Liewe gemeente,
Ons dink steeds rondom die tema van ons lewe as `n erediens. Anders gestel: `n erediens is nie net `n fisiese byeenkoms nie. Ons lewens kan ook `n voorbeeld van `n erediens wees. Vandag dink ons aan die gedagte van skuldbelydenis, wat `n belangrike deel van ons eredienste uitmaak.
Martin Luther was amper obsessief oor skuldbelydenis. Toe hy nog `n monnik in `n klooster was, het hy blykbaar van sy ander take opsy geskuif om tyd aan skuldbelydenis te spandeer. Volgens oorlewering het Luther soms ses ure per dag aan skuldbelydenis afgestaan! Luther se lewe het verander nadat die hoof van die klooster, Johan Staupiz, vir hom geleer het dat skuldbelydenis meer is as selfopgelegte strawwe en skuldgevoelens, maar dat dit gepaard moet gaan met `n ware hartsverandering. `n Ander interessante aspek is dié van skuldbelydenis aan `n ander gelowige. Luther het inderdaad gereageer teen die korrupsie in die Roomse gebruik van belydenis aan `n priester, maar hy het steeds in sy onderrig klem gelê op persoonlike belydenis teenoor `n mede-gelowige. Selfs op sy sterfbed het hy die idee ondersteun. Dietrich Bonhoeffer het ook hierde gedagte sterk beklemtoon. Daar lê waarde daarin om `n christen-vertroueling te hê met wie jy oor jou lewe en sonde kan praat. Dit maak ons waarlik vry. In `n spioenasie-film gegrond op een van John le Carré se romans, sê `n karakter (as hy na `n spesifieke persoon verwys):"He is a fanatic, and a fanatic always hides a secret". Skuldbelydenis maak ons inderdaad vry van die donker en geheimsinnige kant van ons lewens. Die akademiese wêreld is laasweek geskud toe `n vooraanstaande Ou-Testamentikus vir besit vir kinderpornografie gearresteer is. Hy is intussen tot `n jaar tronkstraf gevonnis. In die hof het hy getuig dat hierdie donker,geheime kant van sy lewe hom letterlik tot waansin gedryf het. Sonde doen dit aan ons, en net opregte skuldbelydenis kan ons waarlik vrymaak.
Luther se klem op skuldbelydenis lyk dalk vir ons vreemd, maar ek dink gereeld aan Psalm 139 se laaste woorde: "Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad". Ons kan nooit gewoond raak aan ons oortredinge nie, en ons kan dit nooit sommer net as vanselfsprekend neem nie. Ons moét bly fokus om ons harte te reinig en ons sondes te bely. Mag hierdie belangrike deel van die erediens elke dag in ons lewens teenwoordig wees.
Groete
Ds Johan

Comments
Post a Comment