Liewe gemeente,

Ons dink steeds aan ons lewe as `n erediens, en om hierdie rede spandeer ons tyd aan die verskillende elemente van die tradisionele erediens. Vandag dink ons aan die lof en aanbiddings-element.

Ek dink aan die bekende Florandia-lied waar ons die Heilige Gees se inwoning in ons harte besing. Die lied bevat die mooi woorde: "U teenwoordigheid bring alle mense tot aanbidding (Florandia 90: Tempel van die Gees). Ons is gewoond om die lof en aanbiddings liedere tydens die erediens in te pas, maar weerklink dit regtig in ons lewens?

Die inperkingstyd leer ons hoe ons lewensuitkyk ons situasie bepaal. Ons kan óf kies om die donkerte en die onsekerheid raak te sien, óf ons kan kies om die mooi en opbouende raak te sien. Ons word elke dag gekonfronteer met slege nuus en donker vooruitsigte. Ons kan toelaat dat dit ons gedagtes oorneem, óf ons kan kies om die mooi óók raak te sien. Lof en aanbiddings geleenthede is elke dag rondom ons. Die uitdagings is om die mooi raak te sien en God te loof en dank daarvoor. Ek dink dikwels aan die keer wat ek saam met Sharon Malherbe en haar familie haar broer se begrafnisdiens bygewoon het. In die middel van die teraardebestelling het Sharon se ma spontaan "How Great Thou Art " (O Heer my God) begin sing. Dit het ons almal gehelp om sonder begeleiding hierdie roerende loflied in moeilike omstandighede te sing. Ons kry dieselfde element in die Psalms, waar die psalmdigter somtyds selfs kla, maar uiteindelik eindig met `n loflied wat God se grootheid besing. Kom ons leer om die goeie raak te sien en God te loof en dank daarvoor!

Groete
Ds Johan

Comments

Popular posts from this blog