Liewe gemeente,
Ek wil uitbrei op die gedagte van radikale liefde vir ons medemens (sien die afgelope twee dagstukkies). Vandag wil ek dit nog meer prakties maak met die voorbeeld van Rick Love , iemand wat deur sy lewe gewys het dat hy Moslems regtig liefhet. Love het in die 1970`s Christus gevind ná `n jongmenslewe van rebellie. Hy was van die begin af oortuig dat God almal lief het, en hy het hom ingeleef in sy posisie as voorsitter van Frontiers, `n organisasie wat moeite maak om met evangelisasie uitreike na moslems. Die gebeure van 9/11 het uiteindelik Love se lewe drasties verander. `n Artikel in `n tydskrif het hom uitgewys as iemand wat `n tweegesig is in sy benadering teenoor moslems. Love het baie van die gerugte ontken, maar het later bely dat hy nié altyd opgemerk het hoe hy oor ander mense praat nie. Hy het hom byvoorbeeld as `n "millitant vir Christus" beskryf, en alhoewel hy iets van sy passie vir Jesus daardeur wou verwoord, het hy nié besef watter prentjie dit van hom skets nie. Die pynlike gebeure het hom in 2003 tot `n "tweede bekering" gelei. Hy het hom méér beywer om na moslems uit te reik. Hy het hom voorgeneem om nié net molems lief te he om hulle te bekeer nie, maar om hulle onvoorwaardelik lief te hê, soos Jesus ons geleer het. Love is in Desember 2019 oorlede, maar sy voorbeeld bly voortleef. Tydens sy afskeidsdiens is `n bekende sêding van Rick Love aangehaal: "I want to be part of creating a new heaven and a new earth with God"
Liefde vir ons medemens is méér as net vriendelikheid. Dit slaan deur in alles wat ons doen. Rick Love was `n mooi voorbeeld hiervan.
Groete
Ds Johan
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment