Liewe gemeente,


Ons het gister bietjie nagedink oor die rol van vrouens in die kerk. Vandag wil ek `n voorbeeld deel. Ek was vanoggend bevoorrreg om deel te kon wees van Anna-Marie Le Grange, die voorsitter van NPOS, se verjaarsdag. NPOS, tesame met ander bekende name in die gemeenskap soos TNO (Wolmerprojek) en die CMR, is méér as net projekte waarby ons betrokke is. Inteendeel, hulle is ons vennote-ons hande en voete in die gemeenskap. Anders gestel: hulle is `n uitbreiding van die kerk en daarom waardeer ons hulle opreg.


Anna-Marie is vir byna 3 dekades deel van NPOS se poging om verligting en sorg te bring vir hulpbehoewendes in die noorde van Pretoria. Tydens die streng inperking was hulle net `n week gesluit, verder moes hulle in bitter moeilike omstandighede verligting bring.


Ek wil namens Florandia vir Anna-Marie bedank vir haar dienskneg-gesindheid en vir die feit dat sy `n mooi voorbeeld van naasteliefde vir ons stel. Dankie, Anna-Marie! Mag dit vir jou en jou familie `n besondere jaar wees. Dankie vir harde werk in God se koninkryk!

Groete

Ds Johan






Comments

Popular posts from this blog