Vandag
wil ek `n bietjie prakties dink rondom ons optrede as nuwe mense. Ons
word in hierdie tyd meer afhanklikvan sosiale media om met mekaar te
kommunikeer. Alhoewel hierdie platforms vir ons help, is dit
ongelukkig ook `n bron van bekommernis. Afbrekende stories(in die
meeste gevalle sonder enige bewyse) word rondgestuur. Lelike dinge
word gesê, en dit in die meeste gevalle sal persone dit nie in die
publiek doen nie, maar dit s asof hulle voel dat hulle beskerm word
deur dit op sosiale media te doen! Ek het `n artikel gelees waar die
outeur drie riglyne gee vir christene in hierdie tyd(
www.christianitytoday.com/edstetzer/2020/june/conspiracy-theories-engaging-online-and-wisdom-intersection.html).
In
die eerste plek moet ons die vraag beantwoord: is Jesus Christus die
Here van jou sosiale media? Ons kan nie ons geestelike lewe losmaak
van ons optrede op die internet nie. Die verhale wat ons aanstuur, en
die manier waarop ons met mekaar praat, moet in lyn wees met ons
identiteit as gelowiges.
In
die tweede plek moet ons meer tyd maak om vir wysheid te bid. Ons
kan elke oggend vir die Here vra vir wysheid om reg te op te tree
gedurende die dag. Die gebed om wysheid maak ons ook meer nederig.
Ons erken daarmee dat God ons gedagtes en dade lei.
In
die derde plek moet ons soms bietjie stiltstaan. Ons is so gewoond om
in die hitte van die oomblik te reageer. Raak rustig. Bid oor die
saak. As jy dan rustig is en dit mooi oordink het, kan jy reageer.
Baie mense was al spyt omdat hulle té vinnig en té hard gereageer
het. Ons kan nie ons woorde uitvee of terugtrek as dit eers gestuur
is nie.
Christenskap
het te maak met ons alledaagse lewe. Kom ons leef op hierdie manier
as nuwe mense.
Groete
Ds Johan
Comments
Post a Comment