GEDAGTE VIR DIE DINSDAG
Nou ja, die herstelwerk aan die deure het begin. Eerste taak is om al die gedeeltes
wat verrot het, uit te saag. Dieselfde met al die gedeeltes waar daar sommer
“gemorshout” ingelas is. Dit is nogal ‘n “pynlike” proses, want skielik is daar gate in
die deur en die deur wat aanvanklik so mooi gelyk het, lyk nou gladnie meer so mooi
en foutloos nie.
Verder is dit nogal ‘n proses om ander Oregon in te las. Dit moet so gedoen word dat
die deur nie op die ou einde laslappie lyk nie. Soms moet ‘n hele paneel uitgesny
word en met ‘n nuwe paneel vervang word. Hierdie nuwe gedeelte moet dan baie
sorgvuldig ingelas word om as’t ware in te smelt by die oorspronklike hout. Dit is ook
nie akltyd moontlik om die laste “flush” te kry nie. Dan moet die skuurmasjien nader
getrek word om dit reg te kry.
Die ongelooflike hiervan is dat, as jy klaar is daarmee, daar niks meer sigbaar is van
die ou verrotte gedeeltes en die goedkoop hout wat ingelas is nie. Die deur is nog
ver van finaal afgewerk, maar die verrotte hout en die hout wat nie gepas het nie, is
heeltemal weg.
Soos ek gister gesê het, ons kan nog vir mense ons foute en swakplekke wegsteek,
deur alles mooi toe te verf. Vir God kan ons egter nie. Hy kyk deur die mooi omhulsel
en sien die foute en die swakplekke. Dan is dit nodig dat ons God toelaat om ons te
herstel en soms is dit inderdaad ‘n pynlike proses. God moet die verrotte gedeeltes
uitsaag en die “gemorshout” met egte hout vervang. In hierdie proses voel ons
baiemaal blootgestel en dit is juis dit wat so pynlik kan wees. Om te moet erken dat
ek vol “flaws” is en dat dit reggemaak moet word, is nie so maklik nie.
Die wonderlike is dat die eindproduk dit die moeite werd maak. Skielik is die deur
weer stewig en “nuut”. Die deur kan aanslae soos reën weerstaan. Wat meer is, dan
kan mens begin om die deur af te rond en mooi te maak, want die basiese struktuur
van die deur is nou weer reg ….
Meer daaroor op Woensdag
Ds Gerrie
Ons vra voorbidding:
 Hans en Gene Grundlingh is op ‘n boot vasgekeer in Italië, agv die Korona
virus. Stuur asb vir hulle ‘n whatsapp van ondersteuning (074 205 0502)
 Koos Basson is gistermiddag oorlede na ‘n baie lang stryd teen kanker. Bid
asb vir Mareze en sy kinders

Comments

Popular posts from this blog