Gemeente ek groet julle op dag vier
Ek bid dat jy jou voete begin vind in
die nuwe omstandighede waarin ons is. ‘n Dierbare vriend van my uit
my jongdae was ‘n ou omie wat op die grens van Swaziland ‘n boom
boer was. Ek het by hom ‘n les geleer wat ek my lewe lank onthou en
toepas. Hy het eenkeer gaan visvang op een van die vele gronddamme in
die klowe op sy plaas. Hy vat toe so ‘n self gemaakte sink boodjie
om bietjie dieper in te kom met sy lyne. En toe val die bootjie om en
sink onmiddelik want dit is van sink gemaak. My ou vriend kon nie
swem nie, en hy vertel dat hy darem help geskree het so tussen die
happe water deur wat hy gesluk het. Hy besluit toe hy gaan nou maar
afsak tot op die bodem en hom dan weer hard opskiet om vir oulaas om
hulp te roep. Toe hy sy bene reguit maak om nou maar bodem toe te sak
toe staan hy slegs skouer diep in die water en kon hy uitstap. Seun,
sê hy toe vir my, in ons lewe kom daar swaar tye, spartel tye maar
nooit hopelose tye nie.
Ons het nie gevra vir dit wat nou ook
ons land getref het nie, maar ons as kinders van God is hier en die
situasie is nie vir ons hopeloos nie want ons hoop is op God die
Almagtige. Dit beteken nie ons moet net sit en wag nie, allermins. Ek
lees daar in die boeke, Samuel, Konings en Kronieke dat elke keer wat
die leiers voor God gekniel het wanneer die gevaar gedreig het om
hulle totaal te oorweldig het God Sy hand uitgesteek en die volk
opgeroep tot verootmoediging en dan om op te trek met hulle volle
wapenrusting aan, opgestel in die gevegslinies gereed vir die stryd,
en elke keer het God die oorwinning gegee.
Geliefdes in die Here ons kan nie maar
net passief sit en wag dat hierdie bedreiging verby gaan nie. God
word betrokke wanneer Sy kinders Hom aanroep, hulle verootmoedig voor
Hom en dan biddend aantree met hul volle wapenrusting aan.
Iets wat ons nou almal het is tyd,
gebruik dit reg.
Vrede vir julle
Cois.
Comments
Post a Comment