GEDAGTE VIR DIE DAG

WOENSDAG 21 OKTOBER


Job 2:1-6

Asof Job nie reeds genoeg gely het nie ….


Ek kan my voorstel dat God graag vir Satan sou wou tong uitsteek en sê: Jy moes van beter geweet het as om te dink dat jy Job geestelik sou knak en dat Hy My as God sou verwerp. Onthou jy wat Ek jou vertel het, Satan? "Sy gelyke kry jy nie op aarde nie … Hy het vroom gebly, al het jy my daartoe gebring om hom sonder rede te ruïneer." Ek kan my ook indink dat daar groot vreugde in God se hart was dat sy kind Hom nie in die steek gelaat het nie. Terselfdertyd moet ons egter een ding onthou: Satan gee nie maklik moed op nie. Hy sal nie erken dat hy die tweestryd met God verloor het nie. Sy verweer is dat dit nie werklik 'n goeie toets vir Job was nie. Hy het weliswaar sy kinders en sy besittings verloor, maar self het hy fisies niks oorgekom nie. Satan is oortuig dat as Job die teenspoed letterlik aan sy eie lyf voel, hy anders sal reageer. God besluit om Satan toe te laat om dit te probeer; steeds bly die voorwaarde dat hy hom nie mag doodmaak nie. Dis wonderlik dat God ons dra deur krisisse, maar ons sal 'n groot fout maak as ons dink Satan sal nie weer probeer nie.

Comments

Popular posts from this blog