Gemeente ek groet julle op dag 7.
Hier waar ek agter my lessenaar sit, kyk ek na die tapeserie van die “Laaste
Avondmaal” teen die oorkanste muur in my studeerkamer. En ek dink, dit was
die aand wat Jesus gevange geneem is en die verguising en kruisiging die
volgende dag. Tog, Hy dink nie aan Sy pyn en angs wat ‘n bietjie later die sweet
soos druppels bloed van Sy voorkop gaan laat drup wanneer Hy daar in
Getsemane in gebed voor God die Vader gaan kniel nie. Nee Hy dink aan ons
Sy kerk, Hy was voete, dank God, breek die brood en deel dit uit, dan deel Hy
die beker met Sy dissipels en Hy dink aan ons, Sy Kerk. Hy laat vir ons ‘n
“onthou My” sakrament na, die Nagmaal. Hy doen dit vir my en jou in Sy uur
van nood.
Dit was nie die laaste sê en daad van Jesus nie. Net voor Hy opgevaar het, gee
Hy die wedloop stok soos in ‘n afloswedloop oor aan Sy dissipels met die
opdrag, gee die stok aan tot aan die uithoeke van die wêreld.
Hoekom dink ek hieraan vanoggend. Ek onthou die eerste draers van die
wedloop stok se wedloop wat hulle volhardend gehardlop het. Die hindernisse
waar hulle met die dood bedreig is, het hulle oorwin in die Naam van die Here
en omdat hulle hul wedloop voltooi het, het ek en jy die Nuwe Testament
vandag in ons Bybel as die Woord van God.
Geliefdes in die Here, ek en jy het ook ‘n aflosstokkie in ons hand. In hierdie
tyd waarin ons leef is dit so belangrik dat ons ons wedloop met volharding
hardloop. Op elkeen se stokkie is daar iets geskryf, kyk mooi en jy sal die
volgende deur jou geestesoog daar lees: liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Die
wonder van die wedloop is, sodra jy jou stokkie oorgegee het, ontvang jy nog
een om aan te gee en weer en weer....
Die inperking kan tog nooit n rede wees waarom ons nie in ons baan kan bly
hardloop nie. Hierdie is juis ‘n tyd waarin ons verhoudings kan hernu of herstel,
of nuwe verhoudings kan bou. Dit is ‘n tyd waarin ons ook kan voete was, op
die grond kan gaan sit langs iemand in nood, vergifnis kan vra en self kan
vergewe.Die Here se wedloop stokkies wat Hy uitdeel raak nooit op nie, want
niks kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus
Jesus ons Here.
Ek groet jou vandag met ‘n heerlike gerustheid en vrede in my hart oor jou.
Vrede vir jou
Cois

Comments
Post a Comment