Gemeente ek groet julle op dag vyf Iemand het eenkeer vir my ‘n whatsapp blokkie boodskap gestuur wat soos volg gelui het: “It is not what you say that defines you, it is what you do.” Daar sit ‘n groot stuk Bybelse waarheid in die kort spreuk. Jakobus skryf vir ons in Jak. 2:14 “Wat help dit my broers/susters, as iemand beweer dat hy/sy glo, maar hul dade bevestig dit nie.” Hy sluit hierdie perikoop van, “Glo en doen,” dan af in vers 26 met ‘n amperse skokbeeld: “’n Liggaam wat nie asem haal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Jakobus draai nie doekies om oor geloof en dade nie, so ook nie Jesus nie. In Sy laaste profetiese rede: die laaste oordeel, Matt 25 vanaf vers 31, bring Jesus vir sy Kerk die boodskap dat, geloof en dade die hartklop van Sy kerk moet wees en dat geloof en dade die lewens ingesteldheid van Sy kerk moet wees. Want sê Hy vir die wie so gelewe het, “Die koningkryk is van die begin van die skepping van die wêreld af vir julle voorbere...
Posts
Showing posts from March, 2020
- Get link
- X
- Other Apps
Gemeente ek groet julle op dag vier Ek bid dat jy jou voete begin vind in die nuwe omstandighede waarin ons is. ‘n Dierbare vriend van my uit my jongdae was ‘n ou omie wat op die grens van Swaziland ‘n boom boer was. Ek het by hom ‘n les geleer wat ek my lewe lank onthou en toepas. Hy het eenkeer gaan visvang op een van die vele gronddamme in die klowe op sy plaas. Hy vat toe so ‘n self gemaakte sink boodjie om bietjie dieper in te kom met sy lyne. En toe val die bootjie om en sink onmiddelik want dit is van sink gemaak. My ou vriend kon nie swem nie, en hy vertel dat hy darem help geskree het so tussen die happe water deur wat hy gesluk het. Hy besluit toe hy gaan nou maar afsak tot op die bodem en hom dan weer hard opskiet om vir oulaas om hulp te roep. Toe hy sy bene reguit maak om nou maar bodem toe te sak toe staan hy slegs skouer diep in die water en kon hy uitstap. Seun, sê hy toe vir my, in ons lewe kom daar swaar tye, spartel tye maar nooit hopelose tye nie...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek moes gister noodgedwonge die paniek-koop in die hartjie van Pretoria-Noord aandurf. Ek moes seker maak dat ons genoeg skryfbehoeftes het vir die volgende paar weke(nogal `n uitdaging om `n 5-jarige besig te hou tydens inperking..). Ek loop twee lidmate op pad winkel toe raak, en ons raak aan die gesels. Een van die lidmate spreek haar hartseer uit dat ons nie Paasfees sáám as gemeente kan vier nie. Sy mis die saamwees. Gisteraand lees ek `n artikel op "Christianity Today" , `n toonaangewende christelike webwerf. Ek merk `n artikel met die titel: "An Easter without going to Church" (https://www.christianitytoday.com/ct/2020/march-web-only/easter-without-church-covid-19-coronavirus.html). In dié artikel verduidelik die outeur, Daniel Harrell, dat die eerste christene die eerste Paasfees in verstrooiing moes beleef, en ek begin dink... Ons probeer al lank of die die simboliek van Lydenstyd en Paasfees relevant te maak. Die Rooms-K...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente (ek lees nou van `n nuwe term:"Die virtuele liggaam van Christus"), Ek is altyd huiwerig om `n gedig te deel. Gedigte is persoonlik, en verskillende mense ervaar gedigte anders. Verder is hierdie spesifieke gedig uit die pen van Brian Mclaren, een van die progressiewe denkers rondom kerkwees en christenwees( té progressief vir baie mense😉). Nogtans kan ek nie anders as om dit te deel nie, want dit het my nogal diep getref. Mclaren kyk nie net hoopvol (soos gelowges behoort te doen!) na `n huidige krisissituasie nie, maar hy het my ook laat nadink oor my verantwoordelikhede teenoor die gemeente,my medemens, my gesin en myself. Ek deel dit met julle: Don’t Go Back to Normal (https://brianmclaren.net/dont-go-back-to-normal/) When this is over, Don’t treat it like a virus That allows you to pick up where you left off, Feeling better, feeling normal, feeling as good as before. Treat it like puberty. When it is over, you’ll never be the same again. ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Daar is `n spreekwoord wat só klink:"Smoke what you sell!" Ek het `n vermoede dat hierdie sêding uit die bemarkingswêreld kom, waar bemarkers opgeroep word om te glo in die produkte wat hulle verkoop. Ek ry vandag by soveel Kerke verby waar hulle aankondig dat eredienste vir tyd en wyl afgestel is. Beteken dit dat die Kerk toé is? Nee, natuurlik nie... Ons preek mos al vir eeue dat die kerk nié die gebou is nie, maar dat ons die kerk is. Partykeer verwoord ons dit met Paulus se mooi beeld:ons is die liggaam van Christus. Wel, ons kry nou tyd om te bewys dat ons dit regtig gló. Die eredienste gaan nie voort in die gebou nie, maar óns is mos in elk geval die eredienste. Die Suid-Afrikaanse filosoof Martin Versfeld het êrens geskrywe:" Soos jou Kerk lyk, só lyk jou God". In vandag se konteks lees ek dit dan:"soos ek lyk, só lyk my God". Wat beteken dit vandag vir ons? In ons tyd van inperking beteken dit dat ek in my huis met vrede, g...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Daar is `n ou-ou verhaal van `n Sultan wat twee diewe ter dood veroordeel. Hy gee egter vir hulle `n kans: as hulle sy perd kan leer praat binne `n jaar, sal hy hulle lewens spaar. Anders is dit julle einde. Die eerste dief erken vir die Sultan dat hy nie perd kan leer praat in `n jaar nie. Hy word na buite gelei, en terwyl hy op sy lot wag, sien hy die tweede dief uitstap as `n vry man. "Is jy mal? vra hy hom. Binne `n jaar is jy `n dooie man! Jou vryheid is niks werd nie!". Die ander dief het geglimlag en geantwoord" `n jaar is `n lang tyd. Dinge kan verander. Ek kan skielik doodgaan, en net so kan die Sultan een aand in sy slaap doodgaan. Ons weet nie. As nie een van ons sterf nie, wel dan het ek `n jaar om die eerste persoon te word wat `n perd leer praat!". Dinge verander. Die engelse het `n spreekwoord "This too shall pass". Ons sien hierdie gedagte in Psalm 126. Die psalmdigter hoop dat God die volk se lot sal verander. In d...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek lees vandag weer Kate Bowler se "Everything Hapens for a Reason and Other Lies I,ve loved". Sy het hierdie boek geskryf nadat sy op 35 jarige ouderdom met agressiewe kanker gediagnoseer is. In `n hoofstuk getiteld "Surrender" verwys sy na Tersa van Avila:"We can only learn to know ourselves and do what we can-namely, surrender our will and fulfill God`s will in us". Sy sluit die hoofstuk af waar sy op `n eerlike manier na haarself en ander mense verwys:"They are addicted to self-rule, and so am I". Oorgee ("surrender") is moeilik. Bowler is reg-ons wil in beheer wees. Krisisse dwing ons egter om ons hoop, drome en veral ons vrese, aan God oor te gee. Kom ons bid vandag dat ons die onsekerhede en vrees aan die Here oorgee en te besef dat ons afhanklik is van Hom. Gebed: Kom ons spel ons vrese voor die Here uit, en vra dat Hy ons rustigheid en vrede sal gee. Ds Johan Gemeentenuus : Tannie Zuna Vermaak het ...
- Get link
- X
- Other Apps
Liewe gemeente, Ek deel vandag met julle `n kort gedagte van Martin Luther. Tydens die Plaag wat Europa, en veral Luther se tuisdorp van Wittenberg tydens 1527getref het, moes Luther verwoord wat dit beteken om `n gelowige in `n moeilke tyd te wees. Luther stel dit so: You ought to think this way: "Very well, by God's decree, the enemy has sent us poison and deadly offal. Therefore, I shall ask God mercifully to protect us. Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine, and take it. I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perchance infect and pollute others, and so cause their death as a result of my negligence. If God should wish to take me, he will surely find me and I have done what he has expected of me and so I am not responsible for either my own death or the death of others. If my neighbor needs me, however, I shall not avoid place or person, but will go freely....