Maandag
20 April
Goeienaand
aan almal
Dit
het my presies 63 jaar gevat om my eerste verjaarsdag agter slot en
grendel te vier. Dit was baie vreemd, maar ek en my huidige vrou het
heerlik saam aandete geniet. Ek het darem die voorreg gehad om met my
kinders (en my kleinseun !!!) te skype. Ai, ek verlang my morsdood na
hom. Ek is seker almal van julle gaan, net soos ek, na die tyd kan
vertel van sulke geleenthede wat julle in “alleenheid” moes vier.
Op
hierdie stadium gaan ons voort met die uitsaai van ons eredienste.
Ekself sal hierdie Sondag (26 April) se erediens hanteer. Sodra ons
‘n aanduiding het wat met die “Lockdown” gaan gebeur, sal ons
julle op hoogte bring van die reëlings rondom eredienste.
Ek
sal ook van more af weer elke dag ‘n kort oordenking op ons
Facebookblad plaas. Johan plaas dit ook op sy “blog” vir diegene
wat nie op Facebook is nie.
NUUS
OOR LIDMATE
- Jane van Rensburg (ons blommetannie) het verlede week ‘n beroerte gehad, maar sy is terug by die huis en besig met rehabilitasie. Jane, ons bid vir jou.
- Nonnie Grobler is terug by die huis nadat sy baie sleg deur ‘n hond gebyt is. Sterkte, Nonnie, ons bid vir jou herstel.
- Tannie Heila Viljoen se gedenkdiens was vandag. Ons vra ook voorbidding vir haar familie.
- Ons het tans ‘n situasie waar daar drie begrafnisdienste is wat nog moet plaasvind as gevolg van die beperkinge (tannie Marietjie Mahoney, Koos Basson en Natasha Smit). Dit is uiteraard vir die families baie moeilik om so te wag. Kom ons dink aan hulle in ons gebede.
DIE
SINODE VRA HULP
Die
Algemene Sinode van die NG Kerk het vandag ‘n beroep op gemeentes
gedoen om te help waar daar nood is. Ons is tans besig om na hulle
versoek te kyk en sal beslis help waar ons kan.
ONS
PROJEK OM KOS TE VOORSIEN
Dankie
aan almal wat tot dusver ‘n bydrae gemaak het. Ek is steeds besig
om kospakkies beskikbaar te stel. Ek weet nie wie van julle gister se
Rapport gesien het nie. Daar was ‘n berig oor mense in Wolmer, wat
in houthuisies op een erf woon en wat nie voldoende kos het nie. Ek
is baie dankbaar dat ek vanoggend vir hulle kos kon aflewer.
Kontak
my asseblief as julle behoefte aan kos het, of weet van mense wat in
nood is. Die bydraes wat reeds gemaak is, maak dit moontlik om te
help.
Uit
mediaberigte en gesprekke met mense is dit duidelik dat mense
gefrustreerd begin raak met die huidige situasie. Ja, dit is nie
maklik nie, maar ek wil vra dat ons geduld aan die dag sal lê en ons
bydrae sal maak deur nie onnodig rond te beweeg nie.
Ds
Gerrie
Comments
Post a Comment