Hier volg Donderdag se dagstukkie, asook `n paar logistiese reelings vir kennisname:
GEDAGTE
VIR DIE DONDERDAG
Daar
bly net een taak oor, maar dit is ‘n voortgaande proses. Die
verrotte hou is uit, nie nuwe hout is ingelas, die barste en gate is
opgevul en alles is gladgeskuur. Die probleem met hout is dat jy dit
nie net so kan los nie. Jy moet die hout behandel. Anders kan die
hout byvoorbeeld vog trek en dan begin die verrottingsproses van voor
af. Wat ons dus gebruik, is houtseëlaar.
Jy
sorg dat al die stof verwyder is, en dan het jy seëlaar en ‘n kwas
nodig. Dis ook nie sommer net ‘n kwas gryp en daar gaan jy nie. Die
geheim is om die seëlaar saam met die grein van die hout op te sit,
nie dwars oor die grein nie. Op dié manier kom die grein van die
hout op sy beste na vore. Nou moet dit behoorlik droog word. Daarna
skuur jy alles weer met staalwol af, en herhaal die proses. Eers dan
is jou deur afgewerk en afgerond. En oor ‘n jaar of twee, moet jy
dit weer doen, en oor nog ‘n jaar of twee weer ‘n keer. Die punt
is: die deur moet in stand gehou word ….
Die manier waarop die groot
Skrynwerker met ons werk, is dieselfde. Soms moet hy verrotte of
goedkoop hout uitsaag, nuwe hout inlas, die gate en barste toemaak,
alles weer gladskuur en dan seëlaar opsit. En dan moet God heeltyd
nuwe seëlaar opsit om seker te maak daar kom nie weer skade nie. Dit
is nie ‘n “once off” nie, dis ‘n instandhoudingsPROSES.
Die
Bybel verwys daarna as heiligmaking. Dit is die proses waartydens God
voortdurend besig is om seker te maak dat ons deur stewig is en in
stand gehou word. Dit hou nooit op nie. Die mooiste verduideliking
van heiligmaking is vir my: Die proses waartydens God my al meer en
meer soos Jesus maak ….
Gebedsversoeke
- Kom ons bid vir die komende Paasnaweek: ons eie eredienste en orals waar eredienste uitgesaai gaan word
- Ons bid vir almal wat op een of ander wyse deur die Korona Virus geraak word
Indien
julle bewus is van iemand waar daar voedselnood is, kontak my asb. Ek
is besig om voedselpakkies bymekaar te maak om dit beskikbaar te
stel. As julle ‘n bydrae wil maak hiervoor, kontak my ook asb. Ek
het reeds byna R10 000 se kospakkies versprei. Die nood is
groter as wat ons dink.
Ds
Gerrie
082 940
5453
Liewe
gemeente
Dit
is vandag twee weke sedert die “lockdown” begin het. Ek vertrou
dat dit goed gaan met julle. Ons staan op die vooraand van
Paasnaweek, een van die raarste Paasnaweke wat ek seker sal beleef
sedert ek dominee geword het. Ek glo egter dat God vir ons iets
besonders in plek het vir hierdie naweek.
EREDIENSTE
TYDENS DIE PAASNAWEEK
Ek
herhaal graag die inligting wat ek verlede Sondag uitgestuur het. Die
uitsendings vir Goeie Vrydag en Paassondag is opgeneem en word om
09h00 uitgesaai.
Die
temas vir die twee eredienste is as volg:
Goeie
Vrydag Was Judas van die begin af verdoem om Jesus te verraai,
of het hy wel ‘n eie keuse gehad ?
Paassondag Die
opstanding van die man aan die kruis
Ons
gaan Vrydagoggend ook saam Nagmaal gebruik. Ek wil dus vra dat julle
brood en wyn (druiwesap/vrugtesap) gereed sal hou daarvoor.
Julle
is welkom om familie en vriende te laat weet van ons dienste, as
hulle graag wil inskakel. Ek gee weer die link:
Ons
sal na die eredienste ook ‘n alternatiewe link deurstuur (per sms)
as julle weer na die eredienste wil luister of as julle dit vir
iemand anders wil stuur om ná die tyd daarna te luister.
ONS
PROJEK OM KOS TE VOORSIEN
Julle
sal onthou dat ek Sondag gevra het dat julle my moet laat weet as
julle weet van gesinne waar daar nood is. Ek het ook gevra vir
bydraes, indien dit vir julle moontlik is, om hierdie projek moontlik
te maak.
Waar
staan ons tans?
Baie
dankie aan almal wat ‘n bydrae gemaak het, sommige het in die kerk
se rekening inbetaal, andere het vir my kontant gebring. Ek waardeer.
Dit
was, sedert Sondag, vir my moontlik om byna R 10 000 se
kospakkies te versprei, binne en buite ons gemeente:
- Ek kon 21 pakkies met vleis gaan aflewer by Noorderpark Ouetehuis in Wolmer. Ek wens julle kon daardie bejaardes se dankbare oë sien toe ek met die vleis daar aankom …. Dankie aan Tileba Vleismark (Marlize en haar personeel) wat die pakkies vir my opgemaak het
- More kry ek nog kospakkies wat afgelewer moet word. Uiteraard beteken dit ek moet myself blootstel en baie rondry (met my masker, handskoene, “hand sanitizer” EN wettige permit !!), maar ek vertrou die Here daarvoor ….
- Indien jy weet van nood, laat my asseblief weet. Indien jy ‘n bydrae kan maak, kontak my ook asseblief. Ek kan julle verseker die nood is baie groter as wat ons dink
Mag
julle ‘n geseënde Paasnaweek beleef. Die Here hou sy hand oor ons.
Ds
Gerrie
Comments
Post a Comment