Liewe
gemeente,
`n
Lidmaat sê gister vir my:" hierdie tydperk is moeilik vir die
kinders". Ek dink later aan hierdie woorde en begin spesifiek
nadink oor die konsep van kindwees. Ek dink veral aan die woorde van
Jesus in Mattheus 18 oor kindwees in die konteks van die koninkryk van God. Mattheus 18
vers 3 lees soos volg: "Dit
verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word
nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie".
Let op die volgende vers: "Wie homself gering ag soos hierdie
kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel".
So dikwels lees ons hierdie verse in die konteks dat ons soos
kinders moet glo. Ons moet onvoorwaardelik glo , sonder om vrae te
vra. Die sosiale agtergrond help ons egter om hierdie vers beter in
konteks te verstaan. Die samelewing was georden volgens `n sosiale
orde, en kinders was heel onder op die rangorde. Kinders is afhanklik
van ouers, en daarom was hulle volgens die sosiale rangorde
onbelangrik.
Jesus
leer egter dat God se koninkryk anders werk. Dit is goed om afhanklik
te wees. Soos kinders op hulle ouers moet staatmaak om vir hulle te
sorg, só moet ons van God afhanklik wees. Ons leer in hierde
inperkingstyd hierdie les op `n duidelike manier. Gister was daar `n
asteroiëd op pad aarde toe. Sommige kenners was bang dat die rots
die aarde sou tref(asof die virus nie genoeg is nie!). Skielik besef
ons weer dat ons ten spyte van ons tegnologiese vooruitgang, steeds
hulpeloos is. Ons is van God afhanklik vir genade elke dag. Dit mag
vir die wêreld soos swakheid klink, maar dit is die eerste stap om
God se koninkryk te verstaan. Ons is van Hom afhanklik, en ons is nie
so belangrik as wat ons dink nie.
Mag
ons veral in hierdie tyd, ons afhanklikheid van God se genade besef.
Ds
Johan
Comments
Post a Comment