Liewe gemeente,
`n Video van die Nigeriese "profeet" T.B Joshua het onlangs die rondte gedoen. In die video-insetsel verkondig hy dat hy Coronavirus-pasiënte kan genees deur gebed. Op `n sekere deel in die video sê Joshua :"Never a sickness, never a disease Jesus cannot cure," . Ek moet darem byvoeg dat `n naskrif aan die einde verklaar dat dit nié beteken dat pasiënte moet wegbly van mediese sorg nie. Die video eindig waar baie mense verklaar dat hulle inderdaad genees is.
Hierdie tipe tema ontlok baie reaksie. Ons glo naturlik in God as geneser. Ons moet egter onthou dat siektes deel van die natuur uitmaak. Die natuur se gang, wat dood en lewe insluit, is nié noodwendig die vyand nie. Ek het baiemaal al genoem dat gebed nie altyd ons situasie verander nie, maar dat dit somtyds ons gedagtes rondom `n situasie verander. `n krisis help ons om nuut na onsself, God en ons medemens te kyk. Ek dink altyd aan die epsiode waar Jesus die storm stilmaak. (Mattt 8:23–27, Mk 4:35–41, Luk 8:22). Beteken dit dat storms boos is? Beteken dit dat daar gee storms meer mag wees nie? Nee, dit beteken bloot dat Jesus oor die natur heers, en dit is belangrik om dit in moeilike tye te onthou.
Ons het in ons huis `n kopskuif gemaak. Natuurlik bid ons vir siekes en mediese personeel, maar ons het `n tegniek gevolg wat ek jare terug in `n sielkunde-handboek gelees het(snaaks dat dit nie destyds `n impak op my gemaak het nie. Vandag dink ek egter baie daaroor). Die tegniek bepaal dat jy die "vyand" `n troetelnaam gee. Verkieslik met `n verkleiningsvorm. In ons huis het hierdie troetelnaam die term "Covid" vervang. Nou is dit nie meer ons vyand nie. Ons ignoreer dit nie, maar erken juis die realiteit. Ons praat en dink egter ánders daaroor.
Groete
Ds Johan
Comments
Post a Comment