GEDAGTE VIR DIE DAG

DINSDAG 20 OKTOBER


Job 1:13-21

Die ware toets vir Job


Satan laat nie gras onder sy voete groei nie - hierdie tweegeveg met God wil hy wen. Wat volg, is amper soos die spreekwoordelike chaos wat losbars. Eers is dit die osse en donkies wat geroof word, en net een slaaf oorleef om dit te kom vertel. Daarna is dit die weerlig wat al die vee, selfs die wagters, doodslaan. Die kamele word geroof en weer eens word al die slawe doodgemaak. Asof dit nie genoeg is nie, kom die finale doodsteek: "Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood." Probeer jouself indink wat deur Job se gedagtes moes gegaan het. Letterlik binne 'n oomblik word sy totale lewe op sy kop omgekeer: van 'n sorgvrye, voorspoedige man, word hy gereduseer tot 'n arm man, sonder enige kinders. Ons onmiddellike verwagting is waarskynlik dat Job totaal en al sy selfbeheersing sou verloor, sy frustrasie en hartseer as't ware sou uitskreeu. Dis baie moeilik om te glo wat ons hoor: "Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here." Wat meer is, Job het nie gesondig of God iets verwyt nie. Ek twyfel baie sterk of ek dít sou kon regkry. Sou jy?

Comments

Popular posts from this blog