Dagstukkie Woensdag 8 Julie 2020.
Goeie môre gemeente.
Ek dink vandag aan die invloed wat
musiek op die mens gehad het deur al die eeue. Baie jare gelede het
‘n egpaar wat baie jonger as ons was, en baie goeie huisvriende van
ons, se huwelik deur ‘n “afwesig van mekaar” tyd gegaan. Hulle
het met my kom praat en na die gesprek het ek net besef hulle is
besig om mekaar te verloor omdat hulle mekaar nie meer hoor nie.
Ek besluit toe om vir hulle ‘n lied
te skryf waarin hulle weer na mekaar kan luister. ‘n Lied wat ‘n
gesprek tussen hulle moet wees waarin hulle weer mekaar se harte kan
hoor. Ek het toe die lied geskryf, getoonset en vir hulle gegee.
Gelukkig is die vroutjie musikaal en kon sy die lied vir hulle op die
klavier speel en sing....vandag is hulle kinders al groot en hulle is
steeds dol verlief en gelukkig.
Ken
jy
1
Ken
jy die rooi van ‘n ryp granaat
Verstaan
jy die hartklop van jou lewensmaat
Ken
jy die roep van ‘n Piet-my-vrou
Verstaan
jy haar liefde wat jou omvou
Refrein:1
Sy
is my sonskyn en sy is my lag
Sy’s
die mooi in my elke dag
Sy
is my môrester die nag is verby
Ja
ek weet sy’s die regte een vir my
2
Is
daar ‘n vonkel in jou oё getooi
As
hy jou aanraak en sê jy is mooi
Voel
jy die dartels van vlinders om jou
Verstaan
jy sy liefde wat jou omvou
Refrein:2
Hy
is my sonskyn en hy is my lag
Hy’s
die mooi in my elke dag
Hy
is my môrester die nag is verby
Ja
ek weet hy’s die regte een vir my
3
Ken
jy die gloed van ‘n kaggel se vuur
Teen
die winter se kou in die na-nag se uur
Sien
jy nog die mooi van die hemel se blou
Verstaan
jy die liefde wat jou omvou
Refrein1
en refrein2
Dit bring ons by die Psalms, die
grootste musiek wat nog ooit geskryf is.Die Psalms is liede wat
geskryf is waarin die skrywers hul harte voor God oopmaak, waar hulle
God laat hoor wat die emosies is wat in hul harte leef. Die Ps gebede
is ook my en jou gebede, ons nood, verlange, vrese, soeke na
antwoorde, ons jubel lof en ons lofoffers, ons stil word en wag, ons
hoop op uitkoms in tye van nood. Dit is liede en gedigte waar in ons
met ons hele menswees voor die troon van God kom kniel en bid. Die
Psalms is musiek van heling, troos, hoop, verwagting en musiek waar
God ons in die lied antwoord.
Geliefdes in die Here, ons moet mekaar
hoor. Die lewe is te kosbaar om toe te laat dat stilte afstand bring.
Ons is nou vir baie langer tye saam, gryp die geleentheid aan om weer
die hartklop van mekaar se liefdestaal te hoor.
God wil ons ook hoor. Hy wil ook die
hartklop van ons liefdestaal vir Hom hoor. In die Bybel hoor ons die
hartklop van God se liefdestaal vir ons, ‘n liefdes taal waarin Hy
selfs Sy Seun in ons plek gee. Gryp ook hierdie tyd van afsondering
aan om met God ‘n nuwe gesprek te begin. ‘n Gesprek waarin jy
soos die Psalm skrywers jou liefde vir Hom, jou lewe, jou toekoms en
jou ewigheids hoop voor Sy troon neerlê.
Ek het al van die kansel af gesê ek is
lief vir julle, net ingeval jy daardie die dag nie daar was nie of
dalk al vergeet het sê ek weer vir julle, ek is lief vir elkeen van
julle.
Ek groet julle met vreugde in my hart.
Cois
Comments
Post a Comment