Goeie môre gemeente.
Dit is weer my voorreg om hierdie week saam met julle te kuier. Ons gaan ‘n
bietjie in die Bybel kuier en ook in die wêreld rondom ons.
Ons gaan vanoggend stilstaan by die begrip wat hier in my gedagtes lê plek
soek.: “Ons moet bereid wees om vir God die antwoord te wees op ‘n ander se
gebed.”
Jakobus skryf dat ‘n geloof wat net hoorbaar is maar nie sigbaar is nie, is
nutteloos. Ek en my kollegas herinner onsself en vir julle gereeld daaraan dat
Sondag se erediens is n viering van Christus se opstanding maar ook ‘n stuur
om briewe vir God te gaan wees wat die wêreld kan lees.
‘n Brief is mos ‘n privaat saak tussen die skrywer van die brief en die leser. Ons
moet onthou ons is net die brief vir God en die saak is tussen God en die
onbekende leser. Ons taak is net om die liefde van God reg te lewe sodat dit die
leser ten goede kan wees.
En dan soms laat God ons sien wat die uitkoms is wanneer iemand die brief lees
en bely, God het my gebed vannaand verhoor nou weet ek dat Hy waarlik leef.
Kom ek vertel julle van so ‘n geleentheid.
Toentertyd was Vrydagaande sommer net ontspantyd saam met die jeug. Dit
was nog veilig om saans in die strate rond te loop. Ons het dan soms met die
ghitaar onder die straat ligte gestap en die Rooiboekie se liede gesing.
Die aand het ons besluit om by die vierrigting stop in Leneatastraat te begin. My
vriend Hennie Gerber was nog met ons daardie tyd. Daar staan ons met ‘n
klomp van ons gemeente se jeug en ons singlofprysings liede onder die straatlig.
‘n Klein Datsun bakkie draai toe in van Daan de Wet Nel Rylaan se kant af en
ry stadig by ons verby en stop so 30 meter anderkant ons. ‘n Jong man klim uit
en gaan sit in die pad en ons sien hoe hy sy kop vashou en huil. Hennie gaan
haal hom toe en huilend vertel hy ons, hy kon God nêrens sien nie, en was
desperaat in n geloofskrises. Hy het sommer net doelloos rondgery en toe gebid:
Here as ek U nie vannaand kan sien dan gaan ek ‘n einde maak aan alles. En sê
hy hier in die straat sien hy die werklikheid van God se bestaan waar ‘n klomp
jongmense God loof en prys...so word die jongmense God se antwoord op die
jongman se gebed....
Vrede vir julle
Cois

Comments

Popular posts from this blog