Liewe gemeente,
Wat beteken dit vandag vir ons? In ons tyd van inperking beteken dit dat ek in my huis met vrede, geduld,vreugde en vergifnis sal leef. Dit beteken ook dat ons mekaar sal respekteer en verdra. Verder beteken dit dat ons mekaar sal opbou met hoop. As ons af en toe winkels toe gaan, beteken dit dat ons bedagsaam sal wees, en nié selfsugtig sal optree nie. As ons met hierdie gesindheid leef, dan is die Kerk mos sigbaar!
Kom ons aanvaar die uitdaging: "Smoke what you sell!"
Leef in vrede en met vreugde!
Ds Johan
Gemeentenuus: Tannie Zuna Vermaak sterk goed aan. Behalwe vir `n allergiese reaksie van die pleisters, is daar geen komplikasies nie. Ons bid vir spoedige herstel. Sterkte, oom Con!
Aankondiging: Agv die inperking, sluit die kerkkantoor môremiddag (Donderdag 26 Maart). In geval van siekte of nood, kontak gerus een van die leraars.
Daar is `n spreekwoord wat só klink:"Smoke what you sell!" Ek het `n vermoede dat hierdie sêding uit die bemarkingswêreld kom, waar bemarkers opgeroep word om te glo in die produkte wat hulle verkoop. Ek ry vandag by soveel Kerke verby waar hulle aankondig dat eredienste vir tyd en wyl afgestel is. Beteken dit dat die Kerk toé is? Nee, natuurlik nie...
Ons preek mos al vir eeue dat die kerk nié die gebou is nie, maar dat ons die kerk is. Partykeer verwoord ons dit met Paulus se mooi beeld:ons is die liggaam van Christus. Wel, ons kry nou tyd om te bewys dat ons dit regtig gló. Die eredienste gaan nie voort in die gebou nie, maar óns is mos in elk geval die eredienste. Die Suid-Afrikaanse filosoof Martin Versfeld het êrens geskrywe:" Soos jou Kerk lyk, só lyk jou God". In vandag se konteks lees ek dit dan:"soos ek lyk, só lyk my God".
Wat beteken dit vandag vir ons? In ons tyd van inperking beteken dit dat ek in my huis met vrede, geduld,vreugde en vergifnis sal leef. Dit beteken ook dat ons mekaar sal respekteer en verdra. Verder beteken dit dat ons mekaar sal opbou met hoop. As ons af en toe winkels toe gaan, beteken dit dat ons bedagsaam sal wees, en nié selfsugtig sal optree nie. As ons met hierdie gesindheid leef, dan is die Kerk mos sigbaar!
Kom ons aanvaar die uitdaging: "Smoke what you sell!"
Leef in vrede en met vreugde!
Ds Johan
Gemeentenuus: Tannie Zuna Vermaak sterk goed aan. Behalwe vir `n allergiese reaksie van die pleisters, is daar geen komplikasies nie. Ons bid vir spoedige herstel. Sterkte, oom Con!
Aankondiging: Agv die inperking, sluit die kerkkantoor môremiddag (Donderdag 26 Maart). In geval van siekte of nood, kontak gerus een van die leraars.
Comments
Post a Comment