Gemeente ek groet julle op dag ses.
Hierdie tuis bly jassie skaaf darem nou nie meer so erg nie. Ek kom agter
verlang is ook n lekker kuiertyd. Nie daardie verlang na beter dae nie, maar om
net weer deur mooi herinneringe te blaai. So kom ek af op lekker herinneringe
saam met my broer wat ek nou al ses jaar gelede begrawe het. Kampvuur aande
in die Bosveld, kurpers vang op Loskopdam en dan een aand baie jare gelede
het hulle by ons gekuier en die aand laat kyk ons Stir Grazy van Gene Wilder op
tv. Hoekom onthou ek die aand en die fliek wat ons gekyk het nogsteeds, want
dit was n besonderse kosbare aand. Almal was al bed toe en ek en hy wou nog
so ‘n bietjie saam wakker wees want die volgende dag gaan hulle weer huis toe.
My broer het so gelag vir mannewales in die fliek dat ek kort kort moes
“pause”, die kosbare gedeelte is dat hy almal in die huis tv kamer toe gelag het
en na die fliek kuier ons almal saam tot amper hanekraai.
Weet jy Jesus is ook lief vir herinneringe want: Jesus het ons belowe dat die
Heilige Gees ons ook sal herinner aan alles wat Hy, Jesus, vir ons gesê en geleer
het. ‘n Mens kan egter net herinner word aan iets wat jy gelees of beleef het.
Ons moet die Bybel lees en God se genade en liefde beleef, dan terwyl ons met
die Heilige Gees wandel roep Hy dit vir ons in herinnering en daarin lê ons
krag.
Vandat die virus sy kop uitgesteek het, het ek nou al drie video’s op whatsapp
ontvang van ouens wat die Bybel en die Almatige God tot ‘n versie of twee wil
beperk en dan die vals profesie verkondig dat gelowiges nie siek sal word nie.
Dit is waar ek en jy in ons wandel met die Heilige Gees, herinner word aan wat
leer die Woord van God ons. So bly ons by die Waarheid en daar is niks
verkeerd daarmee om vir iemand wat jy vertrou te vra om jou te help om die
goed te verstaan nie. Gelukkig is die drie verskillende video’s aan my gestuur
deur drie kosbare mense in my lewe en kon ek met vrymoedigheid hulle help
om die regte perspektief te vind.
Geliefdes in die Here, die Bybel vertel ons van baie vals profete. In koning
Agab se tyd was daar 400 van hulle wat in die naam van die Here geprofeteer
het en die feit dat Agab die een ware profeet in die tronk stop en die 400 vals
profete glo, kos hom sy lewe. Omtrent elke evangeliese boek in die Nuwe
Testament waarsku ons teen vals profete en vals leraars. Jy kind van God, hou
by die Woord en die Waarheid, wandel met die Heilige Gees en jy sal nooit
beskaamd staan nie.
Ek groet jou met kosbare herinneringe van jare se saam wees as gemeente.
Vrede vir jou.
Cois

Comments
Post a Comment