GEDAGTE VIR DIE DAG
WOENSDAG 12 AUGUSTUS
Die vyfde gebod is die eerste gebod wat handel oor ons verhouding met ons medemens. Dit is een van die min gebooie wat nie as ‘n verbod beskryf word nie, maar as ‘n positiewe opdrag. Dit gaan ook met ‘n belofte gepaard: as Israel hieraan gehoorsaam is, sal hulle lank bly leef in die land wat die Here aan hulle gee.
Buiten dat die bedoeling is dat ons ons ouers moet respekteer, strek die betekenis van hierdie gebod ook weier as net dit. Dit gaan ook oor respek vir mense in gesagsposisies. “Ouers” word dus in ‘n breër simboliese sin gebruik ten opsigte van mense wat oor ons aangestel is.
Ek glo dat dit dit dus ook verwys na die “staat” waarvan ons deel is. Ons moet respek hê vir byvoorbeeld die regering wat aan die hoof van ons land staan. Jesus het ook na hierdie beginsel verwys toe hy gesê het dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom.
Die bedoeling is natuurlik nie dat ons alles moet aanvaar wat die regering sê of doen nie, en dat ons nooit beswaar mag maak of kritiseer nie. Ons mag dit doen en ons moet dit doen. Ons mag nie stilbly as ‘n regering, in wat hulle doen, nie die beginsels van God se woord nakom nie. Die belangrike is dat ons kritiek steeds met respek gepaard moet gaan.
‘n Ander belangrike element van hierdie gebod is dat ons, indien ons self in posisies van gesag is, byvoorbeeld as ouers, of by ons werk, of waar ookal, so moet leef dat mense ons wel KAN respekteer. Ons kan nie verwag mense moet ons respekteer as ons nie die respek waardig is en verdien nie.
Natuurlik is dit ook waar dat ons alle mense moet respekteer, ongeag hulle posisies.
Ds Gerrie
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment