GEDAGTE VIR DIE DAG
DINSDAG 25 AUGUSTUS
(Jammer dat ek Maandag gemis het, ek het net eenvoudig uit tyd uit gehardloop)
Ek wil graag voortgaan met gedagtes rondom die Wet (Eksodus 20 en
Deuteronomium 5).
Die sesde gebod is baie saaklik en op die man af: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Ek
vermoed dat ons dikwels baie vinnig oor hierdie gebod lees, want, sê ons vir onsself:
Ek het nog nooit iemand doodgemaak nie, en sal dit waarskynlik ook nooit doen nie.
Heel waarskynlik is jy reg.
Dit gaan egter hier oor baie meer as die harde realiteit dat jy iemand fisies
doodmaak, of nie. Dit gaan daaroor dat ons respek vir die lewe moet hê, ons eie
lewe sowel as die lewens van ander mense. Wat verder beteken dat ek my eie lewe
moet respekteer, sowel as die lewens van ander mense. Nog duideliker gestel: ek
moet niks doen waarmee ek myself of ander mense se lewens kan bedreig of in
gevaar stel nie.
Ek moet my medemens dus die geleentheid op ‘n sinvolle en betekenisvolle lewe
gun en my verantwoordelikheid nakom om dit vir hulle moontlik te maak. Deur
iemand die geleenthede van die lewe te ontneem, of iemand te onderduk, of iemand
te ná te kom, of iemand te verontreg, pleeg ek eintlik “moord”, want ek ontneem
daardie persoon sy / haar lewenskwaliteit.
Die kernvraag is dus: maak ek dit vir ander mense moontlik om betekenisvolle en
sinvolle lewens te kan lei ?
Ds Gerrie
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment