Liewe gemeente,


Ons het hierdie week `n paar uitdagings, asook `n paar mooi ligpunte rondom kerkwees bespreek. Deur die week kon ons hoop vind in gewone mense wat as gelowiges `n verskil in die wêreld maak. Vandag wil ek dit saamvat met `n ander beeld na aanleiding van `n aanhaling van Phillip Pullman, die bekende Britse skrywer van kinderboeke.


Pulmann skryf: We don’t need a list of rights and wrongs, tables of dos and don’ts: we need books, time, and silence. Thou shalt not is soon forgotten, but Once upon a time lasts forever.” . Ek vermoed dat hy hier na die Tien Gebooie verwys in terme van `n lys van reëls en regulasies. Die ironie is egter dat die Tien Gebooie juís deel van `n verhaal of narratief uitmaak! Israel word bevry uit Egipte en is op pad na die Beloofde Land. Daar in die woestyn ontvang hulle dan die Wet, wat deel van hierdie groter verhaal uitmaak.


Die Kerk is deel van God se verhaal. As die lewe bietjie kwaai druk, haal ek my kopie van "How Christianity Changed the World " (Alvin J Schmidt) van die rak af en verdiep myself daarin. Hier lees ons die verhaal van gewone mense wat op hulle beurt deel van God se groter verhaal geword het. Hierdie mense en hierdie verhaal het letterlik die wêreld verander. Ons is deel van `n verhaal, en enige verhaal het maar goeie en minder goeie hoofstukke. Verhale kan egter óórgeskryf word en verhale kan bly leef lank nadat die skrywer nie meer met ons is nie. Dit is hartseer dat baie mense `n negatiewe prentjie van kerkwees het, want kerkwees is eenvoudig die manier waarop God sy verhaal met die wêreld deur gewone mense voortsit. Wat `n voorrreg om dit te kan bely!


Groete

Ds Johan

Comments

Popular posts from this blog