Liewe gemeente,


`n Onlangse artikel het my nogal diep laat nadink or wat die afgelope 5-6 maande aan ons jeugbediening gedoen het. Hier verwys ek nie nét na Florandia nie, maar na die kerk in die breë. Volgens hierdie artikel, wat gebaseer is op navorsing van Dinkjeug ’n inisiatief van die Jeug- en Familiebediening Taakspan van Wes-Kaapland, was die inperkingstyd goed vir jeugbediening, omdat die verantwoordelikheid vir geloofsvorming op die ouers se skouers moes val. Nog `n verrassende aspek van die artikel is die fet dat die gemeentes materiaal ontwikkel het om die ouers te help om hierdie rol te vervul. In ons eie sinodale streek het die klem die afgelope tyd verskuif na huisgeloof, wat op dieselfde neerkom, naamlik dat die ouers die primêre rol van geloofsvorming moet dra. Hierde beginsel kom al van die Bybelse tye (lees gerus Deuteronimium 6:1-19 en oordink dit)). Die kerk of geloofsgemeenskap moet op `n sekondêre vlak `n belangrike rol speel, en ons wil dit glad nie ontken nie, maar die ouers bly die rolmodel waarmee jongmense assosieer.


Van die vroegste tye af het jongmense op `n vroeë ouderdom getrou en begin werk. Vandag is ons kinders tot op 18 jaar in die skool, en somtyds daarna nog `n paar jaar op `n tersiêre vlak as studente. In die middeleeue het jy na jou pa se beroep gekyk en jy moes by hom leer, of dit nou `n bakker of `n ystersmid, of wat ookal was. In terme van verhoudinge, moes hulle aan die hand van ouers se verhouding leer hoe om teenoor die teenoorgestelde geslag op te tree. Dit het nog nooit verander nie.


Ons leer ons belangrikste lesse in moeilike tye. Die grendeltydperk het ons inderdaad weer bewus gemaak van die belangrike rol van ouers in ons kinders se geloofsopvoeding. Kom ons bid vir ouers om hierdie taak met wysheid deur te voer.


Groete

Ds Johan

















































Comments

Popular posts from this blog