GEDAGTE VIR DINSDAG (14 JULIE)
Vandag wil ek graag stilstaan by Filippense 3 : 7 – 9.
(7) Maar wat eers vir my `n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van
Christus, (8) ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus,
my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee
en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry (9) en
een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar
omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat `n mens in Hom
glo.
Hierdie gedeelte laat my altyd terugdink aan my pa, wat ook predikant was. In die
Bybel wat my ma kort voor haar dood aan my gegee het, staan daar by hierdie
teksgedeelte die volgende met pen ingeskryf: “Maatjie het in 1946, na aanleiding van
hierdie teks, finaal besluit om sy werk te bedank en vir sewe jaar lank terug te gaan
Universiteit toe om predikant te gaan studeer.” My pa (my ma en ons drie seuns het
hom “Maatjie” genoem ons hele lewe deur) het reeds 9 jaar gewerk en was byna 30
jaar oud toe hy hierdie besluit geneem het; ‘n besluit wat sy lewe onherroeplik
verander het. Na hy afgestudeer het, was hy 30 jaar lank predikant en is drie
maande na sy aftrede oorlede in 1984.
As ek hierdie teksgedeelte lees, besef ek maar net watter opoffering my pa gemaak
het het om te doen waarvoor die Here hom geroep het. Ek besef ook maar net dat
God niks in sy pad laat staan as Hy ‘n bepaalde pad vir ons uitgelê het nie. Soms kry
ek skaam dat ek by geleentheid so “doof” kan wees vir die Here se roepstem. Ander
kere is ek dankbaar as ek oortuig is dat ek die Here se stem reg gehoor het.
Ds Gerrie

Comments
Post a Comment