GEDAGTE VIR MAANDAG (13 JULIE)
Ek wil graag hierdie week met julle ‘n paar teksgedeeltes deel wat vir my besondere
betekenis het of iewers in my lewe ‘n bepaalde rol gespeel het. Ek wil graag begin
met Psalm 23.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2 Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3 Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
5 U laat my by `n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos `n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
Dit is seker die teksgedeelte waaroor ek al die meeste in my lewe gepreek het,
hartseer genoeg, gewoonlik op begrafnisse. So, as ek hierdie psalm lees, herinner
dit my elke keer aan die verganklikheid van die lewe en die feit dat ek en jy elke
oomblik van die lewe moet benut.
Dit herinner my egter ook daaraan dat ons, wanneer hierdie lewe verby is, die
voorreg sal hê om aan die feestafel te sit waar ons met hartlikheid oorlaai sal word
en waar ons waarlik tuis sal voel. Die aardse lewe daarom loop uit op iets baie
besonders, naamlik die ewige lewe.
Die psalm sê dus iets van die volgende: Leef elke oomblik voluit in God se goedheid
en liefde – Hy is immers ons Herder
Ds Gerrie

Comments
Post a Comment