Liewe gemeente,

Ek kyk onlangs na `n onderhoud met die Amerikaanse kortverhaalskrywer, George Saunders. Hy verwys na die donker,deurmekaar wêreld waarin ons tans leef, en noem dat ons nou "radical tenderness" nodig het. Sy opmerkings was glad nie in `n godsdienstige konteks gemaak nie, maar dit het my nogtans laat dink. Hierdie "radical tenderness" behoort deel van elke gelowiges se lewenswyse te wees.

`n Onlangse artikel verwys juis na christene se rol in die huidige pandemie (http://time.com/early -christian-caritas-coronavirus/).Die artikel maak melding van die feit dat baie die meerderheid gelowiges in die VSA vandag ` n ongeërgte houding teenoor die krisis inneem. Dit staan reglynig teenoor die voorbeeld van die vroeë kerk. Die vroeë kerk se optrede is met die Latynse woord “caritas” verbeeld. Ons woord "charity" is juis van hierdie woord afgelei, maar in die Nuwe Testament verwys dit na `n radikale soort liefde en omgee. In verskillende pandemies, selfs in die donker middeleeue, het die kerk die rol van radikale liefde gelééf. Die gelowiges het netwerke geskep om mense te help. Hierdie christelike respons was inderdaad rewolusionêr. Sien die aangehegde voorbeeld van Pieter Bruegel se skildery (1559), getiteld "Caritas (Charity)". 


 
Richard Rohr skryf êrens dat die vrees vir die dood gepaard gaan met `n dieper vrees, naamlik dat ons nié ten volle gelééf het nie. Die huidige omstandighede laat ons met `n geleentheid om ons voorouers se voorbeeld te volg en die huidige oomblik aan te gryp , en regtig te lééf en `n verskil te maak.

Groete
Ds Johan

Comments

Popular posts from this blog