Dagstukkie 14 Okt 2020.
Liewe Gemeente, dit gebeur mos soms dat nadat jy met iemand gepraat het dat jy dink hier het jy ‘n geleentheid laat verby gaan om iets te sinvol te sê. En dit kan natuurlik oor baie onderwerpe gaan. Soms kry ons dit reg om die geleentheid reg te lees en dan gebeur daar mooi dinge.
Ek dink nou aan een so n geleentheid. Van julle kan seker nog onthou dat so n paar jaar gelede het die Jehova getuies ons area, veral op Sondae, vol geloop om traktaaitjies uit te deel. So gebeur dit dat een Sondag net nadat ek van die kerk af by die huis kom dat my hekklokkie lui. Ek sien toe dadelik dat dit twee jongmanne van die Jehovas is met hulle boekies onder hulle arms. Ek maak die hek oop en nooi hulle in, maar hulle wil net vir my van hulle boekies gee en ek sê bog kom in en kom drink koffie.
So land ons in die sitkamer elk met n koppie koffie en ek vra hulle moet my vertel hoe kom hulle waar hulle nou is en hulle moet my oortuig van hul geloofs oortuiging om die boekies so te loop en uitdeel. Die een jong man het maar so in die Jehova tradisie groot geword. Die ander jongman vertel my hy het in die NG Kerk groot geword maar het ander paaie geloop en toe het hy bevriend geraak met die Jehova jongman. Ek vra hom toe om vir my te vertel waarin hy nou glo. En daar sit hy net vir my en kyk en ek vertel hom toe waar hy vandaan kom vanuit die NG Kerk en waarheen ons oppad is in Christus deur die leiding van die Heilige Gees en ek verduidelik net weer rustig die evangelie boodskap. So n half uur later toe gee hy sy boekies vir die Jehova jongman en sê vir my baie dankie dat ek weer vir hom die regte pad gewys het. Die mooi van die verhaal is dat hy vir my sê, hy gaan nou dadelik na sy ouers toe om hulle te gaan vertel want hy weet sy ouers bid dat hy weer op die regte geloofspad moet kom.
Ek sit nou en dink aan 1 Petrus 3:15 “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” Geliefdes in die Here, kom ons maak seker dat ons kan doen wat 1 Petrus 3:15 van ons vra want dit kan ‘n lewe red.
Mag die hoop in jou aansteeklik sigbaar wees sodat jy ander daarmee kan bemoedig.
Vrede vir julle
Cois.
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment