GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 5 NOVEMBER Job 5:1-7 Is alles wat met my gebeur regverdig? Elifas sit sy gesprek met Job voort. In die eerste plek sê hy vir hom dat dit nie veel gaan help om verbitterd te wees nie, want niemand gaan na hom luister nie. Hy is selfs bietjie sarkasties as hy insinueer dat daar nie eers 'n engel is wat hom kan help nie. Waaroor gaan die hele argument? Job glo dat hy onskuldig deur God "getreiter" word (Job 3). God is onregverdig in die wyse waarop Hy hom hanteer; hy het mos niks verkeerds gedoen nie. Elifas, daarenteen, suggereer baie duidelik dat Job nie moet dink dat hy so onskuldig is nie. Om dít te verstaan, moet ons begryp dat Elifas een van die mense van sy tyd was wat geglo het dat dít wat met jou gebeur, die gevolg is van iets wat jy gedoen het. Anders gestel: as 'n mens A doen, gaan B met jou gebeur; omgekeerd, as B met jou gebeur, dan is dit omdat jy A gedoen het. Daar word gewoonlik na hierdie tipe denke as...
Posts
Showing posts from November, 2020
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 4 NOVEMBER Job 4:1-21 Mense in pyn; moet ons ondersteun, of verduidelik? In Job 3 stort Job sy smart en frustrasie voor God uit: Waarom? Waarom juis ek, wat U my lewe lank gedien het? Die eerste van Job se drie vriende besluit dit is nou tyd om met Job te praat. Of hy die regte aanslag gebruik, is ek nie seker nie. Wat Job waarskynlik nodig het, is iemand wat gewoon net sy pyn en swaarkry met hom kan deel, wat iets verstaan van sy frustrasie met God. Elifas kom egter met 'n tipe verwyt. Job, jy is die een wat soveel ander mense in die verlede gehelp en ondersteun het; hoe is dit nou moontlik dat jy op moedverloor se vlakte sit? Wat beteken die feit dat jy God al die jare gedien het nou vir jou? Asof dit nie genoeg is nie, impliseer Elifas verder dat Job nie moet dink dat hy so onskuldig is nie, asof hy nooit iets verkeerds teenoor God gedoen het nie. "Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van die Here?", is die vraag wat Elifas aan Job...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 3 NOVEMBER Job 3:16-26 Waarom? Waarom? Waarom? Job worstel met presies dieselfde vraag waarmee ons dikwels in die lewe worstel. Waarom laat God dit of dat met my gebeur? Het ek dan iets verkeerds gedoen? "Waarom moes God dan die lewenslig gee aan 'n man wat net swaarkry … ?", skree Job dit as't ware uit. In Job 1:10 staan daar dat God Job beskerm het en hom voorspoedig in alles gemaak het. Job beleef egter tans niks daarvan nie, daar is "vir hom geen pad vorentoe nie". Is dit die punt waar Job God finaal uit sy lewe dryf? Ons moet versigtig wees om so 'n afleiding te maak. Die sleutel tot die verstaan van Job se optrede lê juis in die feit dat hy steeds met God in gesprek is. Dit is waar, hy daag God uit om vir hom antwoorde te gee, maar hy sny nie sy verhouding met God af nie. Hy maak daarop staat dat die God wat hy al die jare aanbid het, hom sal antwoord. Hy is nie bereid om te aanvaar dat God hom verg...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 2 NOVEMBER Job 3:1-15 Job se smart kry die oorhand oor hom Uiteindelik kom Job by die punt waar hy nie meer die lyding kan verduur nie, nog minder dit verstaan. As die lewe dan net uit swaarkry, pyn en lyding bestaan, wat is die sin daarvan? Toe sy vrou met hom gepraat het, het hy nog kans gesien vir alles. Nou nie meer nie. Sy drie vriende sit boonop nou al sewe dae by hom, maar hulle sê niks. Dan kook Job as't ware oor: "Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie …." Indien dit die geval was, sou hy nie al hierdie dinge hoef deur te gemaak het nie. En as hy dan wel gebore moes word, sou hy eerder verkies het om onmiddellik te sterf. Dan kon hy nou rustig saam met die dooies gewees het. In plaas daarvan, moet hy 'n lewe van hel deurmaak. Wat hier met Job gebeur, is 'n draaipunt in sy lewe. Hy is nie meer gewillig om te aanvaar dat die lewe (sy God?) sy lewe so vernietig nie. Het Job sy geloof fin...