Dagstukkie Donderdag 9 Julie 2020.
Liewe gemeente
Daar is tans soveel negatiewe berigte en stories in die media en selfs in ons eie
gesprekke wat oor plaasmoorde, geweld teen vroue en kinders en Covid19
gaan, en dit is belangrike seer gebeurtenisse wat deel is van die geskiedenis
van die tyd waarin ons leef.
Die probleem met so ‘n oorheersende vloed van negatiewe berig gewing is dat
ons fokus bietjie verdwaal. ‘n Oudlidmaat wat nogsteeds met my kontak het
vra my in ‘n whatsapp: “Ds Cois ek is verward, help my bietjie want ek weet nie
meer wat om te bid nie. Het God die pandemie oor ons gebring? Want as Hy
het kan ek mos nie bid dat Hy dit moet wegvat nie. Kan ek bid dat my kinders
hul werk sal hou terwyl soveel mense hul werk verloor.” Opregte bekommernis
van die dierbare tannie.
Miskien is daar nog iemand wat met die vrae worstel. My antwoord aan haar
was:, “My dierbare tannie dit is nie God wat die pandemie oor ons gebring het
nie, dit is die mens met sy morsige leefwyse daar in Wuhan wat die oorsaak
van die pandemie is. Natuurlik kan tannie bid dat God ons help en bewaar in
die pandemie en ook vra dat Hy pandemie sal wegvat, maar onthou Hy is saam
met ons in die storm. Tannie mag vir u kinders bid want daar is niks anders wat
die onrus in ons harte kan stil maak soos om in gebed na God te draai nie.
Jesus nooi ons immers: ‘Bring al jul bekommernisse na My toe en Ek sal vir julle
rus gee.’ Bid ook vir die navorsers wat soek na ‘n entstof, en die dokters en
mediese personeel en pasiente. Gaan lees net gou Rom 8:38 – 39.” ‘n Rukkie
later stuur sy ‘n boodskap om dankie te sê want sy kan nou weer met
oortuiging bid en nie meer met twyfel in haar hart nie.
Daar is soveel mooi goed in die eenvoud om ons, ons moet dit net raak sien en
raak hoor. Ek kom netnou terug van die ateljee af en Johannes die tuinwerker
wat na die tuine kyk hier waar ek bly is besig om die blare op te vee. Ek groet
hom en sê, die wind gooi darem baie blare af nê. Sy antwoord, my basie (dit is
hoe hy my noem) ek is so bly vir die wind want die wind maak dat ek ‘n werk
het. Nou julle wat my bietjie beter ken sal weet dat ek mal is oor die wind. Die
wind laat my altyd aan die aanraking van God dink, en ek bid sommer: Dankie
vir die wind Here, vir my en vir Johannes..
Sien die klein mooi dinge om jou raak. Sien die voёltjies en die winterblomme,
sien die mense om jou, sien die liefde en die sterre wat blink net soos hulle in
die winter kan skitter. Hoor die goeie nuus wat die herders gehoor het, en sien
die leё graf met die goeie boodskap van opstanding en dank God.
Ek groet julle met ‘n hart vol mooi!!
Cois

Comments
Post a Comment