Liewe gemeente,

Ek lees vandag weer Kate Bowler se "Everything Hapens for a Reason and Other Lies I,ve loved". Sy het hierdie boek geskryf nadat sy op 35 jarige ouderdom met agressiewe kanker gediagnoseer is. In `n hoofstuk getiteld "Surrender" verwys sy na Tersa van Avila:"We can only learn to know ourselves and do what we can-namely, surrender our will and fulfill God`s will in us". Sy sluit die hoofstuk af waar sy op `n eerlike manier na haarself en ander mense verwys:"They are addicted to self-rule, and so am I". 

Oorgee ("surrender") is moeilik.  Bowler is reg-ons wil in beheer wees. Krisisse dwing ons egter om ons hoop, drome en veral ons vrese, aan God oor te gee. Kom ons bid vandag dat ons die onsekerhede en vrees aan die Here oorgee en te besef dat ons afhanklik is van Hom. 

Gebed: Kom ons spel ons vrese voor die Here uit, en vra dat Hy ons rustigheid en vrede sal gee.
Ds Johan

Gemeentenuus: Tannie Zuna Vermaak het vandag `n operasie ondergaan, Ek sal met oom Con opvolg en terugvoer gee. Kom ons bid vir oom Con en tannie Zuna vir spoedige herstel en vrede.


Comments

  1. Dankie Johan. Jou daaglikse geestelike boodskap is iets waarna ek uitsien . Jos.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog