GEDAGTE VIR DIE DAG
WOENSDAG 26 AUGUSTUS
Die sewende gebod vermaan ons om nie egbreuk te pleeg nie. Met die eerste
oogopslag sal ons almal waarskynlik sê dat dit bloot beteken ons mag nie van ons
man of vrou skei nie.
Dit gaan egter om baie meer as net dit. Kom ons kyk na ‘n paar belangrike
POSITIEWE beginsels daarrondom:
Ek moet getrou wees teenoor my lewensmaat. Dit sou van geen waarde wees om
getroud te bly, maar ons is ontrou teenoor mekaar nie.
Ek moet my lewensmaat respekteer vir wie hy of sy is. Ek moet ook so optree
teenoor my man of vrou dat hy of sy my kan respekteer. As ek disrespekvol is, pleeg
ek “egbreuk”. Ek kan ook nie verwag my lewensmaat moet my respekteer as ek hom
of haar nie respekteer nie.
Ons moet mekaar eerlik en opreg waardeer. Ons kan so dikwels mekaar, soos die
Engelse sê, “for granted” vat. Ons raak so gewoond aan mekaar, dat ons by mekaar
begin verbyleef. Om te waardeer en dankie te kan sê, doen wondere vir ‘n huwelik.
Om mekaar te kan vergewe en te kan jammer sê, as ons foute maak, is ook een van
die maniere waarop ons ons verhouding versterk. Dis so jammer dat juis hierdie
tekortkoming dikwels huwelike baie groot skade berokken.
As ons mekaar onvoorwaardelik liefhet, sal ons nooit “egbreuk pleeg” nie ….
Ds Gerrie

Comments

Popular posts from this blog