Liewe
gemeente,
Ek
wil hierdie week bietjie nadink oor frases wat ons só maklik, sonder
dat ons dit besef, heeltemal buite konteks aanhaal. Ek kry onlangs `n
mooi boodskap wat eindig met die woorde:"Carpe Diem",
oftewel, "Gryp die dag" (Elke keer as ek aan die woorde
hoor, dink en aan die film Dead Poet's Society!). Ons gebruik
hierdie woorde om te beskryf hoe ons die tyd moet uitkoop en
waardeer. Natuurlik is daar niks daarmee verkeerd nie. Die
interessante is egter dat ons die res van die sin weglaat. Die woorde
kom oorspronklik uit die pen van die Romeinse digter Horatius, wat so
geklink het:" Gryp die dag en plaas geen vertroue in die toekoms
nie!". Die Engelse digter Lord Byron het dit in die 18de eeu
verwoord met die gedagte van: " Gryp die dag, want jy kan van
die toekoms niks verwag nie."
As
gelowiges is dit belangrik dat ons tyd moet uitkoop, en dat ons noú
moet leef,maar ons het darem ook `n toekomsperspektief. Kom ek stel
dit anders: ons besef nie aldag dat "gryp die dag" vir baie
mense juís betken dat daar géén hoop, géén toekoms is nie.
Daarom glo hulle, moet jy gryp en stroop, want binnekort is alles
verby. Dit laat my onwillekeurig dink aan die sogenaamde paniek-koop
wat ons onlangs tydens hierdie moeilike tyd beleef het. Kom ons
stroop die winkels leeg, want môre
is daar niks nie! Gelowiges leef met `n ander toekomsperspektief. Ons
leef met `n gesindheid van hoop. Dirkie Smit som dit goed
op:"christelike tyduitkopers is nie grypers en plukkers nie,
maar bouers en planters". In hierdie uitdagende tyd waarin ons
nou leef moet hierdié ons lewensuitkyk bepaal. Plant ek, of stroop
ek?. Mag ons woorde, ons besluite, en ons uitkyk, in hierdie tyd van
hoop getuig. Ons is immers op pad na Pinkstertyd waar ons die feit
vier dat God se Gees uit gebrokenheid mense kom heelmaak het.
Groete
Ds
Johan
Comments
Post a Comment