Posts

Showing posts from October, 2020
  Liewe gemeente, Ons kyk vandag weer na Eksodus 34:6-7 , en die tweekantige beskrywing van God. Aan die een kant, die mooi beskrywing van sy liefde en genade, en aan die ander kant die onverbiddelike oordeel wat niemand kan ontsnap nie. Ons het aan die hand van `n paar tekste hierdie week gesien hoe die genade-karakter van God heeltyd die oorhand kry. Om te verstaan waarom daar nog steeds in Eksodus van God se oordeel gepraat word, moet ons iets van die verbond verstaan. Eksodus 34:6-7 vind plaas na die insident van die goue kalf. God moet Homself weer aan sy volk verbind, nadat hulle die verbond verbreek het. In die Nabye Ooste was die verbond of ooreenkoms baie algemeen, en het dit `n spesifieke struktuur gehad. Eers is daar `n historiese terugblik, die verbond word uiteengesit, en dan is daar `n seën en vloek-gedeelte. Dit behels dat daar gevolge is as die ooreenkoms verbreek word( soos enige kontrak). Om hierdie rede lees ons dan in Eksodus 34 van die wraakg...
  Liewe gemeente, Ons kyk vandag weer na Eksodus 34:6-7, waar God se karakter in terme van oordeel en genade beskryf word. Vandag kyk ons hoe hierdie vers in die Psalms geinterpreteer word. In Psalm 85:16 lees ons: "U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou". Hierdie woorde vind plaas waar die psalmdigter `n petisie of versoek na die Here bring. Die psalmdigter is hulpeloos en arm (v1) en smeek om genade. In vers 15 beroep hy homself op God se genade. Let op dat gedeelte waar God se oordeel beskryf word (Eksodus 34:7) nié hier aangehaal word nie. God se genade word eerder beklemtoon. Psalm 103:8 lees: "Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde". Hierdie is `n lofpsalm wat God loof en prys vir wat Hy ís en doén. Die volgende vers verduidelik iets van God se genade: "Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie". Weereens is daar geen verwysing...
  Liewe gemeente, Ons dink steeds na oor die karakter van God. Eksodus 34:6-7 is `n kernteks in hierdie verband. Hierdie teks word dwarsdeur die Ou Testament aangehaal en geherinterpreteer. Ons vind die teks oorspronklik in die konteks van God se verbond, of huwelik met sy volk. Hy verbind hom aan Moses en die volk met hierdie woorde, en dít nadat hulle die goue kalf aanbid het, en God weer oor begin het met die verbond. Die teks lees so: Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” Hier vind ons die twee kante van God, liefde en oordeel. Vandag wil ek kyk hoe die boek Jona hierdie konsep hanteer. Jona is `n oordeelsprofeet. Jy word na Ninevé ...
Image
  Liewe gemeente, Ek deel vandag `n paar gedagtes rondom die bekende twee-paneel kunswerk van Jan van Eyck, getiteld: The Crucifixtion and the Last Judgement diptych”. Hierdie skildery is waarskynlik in 1440-1442 voltooi en elke paneel is maar 22 duim hoog en 8 duim breed. Nogtans is daar baie detail in hierdie klein formaat. Kenners meen dat hierdie twee panele oorspronklik `n middelste paneel omraam het, wat nou verlore is. Ek wil graag op die dubbel-tema van die skildery fokus. Kom ons kyk egter eers na in detail na die twee panele. Die linkerkantste paneel beeld die kruisiging uit. Die kruis is in die agtergrond,met die prentjie van van Jerusalem (in die moosie detail!) in die verte. In die voorgrond sien ons Maria (in die blou rok) wat inmekaarsak van die hartseer, terwyl Johannes haar probeer regop hou. Regs van hulle is Maria Magdalena, `n toonbeeld van paniek en weerloosheid. Sy is die enigste persoon in die paneel wat reguit na Jesus kyk. In die middel ...
  GEDAGTE VIR DIE DAG DONDERDAG 22 OKTOBER Job 2:7-13 Satan is onstuitbaar, maar …. Satan brand met sy volle arsenaal op Job los. Die resultaat is dat Job se hele lyf, van sy kop tot sy tone, oortrek is met pynlike swere. Heel moontlik uit moedeloosheid gaan sit Job letterlik op 'n ashoop en krap hierdie seer plekke met 'n potskerf. Alhoewel ons tot dusver nog niks van haar gehoor het nie, word daar nou vertel dat Job se vrou na hom toe kom. Sy kan nie verstaan dat Job, ten spyte van alles wat al gebeur het, steeds lojaal aan God bly nie. So speel sy natuurlik verder in Satan se hand, al het sy dit waarskynlik nie so verstaan nie. "Bly jy nog steeds vroom?" Raak van jou frustrasies ontslae; vloek God liewer, al beteken dit dat jy moet sterf! Al kom hierdie woorde van sy eie vrou af, bly Job sterk: ons moet bereid wees om die goeie én die slegte wat van God af kom te aanvaar. Job se drie vriende daag op om hom te troos. So sleg lyk hy dat hulle hom...
  GEDAGTE VIR DIE DAG WOENSDAG 21 OKTOBER Job 2:1-6 Asof Job nie reeds genoeg gely het nie …. Ek kan my voorstel dat God graag vir Satan sou wou tong uitsteek en sê: Jy moes van beter geweet het as om te dink dat jy Job geestelik sou knak en dat Hy My as God sou verwerp. Onthou jy wat Ek jou vertel het, Satan? "Sy gelyke kry jy nie op aarde nie … Hy het vroom gebly, al het jy my daartoe gebring om hom sonder rede te ruïneer." Ek kan my ook indink dat daar groot vreugde in God se hart was dat sy kind Hom nie in die steek gelaat het nie. Terselfdertyd moet ons egter een ding onthou: Satan gee nie maklik moed op nie. Hy sal nie erken dat hy die tweestryd met God verloor het nie. Sy verweer is dat dit nie werklik 'n goeie toets vir Job was nie. Hy het weliswaar sy kinders en sy besittings verloor, maar self het hy fisies niks oorgekom nie. Satan is oortuig dat as Job die teenspoed letterlik aan sy eie lyf voel, hy anders sal reageer. God besluit om Satan t...
  GEDAGTE VIR DIE DAG DINSDAG 20 OKTOBER Job 1:13-21 Die ware toets vir Job Satan laat nie gras onder sy voete groei nie - hierdie tweegeveg met God wil hy wen. Wat volg, is amper soos die spreekwoordelike chaos wat losbars. Eers is dit die osse en donkies wat geroof word, en net een slaaf oorleef om dit te kom vertel. Daarna is dit die weerlig wat al die vee, selfs die wagters, doodslaan. Die kamele word geroof en weer eens word al die slawe doodgemaak. Asof dit nie genoeg is nie, kom die finale doodsteek: "Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood." Probeer jouself indink wat deur Job se gedagtes moes gegaan het. Letterlik binne 'n oomblik word sy totale lewe op sy kop omgekeer: van 'n sorgvrye, voorspoedige man, word hy gereduseer tot 'n arm man, sonder enige kinders. Ons onmiddellike verwagting is waarskynlik dat Job totaal en al sy selfbeheers...
  GEDAGTE VIR DIE DAG MAANDAG 19 OKTOBER Job 1:1-12 Dit is maklik om God te dien, behalwe as …. In die eerste vers van die boek Job word ons aan die hoofkarakter van die verhaal voorgestel. Reg aan die begin word dit duidelik gestel watter tipe mens hy was: "Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy." Wat meer sou God van sy dienaar kon verwag? Hy word ook geteken as 'n baie welvarende man. Hy het sewe seuns en drie dogters gehad, tien kinders in totaal. Sy godsdienstige lewe was uit die boonste rakke. Inderdaad 'n baie besondere en merkwaardige mens, dié Job. Vir seker was hy nie iemand met wie enigiets ooit kon skeefloop nie! Is dit regtig so? Beteken 'n gesonde en lewendige verhouding met God dat ek en jy alle pyn, hartseer en seerkry gespaar is? Kom ons kyk wat die verhaal van Job vir ons hieroor wil sê. "Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie. U beskerm hom dan … alles wat hy doen (is) voorspoedig." Klink h...
 Dagstukkie 14 Okt 2020. Liewe Gemeente, dit gebeur mos soms dat nadat jy met iemand gepraat het dat jy dink hier het jy ‘n geleentheid laat verby gaan om iets te sinvol te sê. En dit kan natuurlik oor baie onderwerpe gaan. Soms kry ons dit reg om die geleentheid reg te lees en dan gebeur daar mooi dinge. Ek dink nou aan een so n geleentheid. Van julle kan seker nog onthou dat so n paar jaar gelede het die Jehova getuies ons area, veral op Sondae, vol geloop om  traktaaitjies uit te deel. So gebeur dit dat een Sondag net nadat ek van die kerk af by die huis kom dat my hekklokkie lui. Ek sien toe dadelik dat dit twee jongmanne van  die Jehovas is met hulle boekies onder hulle arms.  Ek maak die hek oop en nooi hulle in, maar hulle wil net vir my van hulle boekies gee en ek sê bog kom in en kom drink koffie. So land ons in die sitkamer elk met n koppie koffie en ek vra hulle moet my vertel hoe kom hulle waar hulle nou is en hulle moet my oortuig van hul geloofs oortuig...
Dagstukkie 13 Okt 2020. Liewe Gemeente Jare gelede was Pop besig met haar finale sielkunde eksamens. Die eksamenlokaal waar sy die spesifieke vak moes skryf was in die Pierneefsaal en dit was op n Saterdag oggend 8 uur. Ek het haar daar afgelaai en ek was nie lus om weer huistoe te ry en later terug te kom nie en het gewonder wat om te doen om die tyd om te kry want dit was n drie uur vraestel. Oppad het ek gesien daar naby is n laerkool waar iets aangaan en ek besluit toe om te gaan kyk wat daar gebeur. Dit was toe n atletiek byeenkoms en ek kry vir my ‘n sitplek op die pawiljoen. Ek het die oggend baie geniet, lekker gekuier met die ouers om my, lekker hande geklap vir al die wenners en toe gebeur iets wat tot vandag my lewe verryk het en my ook n paar dinge anders laat doen het so met die tyd. Die groter seuns tree toe aan vir die 1200m. Onder die atlete was daar so n klein outjie wat ook deelneem. Ek het so n paar “ag siestog, gaan hy ook de...
  Dagstukkie 12 Okt 2020. Liewe gemeente Ek was eenkeer op ‘n sake besoek in Durban gewees. Ek gaan eet toe sommer vroeg in die restuarant op die grondvlak van die hotel waar ek tuis gegaan het, want ek wou nog bietjie gaan werk en voorberei vir die volgende dag se vergadering. Die plek was nog taamlik leeg want dit was maar so 19:30 en ek merk toe die jong paartjie op wat so ‘n paar tafeltjies van my af in die hoek gesit het. Duidelik baie verlief en ek dink toe so by myself, seker ‘n “honeymoon” paartjie. By die huisbak gekom oppad na my kamer toe, stap die jong paartjie saam met my in die huisbak in. Ek groet hulle toe en die jongman, terwyl hy die vroutjie styf om die middel vashou vra my toe: “Sir, do you also think that I have the most beautiful wife ever?” nogal ‘n moeilike vraag om n vreemdeling te vra. Sê ek ja, kan ek ‘n opstopper kry, sê ek nee gaan ek verseker ‘n opstopper kry. Toe antwoord ek hom so: “My vriend, die vraag wat jy my vra is irrelevant...
  Liewe gemeente, Ek wil hierdie week afsluit waar ons begin het, met die oproep in die Ou Testament na reg en geregtigheid. Ons het hierdie reg en geregtigheid van nader beskryf as naasteliefde, en dit verder ingekleur. Hierdie oproep tot naasteliefde was nié uit vrees of wet nie, maar uit `n begeerte om op te bou en om heel te maak. Nou verstaan ons Jesus se optrede tenoor die skrifgeleerdes en die kerkmense van sy tyd. Hulle het hierdie mooi tempel gehad, maar géén naasteliefde nie. Jesus het op `n keer die duiweverkopers en geldwisselaars se tafels omgegooi om `n uitspraak teen die hele tempel-bedryf te maak. Jesus se frustrasie is dieselfde as die profete van die Ou Testament. Hulle het die liefdeloosheid elke dag anskou, en nou die mense opgeroep om in liefde te leef, en reg en geregtigheid teenoor mekaar te bewys. Paulus reduseer ons hele verhoudig met God tot naasteliefde in Romeine 13. Mag ons altyd onthou dat ons roeping, en die kerk se missie,...
  Liewe gemeente, Ek wil uitbrei op die gedagte van radikale liefde vir ons  medemens (sien die afgelope twee dagstukkies). Vandag wil ek dit nog meer prakties maak met die  voorbeeld van Rick Love , iemand wat deur sy lewe gewys het dat hy Moslems regtig liefhet. Love het in die 1970`s  Christus gevind ná `n jongmenslewe van rebellie. Hy was van die begin af oortuig dat God almal lief het, en hy het hom ingeleef in sy posisie as voorsitter van Frontiers, `n organisasie wat moeite maak om met evangelisasie uitreike na moslems. Die gebeure van 9/11 het uiteindelik Love se lewe drasties verander. `n Artikel in `n tydskrif het hom uitgewys as iemand wat `n tweegesig is in sy benadering teenoor moslems. Love het baie van die gerugte ontken, maar het later bely dat hy nié altyd opgemerk het hoe hy oor ander mense praat nie. Hy het hom byvoorbeeld as `n "millitant vir Christus" beskryf, en alhoewel hy iets van sy passie vir Jesus daardeur wou verwoord, het hy nié besef wat...
 Liewe gemeente, Ek wil weer stilstaan by Calvyn se klem op geregtigheid as `n vorm van aanbidding (sien gister se boodskap). Vandag wil ek dit bietjie verder inkleur. Calvyn se wegspringpunt is dat die twee tafels van die Tien Gebooie  (liefde vir God en liefde vir jou naaste) nié los van mekaar staan nie. Calvyn lê klem op die feit dat baie gelowiges hulle liefde vir God bely, maar dat dit nié duidelik word in hulle optrede teenoor hulle medemens nie. Vir Calvyn beteken dit nie nét `n vriendelikheid teenoor jou medemens nie. Om geregtigheid teenoor jou medemens te laat geskied, beteken volgens hom die volgende: *Om gesagsfigure te respekteer: dit sluit ons ouers is, maar ook ander figure wat invloed uitoefen. *Om ons medemens se ekonomiese en fisiese gesondheid te bevorder. *Om ons medemens se reputasie te beskerm-en dus nié betrokke te raak met skinderstories en leuens wat ander se reputasie seermaak nie. *Om seksuele reinheid te bevorder-dit sluit in om dié wat uitgebuit w...
  Liewe gemeente, Ons dink vandag aan die bekende gedeelte in Miga 6:6-9. In hierdie gedeelte vra die teks wat ek sal saamvat as ek voor die Here gaan kniel. Sal ek my vee, of selfs my eersgeborene vir Hom offer?Die antwoord kom in vers:"8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God". Hierdie woordjie “reg” in die sin van reg en geregtigheid, kom dwarsdeur die profeteboeke voor. Hierdie was die praktiese, die sigbare van hulle verhouding met God-dat hulle reg en geregtigheid sal geskied orals waar hulle gaan. Ek dink dat ons te maklik die christenskap in `n dogma verander het. Hier lê egter die kern van `n verhouding met God:dat dit `n verskil sal maak in die wêreld rondom ons. Ek dink veral terug aan die Reformasie, die tyd toe die `n klomp gelowiges weggebreek het van die Rooms-Katolieke Kerk. Uit die aard van die saak was baie van ...