NG FLORANDIA
19 MEI 2020

Goeie dag aan almal

n Paar belangrike sake wat ek met julle wil deel

  1. KOEVERTJIES

Baie dankie aan almal wat verlede Maandag hulle maandelikse dankofferkoevertjies en erediensoffergawes kerk toe gebring het. Dit het ‘n groot bydrae gemaak om ons finansiële “agterstand” te laat krimp. Ons probeer ons bes om ons finansies in stand te hou in ‘n moeilike tyd en lidmate se getroue bydraes maak dit makliker.

As daar nog mense is wat koevertjies wil afgee, is julle welkom om my te kontak (082 940 5453). Ons sal einde Mei weer ‘n geleentheid by die kerk skep.

  1. PINKSTER

Ons Pinksterreëlings vir die Lockdown tyd is as volg:

Op Sondag 24 en 31 Mei gaan ons Pinksterdienste in samewerking met Florauna gemeente aangebied word:

  • Sondag 24 Mei om 09h00
Ds Frikkie du Plooy

Die skakel sal ook Saterdag per sms uitgestuur word

  • Sondag 31 Mei om 09h00
Ds Johan Wildenboer

Die skakel sal ook die Saterdag voor die diens per sms uitgestuur word

Die vier weeksdae (Maandag 25 tot Donderdag 28 Mei) sien anders daar uit. Daar sal elke dag ‘n kort diens uitgesaai word. Elke dag sal sy eie unieke skakel (“link”) hê. Jy kan enige tyd van die dag daarna luister (ons is bewus daarvan dat sekere mense reeds weer werk en nie op ‘n vaste tyd sal kan luister nie).

Die skakel sal reeds die aand voor die betrokke dag uitgestuur word, maar ek gee dit ook hieronder. Die prosedure is dieselfde, jy kliek net op die skakel. Onthou asb dat dit eers aktief is op die betrokke dag, en daarna aktief bly vir so drie of vier dae.

Hierdie dienste sal ook vir die ander gemeentes van ons Ring beskikbaar wees. As jy die skakel vir enige ander persoon wil stuur, is jy baie welkom.

Die vier dienste sal deur ds Gerrie Strydom hanteer word.

OORKOEPELENDE TEMA

GROEI EN BLOM WAAR JY GEPLANT IS ….

MAANDAG 25 MEI 2020
Tema: Om te kan groei, moet ‘n plant stewige wortels hê

DINSDAG 26 MEI 2020
Tema: Plante moet bemesting kry om gesond te kan groei

WOENSDAG 27 MEI 2020
Tema: Plante moet beskerm word teen aanslae

DONDERDAG 28 MEI 2020
Tema: Plante moet soms gesnoei word

Ons wil julle graag uitnooi om by ons Pinksterdienste in te skakel


Mag dit met julle almal goed gaan.
Ds Gerrie

Comments

  1. Dankie ds Gerrie. Ons bid dit ook vir jou en jou gesin

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog