Liewe gemeente, `n Lidmaat sê gister vir my:" hierdie tydperk is moeilik vir die kinders". Ek dink later aan hierdie woorde en begin spesifiek nadink oor die konsep van kindwees. Ek dink veral aan die woorde van Jesus in Mattheus 18 oor kindwees in die konteks van die koninkryk van God. Mattheus 18 vers 3 lees soos volg: " Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie". Let op die volgende vers: "Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel". So dikwels lees ons hierdie verse in die konteks dat ons soos kinders moet glo. Ons moet onvoorwaardelik glo , sonder om vrae te vra. Die sosiale agtergrond help ons egter om hierdie vers beter in konteks te verstaan. Die samelewing was georden volgens `n sosiale orde, en kinders was heel onder op die rangorde. Kinders is afhanklik van ouers, en daarom was hulle volgen...
Posts
Showing posts from April, 2020
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Vandag kry ek tyd om bietjie te dink oor oorvloed en genoeg. Twee tekste draai in my gedagtes. In die eerste plek dink ek aan die Israeliete in die woestyn. Hulle moes leer om genoeg Manna (kos) vir elke dag bymekaar te maak(Eks 16). As hulle sou gulsig raak en wou stoor (ons ekwivalent van “stockpiling”) sou hulle ontnugter word. Die kos sou sleg word en hulle sou dit moes weggooi. Met ander woorde:hulle moes leer om met genoeg vir een dag op `n slag klaar te kom. Die tweede teks is Genesis 13. Abraham en Lot moes paaie skei, en hulle moes elkeen `n eie weiveld kies. Lot kies eerste en kies die mooi vrugbare grond. Abraham moes die onherbergsame deel tevrede wees. Later verander Lot se vrugbare valleie van oorvloed in Sodom en Gomorra. T é veel kan sleg wees. Die Amerikaanse historikus Simom Schama gebruik juis Genesis 13 in die aanhef van sy werk " An Embarrasment of Riches: An Interpretation of Dutch Culture in the Golden Age " . In hierdie m...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Een van die voordele van die inperking is dat `n mens tyd kry om aan dinge te dink waaraan mens nooit gewoontlik dink nie. Tyd is in hierdie opsig `n gawe. Vanoggend dink ek aan engele (waarskynlik omdat ek gisteraand na Aretha Franklin se liedjie “Angel” geluister het). Hoekom praat ons vandag so min oor engele? Is dit `n goeie ding dat die woord basies uit ons woordeskat verdwyn het? Ek lees weer wat die bekende Ou-Testamentikus Claus Westermann oor engele geskryf het in sy deeglike studie getiteld "Gottes Engel brauchen keine Flügel" oftewel: "God se engele het nie vlerke nodig nie". Hy merk op dat dit moeilik is om `n “bybelse” siening van engele te defineer, omdat die Bybel in verskillende tye verskillend oor engele praat. Hy wys dan dat die engele-tekste eintlik na God wil wys. Engele word dikwels juis geteken sonder vlerke. In tye van nood word mense getroos deur gewone mense. Eers later kom hulle agter dat dit engele was (Genesis 18 bl...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR VRYDAG (24 APR) ‘ n Deel van die saad beland tussen die onkruid, maar, word daar gesê, die onkruid het opgekom en die plante laat verstik. Jesus verklaar dit so: Die saad tussen die onkruid verteenwoordig mense wat die Woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die Woord en dit bly sonder vrug. In die algemeen gesproke wil Jesus sê dat dit baie maklik gebeur dat dinge “rondom” ons kan maak dat die Woord van die Here nie inslag by ons vind nie. Heel waarskynlik verwys “bekommernisse” hier nie na gewone alledagse bekommernisse nie, maar eerder na bekommernisse wat te doen het met die daaropvolgende verwysing na verleidelike rykdom. Dit gaan dus oor mense vir wie die welvaart van die lewe so belangrik is dat die Woord van God by hulle verbygaan. Hoe raak dit my en jou as gelowige kinders van God? Ek dink die waarskuwing is dat ons, selfs al is ons kinders van God, steeds die gevaar loop dat ons by gelee...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DONDERDAG (23 APR) Gister het ons gepraat oor die saad wat op die pad geval het en deur die voëls gevreet is. Vandag praat ons oor die saad wat op die klipbanke geval het. Die gelykenis vertel dat hierdie saad baie vinnig opgekom het. Omdat die grond egter nie diep genoeg was nie, het die saad nie wortel geskiet nie en toe die son warm word, het dit verskroei. Jesus verduidelik dit as volg. Dit verteenwoordig mense wat die Woord van God met blydskap aanneem. Dit skiet egter nie wortel nie, en die oomblik wat daar probleme of teenspoed kom, dan vergaan hierdie saad. Dit is inderdaad waar van sekere mense. Hulle hoor van God, is baie opgewonde daaroor, maar daar is geen diepte nie. Sodra dinge nie perfek verloop nie, dan verdwyn al die “blydskap”. Dit beteken dat die saad, net so vinnig as wat dit opgekom het, weer tot niet gaan. Ek het gister genoem dat hierdie gelykenis nie net op mense in die algemeen fokus nie, maar ook op my en jou persoonl...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR WOENSDAG (22 APR) Die Saaier (daar word waarskynlik na Jesus self verwys) gaan uit om te saai. Die saad val op verskillende plekke. Die eerste plek wat genoem word, is die pad. Natuurlik dink ons nie aan paaie soos in ons tyd nie, beslis nie ‘n teerpad nie. Die punt is egter dat dit ‘n harde oppervlakte is waar die saad geen kans het om te ontkiem en wortel te skiet nie. Wanneer Jesus self die gelykenis verduidelik, doen Hy dit so. Die saad wat op die pad val, verwys na mense wat die Evangelie hoor, dit nie (wil) verstaan nie, en dan kom die voëls (Satan) en vat die saad weg. Dit is maklik om baie “objektief” hierna te kyk en vir onsself te sê: Dit raak my nie eintlik nie, want dit verwys na mense wat doelbewus nie die Woord van God ernstig opneem nie. Hulle is kliphard soos ‘n pad en die Evangelie maak geen indruk op hulle nie. Ek is tog nie so nie! Dit mag wel waar wees, MAAR …. Die gelykenis funksioneer op twee vlakke. Enersyds word daa...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DINSDAG (21 APR) Ek wil graag hierdie week bietjie stilstaan by die gelykenis van die saaier, waarvan ons in Matteus 13 lees. Jesus het by die see gaan sit en ‘n groot groep mense het om Hom saamgedrom. Hy moes selfs in ‘n skuit gaan sit omdat Hy nie plek gehad het om te staan nie. Dan vertel hy hierdie gelykenis. Die saaier gaan uit om te saai. Verskillende dinge gebeur. Party saad val op die pad, ander op die rotse. Nog ander beland tussen die onkruid. Gelukkig val baie van die saad ook in die goeie grond. Wat met hierdie saad gebeur, word bepaal deur waar dit geval het. Ons gaan elke dag by een van hierdie stuasies stilstaan. Voor ons daarby uitkom, is daar ‘n ander belangrike beginsel waarvan ons moet kennis neem. Jesus, as die Saaier, is nie selektief met die saad wat Hy saai nie. Hy saai, ongeag waar die saad val. Met ander woorde, die saad is nie net vir sekere plekke (sekere mense) bedoel nie. Dit is vir almal beskikbaar. God se Evange...
- Get link
- X
- Other Apps
Maandag 20 April Goeienaand aan almal Dit het my presies 63 jaar gevat om my eerste verjaarsdag agter slot en grendel te vier. Dit was baie vreemd, maar ek en my huidige vrou het heerlik saam aandete geniet. Ek het darem die voorreg gehad om met my kinders (en my kleinseun !!!) te skype. Ai, ek verlang my morsdood na hom. Ek is seker almal van julle gaan, net soos ek, na die tyd kan vertel van sulke geleenthede wat julle in “alleenheid” moes vier. Op hierdie stadium gaan ons voort met die uitsaai van ons eredienste. Ekself sal hierdie Sondag (26 April) se erediens hanteer. Sodra ons ‘n aanduiding het wat met die “Lockdown” gaan gebeur, sal ons julle op hoogte bring van die reëlings rondom eredienste. Ek sal ook van more af weer elke dag ‘n kort oordenking op ons Facebookblad plaas. Johan plaas dit ook op sy “blog” vir diegene wat nie op Facebook is nie. NUUS OOR LIDMATE Jane van Rensburg (ons blommetannie) het verlede week ‘n beroerte geh...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ons vertoef vir oulaas by die idee van die woestynvaders(en ons eie woestyn-ervaring). `n Konsep wat nogal goed inpas by die woestynvaders is di é van pelgrim-wees. Die woestynvaders wat in die woestyn gaan woon het om die diepte van christenwees te herontdek, het iets geleer van pelgrim-wees. Die woestyn het hulle geleer dat ons almal pelgrims is, en dat pelgrims niks het wat hulle vasbind aan `n spesifieke plek nie. Kom ek stel dit anders: ons raak so behep met besittings en ons eie dinge dat ons onbewustelik ons hele lewens en al ons geluk daarop begin bou. `n Pelgrim is iemand wat lig reis. `n Pelgrim is iemand wat baie min bagasie saamdra, bloot omdat dit later te swaar raak om saam te dra. Ek vermoed dat ons nie besef hoe swaar ons werklik reis nie. `n Woestyntydperk help ons om te besef wat regtig noodsaaklik is. Ons reissake is dikwels gepak met baie besittings, en nie een van hierdie besittings kan ons in `n krisistyd hoop gee nie. Kom ons herontdek w...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Die bostaande skildery is die bekende werk van Francico de Goya getiteld " El sueno de la razon produce monstruos " oftewel: " Die rus van die rede bring monsters voort " . Let op hoe die digter aan die slaap geraak het. Sy pen het uit sy hand uit geval en l ê op die tafel. Van oral kom grillerige nagdiere na vore. Selfs die groot kat lyk nie vriendelik nie. Ek weet nie wat Goya met hierdie sklildery bedoel het nie, maar ek lees iets van ons verbeelding wat buite beheer kan raak met bangmaak-gedagtes. Terwyl ons vandag steeds aan woestyntyd en gebed dink, keer ek weer terug na Luther. Op `n keer gee hy weer praktiese raad oor gebed en s ê dat gebed maklik roetine kan word. Al wat keer dat dit ni é roetine word nie, is wannneer ons bedo é l wat ons bid. Sy raad klink so: As jy bid, dink na oor elke woord wat jy bid. Hy gebruik die Onse Vader as voorbeeld. As jy bid dat God se naam geheilig moet word moet jy vra " Hoe kan ek...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek dink in my afsondering dikwels aan die woetynvaders. Di é term verwys na `n groep gelowiges wat hier rondom die 5de eeu NC besluit het om terug te gaan woestyn toe om hulle definisie van christenskap te gaan herdink. Hulle verhaal klink so: Keiser Konstantyn het in 313NC tot bekering gekom en probeer om die hele Romeinse Ryk te verchristelik. Sy motiewe was waarskynlik goed, maar die uiteinde was dat almal gedwing was om christene te word. Die woestynvaders het gevoel dat christenskap goedkoop geraak het, en het in die woestyn gaan vertoef om in stilte en afsondering die ware kern van hulle geloof te herontdek. Hulle het veral baie gedink oor gebed. Vandag, in ons eie vorm van woestyntydtyd dink ek ook baie na oor gebed. Vanoggend lees ek spesifiek drie riglyne wat Martin Luther rondom 1535 gegee het rondom gebed. Ek deel dit met julle. Een van Luther se vriende het gesukkel om te bid. Sy gebede was geforseerd en herhalend. Luther se raad was om vir ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek deel met julle `n paar gedagtes, asook `n skrywe vir julle aandag: Liewe gemeente, Ek dink vandag aan die woorde van die Amerikaanse digter Theodor Roethke:” In a dark time, the eye begins to see”. Inderdaad. In donker, uitdagende tye sién ons werklik. Hierdie woorde spook vandag by my. Ek sien hoe ek die lewe, my werk en my kerk, as vanselfsprekend aanvaar het. Ek sien hoe ek mense as vanselfpsrekend aanvaar het. Ek probeer die laaste erediens onthou wat ek bygewoon het, en ek verlang na die samesyn en die saam-aanbidding. Ek onthou ons Paaseier-skattejag sam met ons jeug. Min het ons geweet dat dit die laaste keer sal wees wat ons in `n lang tyd gaan saam wees. Ek onthou my laaste huisbesoek ( oom Stephen en tannie Susan Liebenberg). Min het ek geweet ek gaan hulle vir`n lang tyd nie sien nie. Ek onthou (met spyt) hoe my laaste tenniswedstryd in `n woordewisseling ontaard het (ek het gelo dat my afslaan `n kishou was, en my broer het dit uit...
- Get link
- X
- Other Apps
Ek lees `n meesleurende artikel (What W.H. Auden taught me about Easter, God and surviving a season of Covid-19: https://edition.cnn.com/2020/04/09/opinions/easter-coronavirus-wh-auden-parini/index.html ) deur Jay Parini, `n digter en skrywer. Hy vertel dat hy oor die Paasnaweek teruggedink het aan `n insident wat 50 jaar terug plaasgevind het. Hy het as `n student by Oxford Unversiteit `n paniekaanval gekry. Terwyl hy natgesweet en verward op `n bankie op die kampus sit, kom die digter W.H Auden daar verby hy vra wat is fout. Uiteindelik nooi hy Parini na sy woonstel, gooi vir hom `n drankie in en noem dat hy in sy lewe twe dinge geleer wat hom elke dag dra. Die eerste is dat tyd nie bestaan nie. Auden verwys na Johannesevangelie se eerste hoofstuk waar Jesus (die Woord) al voor die skepping bestaan het. Dit beteken dat die hede,verlede,toekoms nie regtig bestaan nie. Tyd is no ú . Auden se tweede stukkie raad is " Rest in God " . Parini vertel dat hy jare n á die ins...
- Get link
- X
- Other Apps
Hier volg Donderdag se dagstukkie, asook `n paar logistiese reelings vir kennisname: GEDAGTE VIR DIE DONDERDAG Daar bly net een taak oor, maar dit is ‘n voortgaande proses. Die verrotte hou is uit, nie nuwe hout is ingelas, die barste en gate is opgevul en alles is gladgeskuur. Die probleem met hout is dat jy dit nie net so kan los nie. Jy moet die hout behandel. Anders kan die hout byvoorbeeld vog trek en dan begin die verrottingsproses van voor af. Wat ons dus gebruik, is houtseëlaar. Jy sorg dat al die stof verwyder is, en dan het jy seëlaar en ‘n kwas nodig. Dis ook nie sommer net ‘n kwas gryp en daar gaan jy nie. Die geheim is om die seëlaar saam met die grein van die hout op te sit, nie dwars oor die grein nie. Op dié manier kom die grein van die hout op sy beste na vore. Nou moet dit behoorlik droog word. Daarna skuur jy alles weer met staalwol af, en herhaal die proses. Eers dan is jou deur afgewerk en afgerond. En oor ‘n jaar of twee, moet jy dit weer...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE WOENSDAG Al die verrotte hout en ander ingelaste hout is nou vervang. Die basiese struktuur van die deur is nou weer reg. Die deur is egter nog nie afgerond nie. Van die laste is nie “flush” nie en die hout wat ingelas is, is nog nie mooi afgewerk nie. So hierdie proses moet nou begin. Die skuurmasjien word nadergetrek. Eerste word al die nuwe hout glad geskuur. Hier en daar is die hout grof en dit moet reggemaak word. Dan word die laste mooi glad geskuur sodat dit netjies aanpas by die ander hout van die deur. Onthou dat die hout wat ons nuut inlas, nie altyd “splinternuwe” hout is is. Dit is baiemaal hout wat verkry is toe ou huise afgebreek is en die hout herwin is. Hierdie hout het dikwels spykergate en barste, wat nie mooi lyk nie. Wat jy nou doen, is baie fyn werk. Jy meng van die houtsaagsels (wat jy kry uit al die saagwerk en skaafwerk), meng dit met houtseëlaar (amper soos ‘n pasta) en dan vul jy die gate en barste op. Op dié manier is die opvulwerk nie later s...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DINSDAG Nou ja, die herstelwerk aan die deure het begin. Eerste taak is om al die gedeeltes wat verrot het, uit te saag. Dieselfde met al die gedeeltes waar daar sommer “gemorshout” ingelas is. Dit is nogal ‘n “pynlike” proses, want skielik is daar gate in die deur en die deur wat aanvanklik so mooi gelyk het, lyk nou gladnie meer so mooi en foutloos nie. Verder is dit nogal ‘n proses om ander Oregon in te las. Dit moet so gedoen word dat die deur nie op die ou einde laslappie lyk nie. Soms moet ‘n hele paneel uitgesny word en met ‘n nuwe paneel vervang word. Hierdie nuwe gedeelte moet dan baie sorgvuldig ingelas word om as’t ware in te smelt by die oorspronklike hout. Dit is ook nie akltyd moontlik om die laste “flush” te kry nie. Dan moet die skuurmasjien nader getrek word om dit reg te kry. Die ongelooflike hiervan is dat, as jy klaar is daarmee, daar niks meer sigbaar is van die ou verrotte gedeeltes en die goedkoop hout wat ingelas is nie. Die deur is nog ver van f...
- Get link
- X
- Other Apps
GEDAGTE VIR DIE DAG Ek het die afgelope week, met die “baie tyd” tot my beskikking, een van die stokperdjies waarvoor ek lief is, naamlik om houtwerk te doen, weer opgeneem. Ek het jare gelede ou Oregon Pine deure (dit is ‘n gesogte houtsoort) by iemand opgekoop met die hoop om dit iewers te restoureer. Die deure het omtrent vier lae verf gehad, soos die mense maar oor die jare al die “flaws” en die skade wat ontstaan het, probeer wegsteek het. Verf kan nogal “foute en swakplekke” goed wegsteek. Soos te verwagte, soos ek die verf afgehaal het, het hierdie “flaws” sigbaar geword. Daar was plekke waar die hout verrot het en dit is net met houtvulsel opgevul en toegeverf sodat jy dit nie kan sien nie. Op ander plekke, wat seker ook met die tyd beskadig, is daar sommer goedkoop hout ingelas, en ook mooi netjies toegeverf. Daarom dat die persoon wat dit aan my verkoop het, met groot oortuiging gesê het dat die deure absoluut niks makeer nie en geen skade het nie. Natuurlik, met die verf op,...
- Get link
- X
- Other Apps
Gemeente ek groet julle op dag nege. Dit was vir my so lekker om hierdie week saam met julle te kon kuier. Kry ‘n koppie koffie en kry jou sit op jou gunstelling stoel of bank en dan kuier ons vandag sonder dat die koronavirus in ons kop is. Kom ons draai bietjie weg van die wêreld gebeure en ons rig ons oё en ons gedagtes op Jesus Christus ons Here en Verlosser. Jesus wou seker maak ons is nie bang nie want om bang te wees maak dat die probleem groter as God lyk. Hy sê drie keer in Matteus, die gedeeltes in Markus stem ooreen met die in Matteus so ons tel hulle nie hier by nie, drie keer in Lukas, een keer in Johannes , twee keer in Handelinge en een keer in Openbaring vir ons: “Moenie bang wees nie.” Ek haal vir ons Luk. 12:32 aan: “Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.” Jesus is in die geval besig om met Sy dissipels te praat oor die sorge van die lewe. Ongeag wat die wêreld na ons toe bring, ons staan op die R...
- Get link
- X
- Other Apps
Gemeente ek groet julle op dag 8 Toe ek vanoggend met groot dankbaarheid gesond wakker geword het onthou ek vir Jona wat drie dae in die maag van ‘n groot vis was, en ek dink, ek vat ons drie weke van afsondering enige dag bo Jona se drie dae inperking in die maag van ‘n vis. Ek is besig om die nuwe boek van Roy Murray Daniel: Corona and the Cross, te lees. In sy inleidende hoofstuk haal hy Pres. Donald Trump aan uit ‘n toespraak wat hy op 04 Februarie 2020 gemaak het: “The years of economic decay are over. We are moving forward at a pace that was unimaginable just a short time ago, and we are never going back.” Roy haal dan Spreuke 27:1 aan: “ Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal op lewer nie.” Ons weet wat het met die VSA se ekonomiese groei geword sedert daardie uitspraak, ‘n totale ineenstorting. Ek het onmiddelik gedink aan Jakobus 4:13-17 (gaan lees dit gerus) wat handel oor “Afhanklikheid van God.” Jakobus gebruik ook hier die voorbeeld van uitspra...
- Get link
- X
- Other Apps
Gemeente ek groet julle op dag 7. Hier waar ek agter my lessenaar sit, kyk ek na die tapeserie van die “Laaste Avondmaal” teen die oorkanste muur in my studeerkamer. En ek dink, dit was die aand wat Jesus gevange geneem is en die verguising en kruisiging die volgende dag. Tog, Hy dink nie aan Sy pyn en angs wat ‘n bietjie later die sweet soos druppels bloed van Sy voorkop gaan laat drup wanneer Hy daar in Getsemane in gebed voor God die Vader gaan kniel nie. Nee Hy dink aan ons Sy kerk, Hy was voete, dank God, breek die brood en deel dit uit, dan deel Hy die beker met Sy dissipels en Hy dink aan ons, Sy Kerk. Hy laat vir ons ‘n “onthou My” sakrament na, die Nagmaal. Hy doen dit vir my en jou in Sy uur van nood. Dit was nie die laaste sê en daad van Jesus nie. Net voor Hy opgevaar het, gee Hy die wedloop stok soos in ‘n afloswedloop oor aan Sy dissipels met die opdrag, gee die stok aan tot aan die uithoeke van die wêreld. Hoekom dink ek hieraan vanoggend. Ek onthou die eerste draers van...
- Get link
- X
- Other Apps
Gemeente ek groet julle op dag ses. Hierdie tuis bly jassie skaaf darem nou nie meer so erg nie. Ek kom agter verlang is ook n lekker kuiertyd. Nie daardie verlang na beter dae nie, maar om net weer deur mooi herinneringe te blaai. So kom ek af op lekker herinneringe saam met my broer wat ek nou al ses jaar gelede begrawe het. Kampvuur aande in die Bosveld, kurpers vang op Loskopdam en dan een aand baie jare gelede het hulle by ons gekuier en die aand laat kyk ons Stir Grazy van Gene Wilder op tv. Hoekom onthou ek die aand en die fliek wat ons gekyk het nogsteeds, want dit was n besonderse kosbare aand. Almal was al bed toe en ek en hy wou nog so ‘n bietjie saam wakker wees want die volgende dag gaan hulle weer huis toe. My broer het so gelag vir mannewales in die fliek dat ek kort kort moes “pause”, die kosbare gedeelte is dat hy almal in die huis tv kamer toe gelag het en na die fliek kuier ons almal saam tot amper hanekraai. Weet jy Jesus is ook lief vir herinneringe want: Jesus het...