GEDAGTE VIR DIE DAG
WOENSDAG 23 SEPTEMBER
Ek het gister gesuggereer dat vryheid nie noodwendig beteken ek kan doen, maak en sê wat ek wil nie. Die feit bly dat, as ons almal hierdie reg vir onsself gaan toeeien, ons samelewing in chaos gaan opeindig. Ironies genoeg sien ons alreeds dat dit dikwels gebeur.
Vryheid, en die reg om vry te wees, moet dus om meer as net dit gaan. Kom ons begin by die vryheid om self besluite te kan neem. As ek bepaalde besluite neem, is daar tog faktore wat ek in ag moet neem. Wat gaan die effek daarvan op my eie lewe wees? Wat gaan die impak daarvan op ander mense se lewens wees. Wat gaan dit impliseer vir my verhouding met God? Hierdie, en moontlik talle ander oorwegings, speel dus alles ‘n rol in my sogenaamde vryheid om self keuses en besluite te kan neem.
Dit sê vir my ‘n baie belangrike ding. Ware vryheid is nie maar net die reg om my eie keuses en besluite te neem nie, maar waarskynlik eerder die reg EN VOORREG, om die REGTE keuses en besluite te kan neem. Met ander woorde, keuses waarmee ek nie my eie vryheid bedreig nie, en ook nie die vryheid van ander mense nie.
Dit is waar ‘n teks soos Johannes 8:32 inkom: “ … en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Wanneer die waarheid deel van ons lewens is en een van die beginsels van ons lewens vorm, dan sal ons waarlik vry wees OM DIE REGTE KEUSES TE KAN MAAK. Dit is baie ver verwyderd van die blote gedagte van ek maak en besluit soos ek wil. Nou is dit die waarheid wat my lei om waarlik vry te kan wees.
Nou kom die ander vraag: wat is die waarheid ? Dink daaroor en dan praat ons more daaroor.
Ds Gerrie
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment