GEDAGTE VIR WOENSDAG (15 JULIE)
Naas Psalm 23, is daar nog ‘n psalm wat my persoonlik baie naby aan die hart lê, en
dit is Psalm 91. Een van ons gemeentelede vra my onlangs: Noem vir my jou
gunstelingbybelgedeelte, sodat ek jou naam daarby kan skryf. My antwoord was:
Psalm 91.
1 Hy/sy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
2 hy/sy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Wat maak hierdie psalm so besonders? Wat my onmiddellik opval, is die “volgorde”
van die psalm. Daar word begin deur daarna te verwys dat daar mense is wat by die
Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet. Die
interessante is dat daar dus gesuggereer word dat God die Een is wat die inisiatief
neem, Hy gee die skuiling en beskerming vanuit die staanspoor, uit sy eie. Hy sit nie
en wag dat ons dit eers moet “verdien” nie. Hy gee dit in elk geval.
Wat dan volg, is dat diegene wat dit aanvaar, spontaan reageer deur te sê dat God
hulle toevlug en veilige vesting is, die Een op wie hulle vertrou. Met ander woorde,
God gee dit vir ons, sonder enige voorbehoud. Hy vra dan net dat ons dit wat Hy gee
dankbaar ontvang en erken.
Ons dink so dikwels ons moet God se genade “verdien” – dis eenvoudig nie waar
nie. Hy gee dit, ons moet net sy genade en beskerming in dankbaarheid aanvaar.
Ds Gerrie

Comments

Popular posts from this blog