Liewe gemeente,
Ds Johan
Ek moes gister noodgedwonge die paniek-koop in die hartjie van Pretoria-Noord aandurf. Ek moes seker maak dat ons genoeg skryfbehoeftes het vir die volgende paar weke(nogal `n uitdaging om `n 5-jarige besig te hou tydens inperking..). Ek loop twee lidmate op pad winkel toe raak, en ons raak aan die gesels. Een van die lidmate spreek haar hartseer uit dat ons nie Paasfees sáám as gemeente kan vier nie. Sy mis die saamwees. Gisteraand lees ek `n artikel op "Christianity Today" , `n toonaangewende christelike webwerf. Ek merk `n artikel met die titel:"An Easter without going to Church" (https://www.christianitytoday.com/ct/2020/march-web-only/easter-without-church-covid-19-coronavirus.html). In dié artikel verduidelik die outeur, Daniel Harrell, dat die eerste christene die eerste Paasfees in verstrooiing moes beleef, en ek begin dink...
Ons probeer al lank of die die simboliek van Lydenstyd en Paasfees relevant te maak. Die Rooms-Katolieke is deurdrenk met simboliek, en daarom kom dit maklik vir hulle. Ons pogings om die simboliek te waardeer kom dikwels geforseerd en vlak uit, want die is nie regtig deel van ons geloofstradisie nie. Hierdie Paafees is egter anders. Ons omstandighede dwing ons om letterlik te beleef hoe die eerste christene moes gevoel het. Weerloos, onseker, en bang. Skielik kry ons geleentheid om ongemak in Lydenstyd (die inperking!) te beleef. Verder kry ons die geleentheid om Paasnaweek self soos die eerste christene te kan beleef.
Die artikel eindig met hierdie mooi woorde:"Turn to the Easter story proper and you find remarkable silence,
the greatest in all Scripture. Nowhere does the Bible offer a
description of the Resurrection itself, no language telling us how
exactly how it happened, no speculation as to what went on in the
tomb that first Easter morning. Instead, the risen Jesus simply and shockingly shows up to his
disciples huddled in fear. In time, this merry band of uneducated
fishermen, outcasts, and losers upended the Empire. Salvation arrived
for all believing humanity. Read to the end of the New Testament, and
this same gospel redeems the entire cosmos. All of this emanates out
of a glorious emptiness we celebrate Easter morning, whether gathered
or scattered"
Amen! Wat `n geleentheid en voorreg!Ds Johan
NB: Luister saam na ons eredienste deur Sondag rondom 09:00 deur op die volgende skakel te kliek: http://s44.myradiostream.com:7234/listen.mp3. Skakel gerus vroeër in-daar sal gewyde musiek speel.
Comments
Post a Comment