GEDAGTE VIR DIE WOENSDAG
Al die verrotte hout en ander ingelaste hout is nou vervang. Die basiese struktuur
van die deur is nou weer reg. Die deur is egter nog nie afgerond nie. Van die laste is
nie “flush” nie en die hout wat ingelas is, is nog nie mooi afgewerk nie. So hierdie
proses moet nou begin. Die skuurmasjien word nadergetrek. Eerste word al die
nuwe hout glad geskuur. Hier en daar is die hout grof en dit moet reggemaak word.
Dan word die laste mooi glad geskuur sodat dit netjies aanpas by die ander hout van
die deur.
Onthou dat die hout wat ons nuut inlas, nie altyd “splinternuwe” hout is is. Dit is
baiemaal hout wat verkry is toe ou huise afgebreek is en die hout herwin is. Hierdie
hout het dikwels spykergate en barste, wat nie mooi lyk nie. Wat jy nou doen, is baie
fyn werk. Jy meng van die houtsaagsels (wat jy kry uit al die saagwerk en
skaafwerk), meng dit met houtseëlaar (amper soos ‘n pasta) en dan vul jy die gate
en barste op. Op dié manier is die opvulwerk nie later sigbaar nie, want dit is
saagsels van dieselfde hout as wat jy gebruik het.
As dit klaar is, begin jy met die skuurwerk. Die totale deur word afgeskuur en alle
oneffenhede en krappe word glad geskuur. Ook die plekke waar jy die gate en
barste opgevul het. Op die ou einde het jy ‘n gadde en egalige oppervlakte.
Dit is nie so dat ons lewens noodwendig net uit verrotte en ingelaste hout bestaan
nie. Soms is die hout van ons lewens basies in ‘n goeie toestand. Daar is egter klein
barsies en spykergate wat afbreuk doen aan die voorkoms van ons deur. Klein
dingetjies wat reggemaak moet word, sodat die deur netjies en funksioneel kan
wees.
Ons kan so maklik hierdie tekortkominge miskyk en redeneer: Ag, in geheel is die
deur sterk, hoekom sal ons nou oor die klein foutjies bekommerd wees. Dit is egter
dikwels hierdie klein jakkalsies wat later die wingerd verniel.
Kom ek en jy laat God toe om hierdie barste en spykergate op te vul, dis net so
belangrik as die vervang van die verrotte hout ….
Ds Gerrie
Ons vra voorbidding:
Koos Basson word moreoggend begrawe. Ons vra voorbidding vir sy
familie te midde van moeilike omstandighede waaronder die begrafnis
plaasvind
Ander nuus
Ek het vandag 21 kospakkies vleis by Noorderpark ouetehuis gaan
aflewer, waar daar groot behoefte is
Ek het ook 15 kospakkies aangekoop by PnP om gesinne in nood te help
en is besig om dit te versprei. Dankie vir almal wat finansiële hulp
aangebied het na my brief van Sondag. Ek kan julle verseker, daar is
groot nood

Comments
Post a Comment