‘n gesprek tussen hulle moet wees waarin hulle weer mekaar se harte kan hoor. Ek het toe die lied geskryf, getoonset en vir hulle gegee. Gelukkig is die vroutjie musikaal en kon sy die lied vir hulle op die klavier speel en sing....vandag is hulle kinders al groot en hulle is steeds dol verlief en gelukkig. Ken jy 1 Ken jy die rooi van ‘n ryp granaat Verstaan jy die hartklop van jou lewensmaat Ken jy die roep van ‘n Piet-my-vrou Verstaan jy ha...
- Get link
- X
- Other Apps
Dagstukkie Dinsdag 7 Julie 2020. Liewe Gemeente Ek wil nie vandag oor groot teologiese dinge skryf nie. Ek wil sommer net saam met jou kuier. Ek het vir my ‘n lekker koppie koffie gemaak en ek wil jou vertel van die keer toe ek namens ‘n ongebore babatjie ‘n brief geskryf het. Die storie het nogal ‘n humoristiese begin gehad. Ek was taamlik oorlaai met werk en het besluit om vir my ‘n persoonlike seketaresse aan te stel wat dan net op my projekte sal werk. Toe die advertensie in die koerant verskyn sit Pop ‘n voorbidding deur en vra: ‘Bid asb dat Cois die regte meisie sal kry vir hom.’ Die voorbidding versoek het n paar giggles gehad.. Ek het toe die regte meisie gekry, sy het pas klaar geswot en ek is haar eerste werkgewer. Van dag een af het dinge vlot verloop. ‘n Paar jaar later is sy getroud en die eersteling uit die huwelik was n seuntjie. Twee jaar later is sy weer swanger en hoe verder die swangerskap gevorder het het ek agter gekom iets is verkeerd en so ‘n maand voor die dogte...
- Get link
- X
- Other Apps
Dagstukkie Maandag 6 Julie 2020. Geliefdes in die Here, ek sit en dink aan hoeveel mense het al seer gekry bloot deur die feit dat daar vooroordeel oor hulle gefel word. Ek dink ook aan hoeveel mense se potentiaal het ‘n knou gekry omdat hulle krities veroordeel word vanuit die menslike oogpunt. Ek dink altyd aan wat Johannes vir ons geskryf het 1 Joh. 2:6 “Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.” Hierdie vers plaas vir my die verhaal van:, “my naaste,” en die barmhartige Samaritaan in perspektief. Jesus het nie met ‘n BLM plakaat rond geloop nie, Hy het met die evangelie gekom wat noual vir meer as 2000 jaar verkondig: ALM. ( ALLE LEWENS MAAKSAAK.) Kom ek vertel julle van iemand wat deur almal verwerp is en my pad gekruis het. Hierdie persoon, die verworpene, het my lewe onherroeplik verryk. Ek het baie jare gelede ook hiervan getuig, maar ek het so baie geleer uit hierdie ervaring dat ek dit graag weer met julle wil deel. Hier in die sewentigs is...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons dink steds rondom die tema van ons lewe as `n erediens. Vandag fokus ons op die element van offergawe, wat `n belangrike rol in ons eredienste speel. Ons lees in Deuteronomium 26 van `n interessante ritueel in ou Israel. Hulle het as deel van `n oesfees elke jaar die eerste opbrengs van die oes na die heiligdom gebring om aan die Here te offer. Die gedagte agter hierdie gebruik lê daarin dat die Here die erkenning kry vir die oes. Die boere wéét dat hulle uitgelewer is aan die elemente van die natuur, en daarom is hulle dankbaar as die oes `n sukses is. Die offer van die eerstelinge van die oes is `n manier om God die eer vir die opbrengs te gee. Die volk het dit egter nie daar gelaat nie. Deuteronomium 26 lyk amper soos `n geloofsbelydenis(v5-9). Sommige kenners meen die hoofpunte van Israel se geskiedenis by hierdie fees geresiteer is as `n geloofsbelydenis. Hulle godsdiens, en daarmee hulle belewenis van God se ingrype in hulle lewe en ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons dink steeds aan ons lewe as `n erediens, en om hierdie rede spandeer ons tyd aan die verskillende elemente van die tradisionele erediens. Vandag dink ons aan die lof en aanbiddings-element. Ek dink aan die bekende Florandia-lied waar ons die Heilige Gees se inwoning in ons harte besing. Die lied bevat die mooi woorde: "U teenwoordigheid bring alle mense tot aanbidding (Florandia 90: Tempel van die Gees). Ons is gewoond om die lof en aanbiddings liedere tydens die erediens in te pas, maar weerklink dit regtig in ons lewens? Die inperkingstyd leer ons hoe ons lewensuitkyk ons situasie bepaal. Ons kan óf kies om die donkerte en die onsekerheid raak te sien, óf ons kan kies om die mooi en opbouende raak te sien. Ons word elke dag gekonfronteer met slege nuus en donker vooruitsigte. Ons kan toelaat dat dit ons gedagtes oorneem, óf ons kan kies om die mooi óók raak te sien. Lof en aanbiddings geleenthede is elke dag rondom o...