Liewe gemeente,
Ek wil weer stilstaan by Calvyn se klem op geregtigheid as `n vorm van aanbidding (sien gister se boodskap). Vandag wil ek dit bietjie verder inkleur. Calvyn se wegspringpunt is dat die twee tafels van die Tien Gebooie (liefde vir God en liefde vir jou naaste) nié los van mekaar staan nie. Calvyn lê klem op die feit dat baie gelowiges hulle liefde vir God bely, maar dat dit nié duidelik word in hulle optrede teenoor hulle medemens nie. Vir Calvyn beteken dit nie nét `n vriendelikheid teenoor jou medemens nie. Om geregtigheid teenoor jou medemens te laat geskied, beteken volgens hom die volgende:
*Om gesagsfigure te respekteer: dit sluit ons ouers is, maar ook ander figure wat invloed uitoefen.
*Om ons medemens se ekonomiese en fisiese gesondheid te bevorder.
*Om ons medemens se reputasie te beskerm-en dus nié betrokke te raak met skinderstories en leuens wat ander se reputasie seermaak nie.
*Om seksuele reinheid te bevorder-dit sluit in om dié wat uitgebuit word, te help.
*Om die geestelike lewe van ons medemens te bevorder deur vir hulle te bid en om hulle te waarsku as hulle die pad byster raak.
Calvyn help ons hier om prakties te dink in ons opdrag om geregtigheid te laat geskied teenoor ons medemens. Ek vermoed dat ons dikwels té vlak dink, en vashaak by `n gedagte dat ons vredemakers moet wees en mekaar moet verdra. Die opdrag strek egter baie verder.
Groete
Ds Johan
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment