Liewe gemeente,


Ek deel vandag `n paar gedagtes rondom die bekende twee-paneel kunswerk van Jan van Eyck, getiteld: The Crucifixtion and the Last Judgement diptych”. Hierdie skildery is waarskynlik in 1440-1442 voltooi en elke paneel is maar 22 duim hoog en 8 duim breed. Nogtans is daar baie detail in hierdie klein formaat. Kenners meen dat hierdie twee panele oorspronklik `n middelste paneel omraam het, wat nou verlore is. Ek wil graag op die dubbel-tema van die skildery fokus. Kom ons kyk egter eers na in detail na die twee panele.


Die linkerkantste paneel beeld die kruisiging uit. Die kruis is in die agtergrond,met die prentjie van van Jerusalem (in die moosie detail!) in die verte. In die voorgrond sien ons Maria (in die blou rok) wat inmekaarsak van die hartseer, terwyl Johannes haar probeer regop hou. Regs van hulle is Maria Magdalena, `n toonbeeld van paniek en weerloosheid. Sy is die enigste persoon in die paneel wat reguit na Jesus kyk. In die middel sien ons hoe die mense op die voorgrond se gesigte (skok en hartseer sigbaar)- deur die skild van die soldaat gereflekteer word. Ons merk ook die Joodse skrifgeleerdes en tempelpersoneel. Die paneel reflekteer die oomblik van Jesus se dood.


Die regterkantse paneel omvat die oordeel. Die opgestane Jesus triomfeer bo in die paneel saam met engele. Kyk mooi na die wonde op sy hande en voete, asook die wond in die sy, wat ons kan sien in die opening in sy kleed. Ondertoe is daar net dood. Geen daglig is sigbaar in die onderwêreld nie. Die dood, omvat in die beeld van die geraamte, strek oor die dooies. Let op die hooftooisel van een van die verlorenes, wat soos dié van `n pous of biskop lyk.


Kan ons God beskryf met hierdie twee eienskappe? Aan die een kant genade en aan die ander kant oordeel? Is hierdie twee kante van God? Hoe pas dit in die beeld van `n God van liefde? Ek wil die res van die week rondom Bybelse tekste gesels wat ons kan help om hierdie beeld beter te verstaan.


Ds Johan



Comments

Popular posts from this blog