Liewe
gemeente,
Ek
kyk onlangs na `n onderhoud met die Amerikaanse kortverhaalskrywer,
George Saunders. Hy verwys na die donker,deurmekaar wêreld waarin
ons tans leef, en noem dat ons nou "radical tenderness"
nodig het. Sy opmerkings was glad nie in `n godsdienstige konteks
gemaak nie, maar dit het my nogtans laat dink. Hierdie "radical
tenderness" behoort deel van elke gelowiges se lewenswyse te
wees.
`n
Onlangse artikel verwys juis na christene se rol in die huidige
pandemie (http://time.com/early -christian-caritas-coronavirus/).Die
artikel maak melding van die feit dat baie die meerderheid gelowiges
in die VSA vandag ` n ongeërgte houding teenoor die krisis inneem.
Dit staan reglynig teenoor die voorbeeld van die vroeë kerk. Die
vroeë kerk se optrede is met die Latynse woord “caritas”
verbeeld. Ons woord "charity" is juis van hierdie woord
afgelei, maar in die Nuwe Testament verwys dit na `n radikale soort
liefde en omgee. In verskillende pandemies, selfs in die donker
middeleeue, het die kerk die rol van radikale liefde gelééf. Die
gelowiges het netwerke geskep om mense te help. Hierdie christelike
respons was inderdaad rewolusionêr. Sien die aangehegde voorbeeld
van Pieter Bruegel se skildery (1559), getiteld "Caritas
(Charity)".
Richard
Rohr skryf êrens dat die vrees vir die dood gepaard gaan met `n
dieper vrees, naamlik dat ons nié ten volle gelééf het nie. Die
huidige omstandighede laat ons met `n geleentheid om ons voorouers se
voorbeeld te volg en die huidige oomblik aan te gryp , en regtig te
lééf en `n verskil te maak.
Groete
Ds
Johan

Comments
Post a Comment