Liewe gemeente
Ek wil vandag darem bietjie balans bring en gesels oor mans wat `n besondere rol in die geskiedenis van die christendom gespeel het. Ons fokus vandag op `n persoon met die naam Epafroditos (Fillipense 2:25-30, 4:18). In die konteks van die Fillipens-brief het Epafroditos vir Paulus geskenke gebring terwyl Paulus in die tronk was. Ons lees egter in Paulus se ander briewe (Kolossense 1:7; 4:12; Filemon vers 23) van Epafras, wat volgens baie geleerdes dieselfde persoon was. Blykbaar het hulle ook die gewoonte gehad om `n verkleiningsvorm van `n naam te maak (dink bv aan die engelse Richard, wat Dick word).
Nie almal stem saam dat dit dieselfde persoon is nie, maar dit is tog ooreenkomste. Al die bogenoemde Paulusbriewe hoort saam in die kategorie van sogenaamde tronkbriewe. Indien dit wél dieselfde persoon was, lees ons `n interessante karaktertrek in die brief aan Filemon. Paulus tik die ryk Filemon bietjie oor die vingers, omdat hulle hom nie in die tronk kom besoek het nie. Nogtans was daar wel tog iemand wat hom besoek het-Eprafras! Hierdie persoon het Paulus ondersteun toe niemand anders wou nie. Hy het opgeoffer om Paulus in die haglike tronke te besoek(hulle tronke was maar primitief-glad nie soos ons tronke vandag nie). Hierdie is een van daardie mense wat ons heeltyd raaklees in Paulus se briewe. Uit die aard van die saak ken ons Paulus se medewerkers soos Timotheus en Totus en Johannes Markus, maar hier lees ons van `n onbekende karakter, wat `n groot impak gemaak het. Ons weet nie veel van hom nie, maar hy was `n held wat Paulus telkens ondersteun het toe niemand anders wou of kon nie. Wat `n getuienis!
Groete
Ds Johan
Comments
Post a Comment