GEDAGTE VIR DIE DAG
WOENSDAG 9 SEPTEMBER
In Psalm 51 bely Dawid sy skuld as hy verkeerd optree. Almal van ons maak foute.
God is egter so genadig dat Hy ons vergewe as ons voor Hom buig. Kom ons kniel
voor die Here en vra vergifnis vir wat ons verkeerd doen.
Neem tog my sonde weg!
1 Vir die koorleier. `n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet
Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.
3 Wees my genadig, o God, in u troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
4 Was my skoon van my skuld,
reinig my van my sonde!
5 Ja, my oortredings ken ek
en van my sonde bly ek altyd bewus.
6 Teen U alleen het ek gesondig,
ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.
U uitspraak is dus reg
en u oordeel regverdig.
7 Ek was al skuldig toe ek gebore is,
met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.
16 Red my van ondergang, o God, my Redder,
dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.
17 Here, gee my die woorde
om u lof te verkondig.
18 `n Offer vra U nie,
anders sou ek dit bring;
& `n brandoffer wil U nie hê nie.
1 9Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:
U sal `n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
20 Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind:
herbou tog die mure van Jerusalem.
21 Dan sal die offers wat voorgeskryf is,
weer vir U aanneemlik wees:
offerdiere wat heeltemal verbrand word.
Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.
Ds Gerrie

Comments

Popular posts from this blog